Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.
Vir Jan - op die 19e
Veels geluk met jou verjaardag (datum reg?). Hoop dat dit vir jou 'n heerlike dag gaan wees met sommer baie bederfies. Mag die komende jaar en dié wat daarop volg goeie gesondheid en vele lekker uitstappies inhou.
Wanneer ry julle Gobabis toe - en die toer verder? (Geniet maar eers die verjaardag en antwoord môre)![]()
Pilansberg tariewe
Nogal 'n stywe verhoging in tariewe. Gelukkig is ons beide pensioenarisse.
Dit bly steeds bekostigbaar, want dis 100km vir my soheentoe, teenoor 530km Kruger toe.
Ek weet dis nie dieselfde nie, maar dit bly 'n wildtuin met die groot 5, en ek mag met eie voertuig rondry en diere soek. Die waarskynlikheid om katte, wild en olifante te sien, is groter as in Marakele. Daarom gaan ek eerder Pilansberg toe.
NS: Enigste voordeel van Marakele is dat ek nie om elke draai in 'n olifant vasry nie
Dankie julle
Ek glo ek het lig daarvan afgekom. Gelukkig is ons gesin almal betreklik gesond maar as ek iets voel wat my pla en nie beter word na oor die toonbank medisyne nie gaan ek eerder dokter toe. Sy spreekkamer is drie blokke van my kantoor af en letterlik reg langs Mediclinic. Dis hoekom ek dankbaar is dat dit hier gebeur het. Van Koringkorrelbaai af sou dit gelol het.
Die sjirurg was nou-nou vinnig hier. Hy sê my blindederm “was maar lekker vrot”. Ek moet nog antibiotika kry maar as alles goed gaan gaan ek vanmiddag of môre huis toe. Ek het gehoop dis voor middagete maar ek tel my seëninge dat alles goed afgeloop het en dat ek ‘n mediese fonds het. ‘n Pa in ons skool is eergisteroggend 03:00 oorlede in die provinsiale hospitaal. Lg het oor die algemeen goeie sorg, maar dit klink of hy verkeerd gediagnoseer was aanvanklik en toe hy op ‘n ander dokter se aanbeveling teruggaan was dit te laat.
Vinnige herstel ...
... jou toegewens Wildehont. Ek vertrou jy's vinnig weer jou ou self.
Ek vat self gou nou-nou die "government" na Medi-Clinic daghospitaal in Sometset-Wes vir 'n bietjie herstelwerk aan die waterpype vanmiddag.
Happy birthday Jan Meyer
Hierdie keer glo ek dat my gelukwense is op die regte datum.
My seun verjaar ook vandag. As jou jongste al 46 is, moet jy weet dat jy oud is.
Kernkrag politiekery
Ingeval julle die debat volg, en die MK-party se uitlatings vandag in die Citizen lees, lees dit as 'n halwe waarheid.
Dit is wel 'n feit dat die voormalige president 'n vreeslike groot kernkragprogram wou begin, in samewerking met Rusland. Dit het genadiglik gesneuwel weens finansiële en wetlike aspekte.
Om egter die PBMR program aan Zuma se vêrsiendheid en dryfkrag, voor te hou is egter onwaar. Die belowende program is juis deur hom, of dan kort nadat hy president geword het, gestaak. Onder andere het die regering hulle befondsing bydrae gestaak. Die PBMR program het 'n groot voordeel ingehou----"power for the people" wat nie toe aan die kragnetwerk gekoppel was nie. Mens kan daardie tipe reaktor enige plek bedryf, want dit het nie grootmaat water nodig nie.
Ek is seker julle gaan die kolletjies kan verbind
Brandstofkoste voorspelling
Ek sien daar word bespiegel dat;
petrol ongeveer 20c/l
diesel ongeveer 80c/l opgaan in Desember.
Blykbaar weens die hoër olieprys tans. Ek hou die olieprys elke aand dop, en was onder die indruk dat dit relatief laag is tot hede. Ek hoop die Sentrale energie Fonds maak hulle somme korrek.
Wat bedoel meneer...hulle…
Wat bedoel meneer...hulle doen hulle somme korrek? Hulle was dan nie eers ingeskryf vir Somme 101 in Graad 1 nie.
Dankie almal
Vir die verjaarsdag wense. Is 'n voorreg om oud te word.
Is lekker bederf vandag!!!!!
Lekker rus, Wildehont
'n Paar dae tuis verrig wondere
. Werk hoop op maar kom uiteindelik ook klaar, moenie bekommer nie.
Een ding is seker - in jou eie bed en sonder helder ligte gaan jy vanaand baie lekker slaap. Nite nite![]()
Chris S....
... is jy darem afgeboek tot Sondagaand. Indien nie, moet jy maar dat beterhelfte gou môre 2 bottel Pinot Noir by spreekkamer gaan aflewer
Dankie Rona
Ja - al's bymekaar en moet net môre in die Hilux gepak word om môre-oggend in die pad te val Hartenbos toe.
En ja - Ralie se prosedure het goed afgeloop by die loodgieterdokter. Die gegalvaniseerde pype is met koperpype vervang
.
As ek vir YR.no kan glo, blyk dit dat ons dalk volgende week die kort strooitjie met die weer kan trek. Gelukkig kamp ons nie.






Sterkte en vinnige herstel…
Sterkte en vinnige herstel Chris!