Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -15 minutes ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -1 hour ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 19/11/2025 - 07:57

Veels geluk met jou verjaardag (datum reg?). Hoop dat dit vir jou 'n heerlike dag gaan wees met sommer baie bederfies. Mag die komende jaar en dié wat daarop volg goeie gesondheid en vele lekker uitstappies inhou.

Wanneer ry julle Gobabis toe - en die toer verder? (Geniet maar eers die verjaardag en antwoord môre)laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/11/2025 - 08:00

Nogal 'n stywe verhoging in tariewe. Gelukkig is ons beide pensioenarisse.

Dit bly steeds bekostigbaar, want dis 100km vir my soheentoe, teenoor 530km Kruger toe. 

Ek weet dis nie dieselfde nie, maar dit bly 'n wildtuin met die groot 5, en ek mag met eie voertuig rondry en diere soek. Die waarskynlikheid om katte, wild en olifante te sien, is groter as in Marakele. Daarom gaan ek eerder Pilansberg toe. 

NS: Enigste voordeel van Marakele is dat ek nie om elke draai in 'n olifant vasry nielaugh  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 19/11/2025 - 08:12

Jammer om te hoor dat jy in die hospitaal is, maar baie bly dat jou blindederm-episode só afgeloop het (ek kan 'n riller vertel).

Word gou beter en weet dat dieselfde nooit weer kan gebeur niesmiley

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/11/2025 - 08:36

Hulle speel nie met die verhogings vir Pilanesberg nie! Ek hoop nie Sanparke volg hulle voorbeeld nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/11/2025 - 08:47

Ek glo ek het lig daarvan afgekom. Gelukkig is ons gesin almal betreklik gesond maar as ek iets voel wat my pla en nie beter word na oor die toonbank medisyne nie gaan ek eerder dokter toe. Sy spreekkamer is drie blokke van my kantoor af en letterlik reg langs Mediclinic. Dis hoekom ek dankbaar is dat dit hier gebeur het. Van Koringkorrelbaai af sou dit gelol het. 
 

Die sjirurg was nou-nou vinnig hier. Hy sê my blindederm “was maar lekker vrot”. Ek moet nog antibiotika kry maar as alles goed gaan gaan ek vanmiddag of môre huis toe. Ek het gehoop dis voor middagete maar ek tel my seëninge dat alles goed afgeloop het en dat ek ‘n mediese fonds het. ‘n Pa in ons skool is eergisteroggend 03:00 oorlede in die provinsiale hospitaal. Lg het oor die algemeen goeie sorg, maar dit klink of hy verkeerd gediagnoseer was aanvanklik en toe hy op ‘n ander dokter se aanbeveling teruggaan was dit te laat. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 19/11/2025 - 10:06

... jou toegewens Wildehont. Ek vertrou jy's vinnig weer jou ou self.

Ek vat self gou nou-nou die "government" na Medi-Clinic daghospitaal in Sometset-Wes vir 'n bietjie herstelwerk aan die waterpype vanmiddag.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 19/11/2025 - 10:08

Hierdie keer glo ek dat my gelukwense is op die regte datum.

My seun verjaar ook vandag. As jou jongste al 46 is, moet jy weet dat jy oud is.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/11/2025 - 11:44

Ingeval julle die debat volg, en die MK-party se uitlatings vandag in die Citizen lees, lees dit as 'n halwe waarheid.

Dit is wel 'n feit dat die voormalige president 'n vreeslike groot kernkragprogram wou begin, in samewerking met Rusland. Dit het genadiglik gesneuwel weens finansiële en wetlike aspekte.

Om egter die PBMR program aan Zuma se vêrsiendheid en dryfkrag, voor te hou is egter onwaar. Die belowende program is juis deur hom, of dan kort nadat hy president geword het, gestaak. Onder andere het die regering hulle befondsing bydrae gestaak. Die PBMR program het 'n groot voordeel ingehou----"power for the people" wat nie toe aan die kragnetwerk gekoppel was nie. Mens kan daardie tipe reaktor enige plek bedryf, want dit het nie grootmaat water nodig nie.

Ek is seker julle gaan die kolletjies kan verbindwink      

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/11/2025 - 11:55

Mag dit 'n lekker dag wees, en mag nuwe lewensjaar net goeie dinge inhou!!!

Ons gemeenskaplike vriend behoort laas Saterdag in Sedgefield aangekom het.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 19/11/2025 - 12:02

Ek sien daar word bespiegel dat;

petrol ongeveer 20c/l

diesel ongeveer 80c/l opgaan in Desember.

Blykbaar weens die hoër olieprys tans. Ek hou die olieprys elke aand dop, en was onder die indruk dat dit relatief laag is tot hede. Ek hoop die Sentrale energie Fonds maak hulle somme korrek.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 19/11/2025 - 16:11

Vir die verjaarsdag wense. Is 'n voorreg om oud te word. 

Is lekker bederf vandag!!!!! 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 19/11/2025 - 21:15

'n Paar dae tuis verrig wonderesmiley. Werk hoop op maar kom uiteindelik ook klaar, moenie bekommer nie.

Een ding is seker - in jou eie bed en sonder helder ligte gaan jy vanaand baie lekker slaap. Nite nitelaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/11/2025 - 16:47

... is jy darem afgeboek tot Sondagaand. Indien nie, moet jy maar dat beterhelfte gou môre 2 bottel Pinot Noir by spreekkamer gaan aflewerlaugh 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 20/11/2025 - 21:40

Ek is nie seker nie, maar onthou iets van môre - die dag waarop julle in die pad val? Veilige reis. Geniet alles wat julle doen, en moet ons nie vergeet nie.

Vertrou dat dit goed gaan met Ralie na die besoek aan die minister van waterwerke.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 20/11/2025 - 22:21

Ja - al's bymekaar en moet net môre in die Hilux gepak word om môre-oggend in die pad te val Hartenbos toe.

En ja - Ralie se prosedure het goed afgeloop by die loodgieterdokter. Die gegalvaniseerde pype is met koperpype vervang wink.

As ek vir YR.no kan glo, blyk dit dat ons dalk volgende week die kort strooitjie met die weer kan trek. Gelukkig kamp ons nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 20/11/2025 - 22:38

se voorspellings wat vir lank redelik betroubaar was het hierdie week tot dusver Dullstroom met "elders" verwar. Hoop vir julle dieselfdesmiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus