Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -42 minutes ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -1 hour ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Chris Kanselleer Vakansiebeplanning 2026/27 Chris Boucher -2 hours ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 27/11/2025 - 12:32

Nadat ons gisteraand tot laat buite op ons stoepie gesit het met 'n glasie of twee wyn - die fantastiese windstil, amper warm aand geniet het - is ons weer die eerste keer sedert ons Sondag hier aangekom het, vandag minder aangenaam. Steeds lekker, maar 'n lawwe suidoostewind wat waai.

Gisteraand se lamskenkelpotjie, met patat, geelwortel, kool en sampioene was uit die boeke uit lekker - al moet ek dit self sê. Vandag se middagete sal uit die oorskiet op 'n sny of twee brood bestaan.

Vanaand val daar "sirloin steak" (is dit lendeskywe in Afrikaans?) op die Smokey Joe. Ek het dit gekoop by Joey's waar ek my boerewors koop. Dít wat ek by die huis gebraai het was smaaklik en murgsag. 

Môre-oggend is dit oppak en inpak vir die pad Bontebokpark toe. Ons hoef eers 10:00 hier uit te wees en kan eers 14:00 by ons nuwe bestemming inboek. Ek beplan om eers gou in George by Van Rensburg Slaghuis te gaan boerewors koop. Neef het ons daaraan bekendgestel toe ons verlede Oktober in die Karoo Nas Park saamgebraai het (met Len en en Jan ook saam). Mens kon proe dat hulle boerewors het beslis ook vleis by.devil

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/11/2025 - 13:16

Ek gaan my nie laat uitlok om iets negatief oor Joey's se wors te sê nie.  Ek is egter bly dat jy saamstem dat ander slaghuise se boereworse met beslis meer vleis in, dus beslis smaaklik is.

Het ek die politikus, u stelling nou korrek weergegee?? laugh

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 27/11/2025 - 17:41

... tydens ons proe-sessie van genoemde twee boereworse in Karoo Nas Park, was die meerderheid "deelnemers" baie diplomaties oor watter een van die twee worse die lekkerste was. Die redelik algemene konsensus was dat elkeen van die twee worse hul eie meriete het en dat daar nie werklik 'n keuse t.o.v. van enigeen gemaak kan word nie. Omdat ek beslis in die minderheid was, of liewer nie my uitspraak wil maak nie omdat ek dan die enigste een sou wees wat my ten gunste van 'n spesifieke wors sou uitspreek, het ek besluit om stil te bly. Maar Joey's s'n was vir my lekkerder as Van Rensburg s'n - alhoewel laasgenoemde ook lekker was. Ek dink in beide worse is daar geen twyfel dat goeie gehalte vleis in die regte verhoudings gebruik word nie. Die speserye is wat uiteindelik die verskil maak. En smaak verskil logies in daardie opsig.

My verwysing hierbo na die feit dat jy kon proe dat Van Rensburg se wors ook vleis by het, is nie met die bedoeling dat jy kon agterkom hulle het beter of meer vleis in as Joey's nie. My pa het altyd spottenderwys vir 'n slagter, as hy die eerste keer by 'n spesifieke slaghuis wors koop, gevra of sy wors ook vleis in het. Ek het dit ook al meermale gedoen - en ek kan verskeie staaltjies vertel oor uiteenlopende antwoorde wat ek gekry het.

My vewysing dat mens kon proe dat Van Rensburg se wors beslis vleis by het, was maar net omdat ek weet dit is goeie gehalte wors. En my enigste rede hoekom ek môre beplan om daar 'n stukkie wors te gaan koop, is omdat ek een pakkie (vakuumverpakte bevrore) Joey's te min saamgebring het. Gevolglik sal ek (wat my aanbetref) tevrede moet wees met tweede-beste (maar steeds lekker).

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/11/2025 - 17:57

Sommer lekker om net te [k]worswillaugh

Ons het in Nieuwoudville skaaptjops en hulle wors aangekoop. So ook in Prins Albert met ons laaste toer. Mensig, beide plekke se wors het uithaler gesmaak. 

Prins albert se slaghuisie, was so links van die hotel, as jy voor die hotel staan. Gawe mense, skoon en netjies plekkie. Ons het nog PA-wors tot by die huis saamgebring. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 27/11/2025 - 18:39

Begin November met my Onkololgie besoek, praat ons twee oor braai. Wys jou ons sien mekaar te gereeld!!. Sê hy ek moet van Rensburgs se "Tomahawks" probeer. Dit is ń duk stuk varkrib/ tjop wat vacuumverpak is in marinade. So gemaak, en dit was heerlik.

Onthou om te kyk vir die Gold label wors Chris. Daar is klomp worse met allerhande geure en dinge.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 27/11/2025 - 19:16

Die eienaar van die slaghuis in Prins Albert is Das Olivier - 'n skool-klasmaat van Ralie. Hy kan maar boerewors maak. Die laaste wat ons vir Das en sy vrou (Francis) gesien het was hier by die einste Ebb & Flow.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 27/11/2025 - 19:29

Salomien is lief daarvoor om goed op Checkers60 te bestel. Gevolglik sit ons met ‘n hoop Checkers60 sakke wat sy gewoonlik vergeet om vir die mannetjie in groen terug te gee. 
 

‘n Platgevoude een werk baie lekker om vet van vleis en wors te vang elke keer wat ek die toeknyp rooster omdraai. Sodoende bly die ingeboude braai se deksel mooi skoon. Ek het by welaf vriende van ons gesien mens kan sulke karton reghoeke koop wat dieselfde doel dien, maar die Checkers60 sakke is min of meer gratis en word vir niks anders gebruik nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 27/11/2025 - 20:46

Ek sal môre bietjie uitkyk vir dít wat jy aanbeveel. Ek het reeds Van Rensburg se ligging op my GPS geberg.

Ek beplan om môre-aand 'n lamstjoppie in Bontebokpark te braai, maar afhangende van al die lekker dinge wat Van Rensburgs môre bied, verander my spyskaart dalk baie vinnig.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 28/11/2025 - 16:05

... vir vanaand. Van Rensburg Foods in George was 'n belewenis. Ek het nog nooit soveel verskillende tipes wors en vleissnitte bymekaar gesien nie. En watter netjiese plek. Ek het hulle boerewors (die een waarmee hulle "brag" - aldus die kassier) en Tomahawk vark vir vanaand gekoop. Ek wil kyk of ek kan staatmaak op Neef se aanbeveling.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 28/11/2025 - 18:23

Jy sal dit geniet Chris. Almal weet ek jy kan ń braaitang hanteer, en dit maak ń moerse verskil met wat op die bord kom. Geniet

Ek koop my lam by hulle. Vra vir ń A 3 en dan word dit opgesny net soos ons vra. Daar is nie beter lam in ons omgewing nie. Eendag sodra my begrafnispolis uitbetaal, wil ek van daai 2" dik dry aged T bone steaks heel agter in die winkel kry. Die prys is darem erg rof, maar ek kan net dink hoe puik dit sal wees. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 28/11/2025 - 21:34

Eerstens - jy's reg Neef, daardie Tomahawk vark is 'n absolute wenner. Ek reken dit is môre-aand weer op die spyskaart. Maar ek volstaan by my oordeel dat Joey's se boerewors (vir my) lekkerder is as Van Rensburg's s'n. Maar smaak verskil mos maar.

Nadat ons hier arriveer het in 'n lawwe suidooste-wind, het dit vanaand heeltemal tot bedaring gekom - inderwaarheid 'n fantastiese aand. Ons het die wonderlikste chalet met die mees uitstekende uitsig. Ongelukkig is die data-sein baie swak om foto's te laai. Ek sal foto's laai sodra ek by die huis kom.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 29/11/2025 - 10:29

Vanoggend het ons wakker geword in bewolkte winderige omstandighede hier in die Bontebokpark. Maar ek is al vroegoggend wakker gemaak deut 'n lawwe vlermuis wat op een of ander manier in ons chalet gekom het. Ek het besef iets is fout toe ek 'n windvlagie oor my wang voel, soos die kalant geluidloos soos 'n uil rondgevlieg het. Opstaan en die deur oopmaak was gelukkig vinnig die oplossing om ta buitentoe te laat vlieg.

Maar ek dink die dak wemel van vlermuise. Toe ons nog gisteraand buite gesit het met ons sondonnertjie, wagtend vir die Smokey Joe se donkiekuttels om gereed te kom vir die aand se offering op die kole, het ons al opgelet hoedat die vlermuise (nogal 'n klein soort) by die dak uitvlieg. Ons kon ook die bedrywigheid laasnag op die plafon hoor.

Maar afgesien van die vlermuise in die dak is die chalets van die netjieste wat jy in enige Nasionale Park kan kry.

Bontebokpark

Bontebokpark

Bontebokpark

Bontebokpark

Bontebokpark

Bontebokpark

Ek kon uiteindelik, met baie geduld (waaroor ek nie juis beskik nie) daarin slaag om foto's te laai.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 29/11/2025 - 10:55

Ek het chalet no.7 vooraf bespreek. Ons was net na ons Covid-vrylating ook vir een aand in die betrokke chalet. Dit is ongetwyfel die een met die beste uitsig oor die Breederivier, wat tans maar effentjies vloei.

Bontebokpark

Bontebokpark

Ons het laatmiddag 'n draai gaan ry. Die veld is baie droog. MAAR die paaie is plek-plek, eintlik die grootste gedeelte, in 'n baie swak toestand - van só 'n aard dat ons besluit het om vandag net hier in die ruskamp rond te hang. 'n Groot gedeelte van die pad tussen Ontvangs en die ruskamp is ook in só 'n swak toestand dat ek nie enigsins sal oorweeg om met my 1993 Caravette 6B hier te kom kamp nie. Hier is 'n paar kampeerders, maar nie een konvensionele padkaravaan nie. Ek het gou by die kampeerders se ablusie gaan inloer - NETJIES!!

Tydens ons wildsrit het ons enkele rooihartbeeste en bontbokke gesien - ook hierdie moeder met haar jongeling.

Bontebokpark

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 29/11/2025 - 11:05

Die volgende is wat ek gisteraand gebraai het. Ek het nog 'n "sarsie" beskikbaar vir vanaand, maar die "government' het aangedui dat sy eerder vanaand 'n slaggie 'groente' wil hê vir aandete. Daarom het ek maar besluit om haar tegemoet te kom en sal daar vanaand eerder hoender gebraai word.

Maar só het gisteraand se spyskaart-items gelyk voordat die kleur en tekstuur op die Smokey Joe verander is. Soos reeds genoem, is die Tomahawk vark 'n wenner. Maar ek ken lekkerder wors as Van Rensburg Foods s'n.

Bontebokpark

Bontebokpark

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/11/2025 - 11:11

....vloei mos eintlik in die wintermaande. so stil en rustig soos hy daar lê, so omgekrap kan hy wees in vloed.

Die rivier het vir menige dae gesorg dat die skool vroeg sluit, want as die ou brug by die kaasfabriek onder water is, kon die klomp skoolbusse nie die kinders by hulle huise kry nie. 

NS: tyd raak nou min alvorens daai stinknuut 4x4 afgehaal word. Dalk moet ek gou afry en jou 2.8 kom koop. Dan is ek mos in die hogere liga met leerbekleedsel, leerstuurwiel ensovoorts. laughMin dae voor julle krismisboks kry 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/11/2025 - 11:20

Dit moet besonders wees teen ongeveer R148/kg. Ek het gister ook vark tjops gaan koop en het betaal R97/kg. 

Is daai vark spesiaal behandel of is dit 'n spesiale snit. Seker behandel soos betogers behandel word voordat polisiehonde losgelaat word---ge- rinse, -spice en tenderised!!!!laugh

NS: Het gou internet kursus gaan doen. Dit is 'n spesiale snit, amper soos ribeye steak!!! 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 29/11/2025 - 11:23

Die huidige 2.8 het ook net gewone materiaal-bekleedsel. Spaar jou dus daardie moeite.

My seun het in sy vorige 2.8 dubbelkajuite altyd vooraf die materiaal-bekleedsel met leerbekleedsel laat vervang. Maar met sy nuwe GR het hy besluit om die materiaal-bekleedsel te behou. Hy swaai sy voertuie gewoonlik na 3 jaar en is bevrees dat die GR nie sy oorspronklike outentiekheid sal behou as hy dit wil verkooo nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 29/11/2025 - 12:23

Jy's reg Wessel - die Tomahawk vark is 'n soortgelyke snit soos die primarib van 'n bees. Hulle saag dit lekker dik, met 'n langerige stuk van die rib aan. Ek weet nie hoe lank dit verouder word nie, maar dit is murgsagte vleis.

Gepraat van primarib beesvleis. Jare gelede, ek praat van 30+ jaar, was primarib een van jou goedkoper beesvleissnitte. Toe het niemand nog gepraat van ribeye nie. Op Grabouw, waar ek toe gewoon het, was ene Riaan Roux. Hy't toe vir my gesê dat hy koop slegs primarib-bees vir braaidoeleindes. Volgens hom - die smaaklikste vleis aan 'n beeskarkas. Hy het ook gesê dat hy wonder hoe lank dit sal neem voor baie mense ook tot daardie besef kom.

En toe gebeur dit. Die groot vleisgedeelte word uit die primarib gesny en as ribeye verkoop - ten duurste. Só duur dat 'n gewone mense, wat primarib gekoop het, dit nie meer kan bekostig nie.

Ek sal nie weer deur George ry sonder om Tomahawk by Van Rensburgs te gaan koop nie. Een, saam met boerewors, was oorgenoeg vir my en Ralie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus