Daar breek die belangrike maand aan, Desember met al sy geskenke en verrassings.
Vir sommige is dit die maand van nuwe trokkies en woonwaens. Vir ander die genot van vêr kinders, en kleinkinders wat die spens kom leeg kuier.
Dan ook die maand van verrassings gepaard met skool- en universiteit uitslae. Ek vertrou almal se kinders en kleinkinders presteer na wense.
Laat ons hoor en sien van almal se vakansie ervarings.
‘n Bok vreet waar hy staan
die dermiljoene Rande wat deur korrupsie en bedrog verdwyn, wat beskikbaar was vir maatskaplike verbetering vir hulpbehoewendes.
Die opskrif hier bo is ‘n Zoeloe spreekwoord. So het Zuma gevreet waar ookal hy gestaan het, en hy sien niks fout daarmee nie. Hy sal seker ook ‘n vry man doodgaan nadat hy direk en indirek verantwoordelik was daarvoor om elke laaste staatsbeheerde instansie te vernietig en ‘n kleiner land se BBP te laat steel uit ons staatskas deur sy Indiese vriende en kommissie daarop te ontvang.
Mag dit goed gaan Groot G
As als goed gaan, het ek nog net 5 werksdae oor vir die jaar.
Ek hoop dit werk so uit. Geniet die rus!
...en dan?? Weg met vakansie…
...en dan?? Weg met vakansie of tuinroete met kruiwa en tuingereedskap.
Gaan vir so rukkie kamp by my gunsteling kampplek (Almega) tot voor Kersfees want die kinders kom die jaar daar by ons kuier vir die groot eet.
Ek hoop dit werk so uit. Geniet die rus!
Dankie Wildehond, ja, my lus hang al uit...
Nee Wessel, jou prioriteite…
Nee Wessel, jou prioriteite is verkeerd. Eerder as om na 'n Gecko te hunker verskuif eerder jou visie na 'n Juffrou Sensasie toe! Mens moet in gedagte hou dat ou omies met lap hoede en HiLux'e ouer word en bos waens is nou nie die gemaklikste uitvinding nie! Gerief behoort nou die fokus te wees!
Mana Poele is so uit soos ‘n eerlike mens in Luthuli huis
Dit was ‘n groot droom van my om eendag Mana Poele te besoek. Let wel wás. Nie net is dit vrek ver om te ry nie, maar teen R17,50/US$ kos dit vir ‘n gesin van vier amper R3400/nag om daar te kampeer teen die tariewe wat ek kon opspoor. Kampering in Botswana se reservate is nie veel goedkoper nie, so dit is ook uit. Net Mabuasehube en die ander kampplekke in Kgalagadi aan die Botswana kant is bekostigbaar want die tariewe in die oorgrenspark word beperk.
Ek is baie dankbaar dat ek so klomp plekke in soveel Afrika lande so klomp keer kon besoek tydens my dae in toerisme. Anders sou ek nooit daar uitgekom het nie.
Chris S....
....sies man, hoe moet ou Matthew Phosa nou voel, as hy hier lees. Hy is so eerlik soos 'n persoon wat Afrikaans ook praat![]()
Grootwind...
....gerief, dis juis waarom ek in die hoop, gefokokus is op 'n Gecko.
As ons gemeenskaplike "wild camper" vriend
onlangs opgradeer het van daktent na 'n boswa sonder 'n binne-stort en toilet, en dit as gerieflik ervaar, is daar persoonlike persepsies van gerief en GERIEF.
Trappe van gerief is;
daktent--gewone boswa----Kavango---Gecko---Mobi Lodge en dan me. Sensasie!!!
NS: ek het redelik vrede gemaak met my Kavango se geriefsgradering, en dit gaan loshande deur my hek, sonder korrel.![]()
Smokey Joe
In antwoord op jou vraag Goeie Hout - ek gebruik slegs brikette in die Smokey Joe. En dan is ek nog vol strooi oor watter brikette ek gebruik. Eerste keuse is Etosha Triquettes, maar hulle brikette is net so goed. Charka is ook goed, maar beslis nie dieselfde gehalte as wat dit eens was nie. 'n Ander moontlikheid is Spar se brikette. Maar met die res het ek al te veel stelle afgetrap.
Mana Poele
Wildehont, miskien is my somme in die was, maar gee asb, meer detail oor die bogenoemde koste. My berekening lyk nie so rof nie. R1 400 miskien bedoel?
Etosha blokkies
Ek verkies ook Etosha se bri- of tri-kette. Hulle hou nogal lank hulle hitte.
Ek het net gewone braaiers waarin mens vuur maak. Ek pak 'n platvorm van dun hout. Bo-op dit pak ek dan noukerig my trikette. My blitzblokkie word dan onder die houtdek aan die brand gesteek. Die hout is sommer net om die trikette lekker aan die brand te kry, en die rooster skoon te brand.
Ek braai dus hoofsaaklik op 'n Etosha kole bed.
Mana poele koste
Chris, Rona
Jis dis 'n lieflike park.
Ek het gou gaan loer, en sommetjie gemaak.
40 USD per dag bewaringsfooi
20USD/dag vir bakkie en wa
130 USD/dag vir staanplek
Teen R17.12/USD kom ek uit op R3252/dag vir 2 persone.
Dit is styf as mens vir 5 0f 10 dae wil gaan
Botswana reservate
Rona, dis binne die reservate soos Moremi, Savuti en Sentraal-Kalahari kampeer wat so duur is in Botswana. Hulle het ‘n beleid van lae volume - hoë koste, en om nie permanente infrastruktuur te skep nie. Dit bied die wilde ervaring en goeie wildbesigtiging sonder die skares wat mens bv in die Suide van die Krugerwildtuin kan teekom. Maar dit maak dit vrek duur.
Hulle het ook, soos Zimbabwe ‘n drievlak tariefstruktuur maar hulle s’n werk bietjie anders. In Zim betaal burgers spotgoedkoop, SADC inwoners duurder en buitelanders vrek duur. In Botswana betaal burgers min, inwoners meer en buitelanders vrek duur. Ons is ongelukkig buitelanders.
Verstaan nou
Ná Wessel se uiteensetting met al die addons lyk die syfers vir Mana inderdaad 'n bietjie anders. Zim is rowers met die US$. Sien netnou dat die Pula/Rand wisselkoers R1.28 is. Toe ons in Augustus Botswana toe was, was die inruiling R1.35. Dit is slegs 4 maande gelede maar voel reeds soos in die verre verlede. So graag as wat ek wil teruggaan, en komende April in gedagte gehad het, so onmoontlik lyk dit in hierdie stadium - of liewer onseker. Die rede hiervoor: ons skoonseun het werk gekry in die Kaap (provinsie). Hy is reeds daar, terwyl ons dogter eers haar huis moet verkoop voordat sy en die kleines ook kan skuif. Dit kan enige dag gebeur of nog lank neem... Die mees logiese is dan dat ons volgende trippie na die weskus sal wees. Ook nie sleg nie, maar ai, ek verlang terug - unfinished business!!
Kaapse skuif
Wessel, ons kinders trek Tulbagh toe en is baie opgewonde daaroor. Ons dogter het in die Kaap grootgeword en verlang steeds terug. Hulle huur ook voorlopig 'n huis daar, Skoonseun het 'n huis in Durbanville, maar dit is te ver om daagliks heen en terug te pendel. So is daar ook nog geen planne vir Kersfees hierdie jaar nie. Desember is gewoonlik 'n maand waarna ek uitsien - verjaardag, trouherdenking en Kersfees. Hierdie keer is anders. Ek gaan net nie planne maak om ook soheentoe te verhuis nie.
Kaapse skuif
Rona, jip Tulbach en Durbanville is ver van mekaar.
Skree as ek moet beskuit aflewer in Durbanville.
Beskuit
Skree as ek moet beskuit aflewer in Durbanville.
Ek glo Rona sal vir hulle van die heerlike beskuit wat sy bak saamstuur. Maar as hy so spog kan Goeie Hout seker ook lekker bak.
Is dit jou dogter wat in Shingwedzi vir ons beskuit gebring het wat Tulbagh toe trek Rona?





Groot G...
...en dan?? Weg met vakansie of tuinroete met kruiwa en tuingereedskap.