Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -3 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -4 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -8 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/12/2025 - 13:37

Dis nou as dit by diefstal kom. Die Hilux is steeds heel bo aan die lys van gewilde voertuie om te steel. Die res van die top vyf is:

VW Polo Vivo

Ford Ranger

Toyota Corolla

Hyundai Grand i10

Gauteng is die gevaarlikste provinsie waar 62% van die diefstalle plaasvind, en kaping maak 23% van diefstalle uit teenoor 77% van “normale” diefstal. Tussen 22:00 en 02:00 is die gevaarlikste tyd, so meeste forumlede behoort seker veilig(er) te wees. Of ruil net die Hilux in vir ‘n Foton, LDV of P-reeks.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 02/12/2025 - 13:47

... jou ou grapgat - met daardie laaste sin van jou.

Ek het ernstig gedink aan die Triton 4x4. Die enkele dinge wat my egter daarvan laat afsien het is die feit dat ek etlike duisende Rande vir 'n nuwe kappie sou moes opdok en die feit dat die naaste agente in Strand/Somerset-Wes is. En buitendien het my ervaring van genoemde agente my eintlik genees van Mitsubishi na my destydse ervaring met 'n Colt. Dit is jammer, want die nuwe Triton lyk en klink na 'n lekker ryding.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/12/2025 - 13:51

Hilux is ongelukkig bo aan lys. Ook hoog op is die Rangers. Tot die Isuzu's het nou ook die lys gehaal, laer af.

Ek hoop nie dat ek ooit weer 'n trokkie hoef te koop nie, maar ek sal baie uitsoekerig wees. Triton verkoop maar swak 45/maand], agente/handelaars is skaars, MAAR is nie 'n diefstal risiko nie.

Tans staan Grompie doodstil by huis, sodanig dat Tracker my pla, wil aanmekaar weet waar is my trokkie, want hulle sien hom nie. Ek het Grompie nou 45 maande, en het net 39200km gery daarmee. So bestuur ek maar die risiko af.

In Brits word so 2 Fortuners/week gesteel. Prado's effe minder, want ouens sit die HALT stelsel in.   

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 02/12/2025 - 13:55

My ervaring met die plaaslike Mitsu agent nadat my eerst Ranger in Desember 2018 gesteel is het my ook permanent van die Mitsu agente afgesit. Soos ek tevore ook al opgemerk het is mens geneig om 'n spesifieke handelsmerk te koop indien die plaaslike agent/werkswinkel mens aanstaan. Terloops, die Sjinese P Reeks is eintlik die Poer reeks, hulle het vinnig besef dat dit tot allerhande lelike aanmerkings in die land sou lei en dit verander na die P Reeks!

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 02/12/2025 - 14:26

Die enigste bakkie wat my nog groot uitgawes gebring het was ‘n Colt waarvan die vyfde rat gebreek het. Die vorige Triton reeks lyk in profiel soos ‘n Fizzer wat in die son gelê het met die laaibak wat so afwaarts neig na agter. Die nuwe een lyk beter, maar trek my glad nie.

Dit hang natuurlik af waar jy woon en wanneer jy ry met ‘n voertuig hoe groot jou risiko is om ‘n slagoffer van misdaad te word. Hier waar ons woon hoef mens bv nie eers in ‘n Hilux ‘n opspoorstelsel te hê nie. Versekeraars gee jou ook nie afslag op jou premie as jy een het nie. 
 

Dit is baie sleg as ‘n voertuig gesteel word, veral as jy al uitgawes aangegaan het om dit te verpersoonlik. Maar ons almal het tog seker darem versekering. Mens wil net nie in ‘n kaping betrokke raak nie. Op die ou end is dit maar soos brandstofverbruik. As mens jou blindstaar daarteen moet jy eerder ‘n poegie as ‘n bakkie koop. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 02/12/2025 - 16:18

Hoekom wil ek Grompie verkoop vir iets anders. daar word by huise ingebreek en gesteel, en ons verkoop nie die huis nie.

Duidelik het die jongman geen begrip van ekonomie van skaal nie. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 02/12/2025 - 19:52

JY IS N GOEIE VERKOOPSMAN.  

Goeie idee om Zuzie te verruil vir n ander Grompie van Kleinmond.  Ek hoor jy ken die eienaar.  Verkoop hy omdat hy moet of wat is probleem....  Dan kan ek die hele December hom toets bestuur.

Zuzie het nou oorgeslaan 300 000

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 02/12/2025 - 19:53

Ek het Zuzie nuut gekoop en boekie se elke 15 000.

Ek het ZUZIE elke 10 000 laat diens.

Ek hakkkel nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/12/2025 - 05:35

...op die video wat Chris S gelaai het. Hou in gedagte my ouderdom tov my kommentare;

1] die aanbieder praat hopeloos te vinnig vir my ore

2] duidelik verskil die jong generasie se smaak [voorkeure] baie van ons oumense s'n. 

3] Enige dubbelkajuit sit sleg agter, of dan beperkte spasie. Dit is egter net 'n nadeel as jou kinders groot word, soos my seun wat aan die 6voet geraak het. Andersins ry daar selde grootmense agter, of nie.

4] Mens kan lank gesels oor sy persepsie van heeltyd 4x4 stelsel, soos 'n Triton. Ek is geen 4x4 kenner, maar ander evalueerders het weer gedink die deeltydse stelsel hou meer voordele in. 

5] Kosmetiese veranderinge binne, ala Prado, kan mens seker aan gewoond raak. Ek is nie voorstaander van allerhande elektroniese foefies nie. Raakskerms is meestal 'n pyn om te gebruik terwyl jy bestuur. Selfs my Hilux se telefoon-aksies trek jouaandag af.

6] Voorkant is te chinees, ek hoop net daar gaan genoeg lug deur vir die verkoeler.

7] Dit sal jammer wees as die nuwe Hilux nie ook met die 2.4 masjien uitkom nie. ToyotaSA is net te stil daaromtrent. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 03/12/2025 - 07:42

Die Australiërs praat anders, en gebruik slang woorde. Oor my jare in toerisme het ek baie geleer van Noord-Amerikaners, Wes-Europeërs, Australiërs en Nieu-Seelanders. ‘n Aussie het bv vir my ‘n Aussie slang woordeboek gestuur.  Ek kon dus maklik die video volg.

Die Australiërs is nes ons lief vir kampeer en die buitelewe. Die voertuie hier en daar stem ook grootliks ooreen, maar hulle kry die nuwe modelle vroeër as ons. Dit maak dit handig om te weet wat kom. 
 

Alhoewel Toyota die 2.8 al hoe wyer inspan (bv in die LC79 en die Prado250) dink ek nie dis ‘n uitgemaakte saak dat die Hilux hier net daardie enjin sal kry nie. Die oorgrootte meerderheid van die bakkies wat Toyota plaaslik verkoop is enkelkajuite wat vir aflewering ens gebruik word. Ek dink hulle sal die 2.4 ten minste daarin behou, anders raak die basismodel wat hulle brood en botter is te duur. Dalk selfs in die dubbelkajuit mark, want hulle grootste kompetisie (en die voorloper in die mark) behou die 2.0 SiT in die XL en XLT. Weereens kan die 2.8 ‘n prys nadeel inhou in daardie kompetisie.

Wat ek wegneem van die video, is dat die 2026 Hilux darem beter vering kry. Ek is dit met Wessel eens dat al die creature comforts en foefies in ‘n bakkie oorbodig is, maar weereens kompeteer hulle in ‘n dubbelkajuit mark waar al die mededingers baie fokus daarop plaas, so Toyota moet keep up with the Jones.
 

Ek dink die klagte oor tydelike teenoor permanente 4x4 in die video is irrelevant by ‘n bakkie. Moontlik het sy klagte meer te doen daarmee dat die ewenaarslot net aangesit kan word in 4L. My Ranger het nie ‘n ewenaarslot nie, maar die limited slip ewenaar werk net in 4x4 - darem in 4H ook. Dit is simpel dat dit nie in 2H werk nie, en die Hilux waarvan die ewenaarslot eers in 4L werk maak nog minder sin as dit wel so is.
 

Iets waaroor ek saamstem met die video, is dat die deursnee Hilux koper hom nie gaan laat afsit deur enigiets aan die 2026 Hilux nie. Ek stem ook saam dat Toyota ‘n baie konserwatiewe benadering het en die twee faktore saam tesame met kostenbesparing het waarskynlik daartoe gelei dat die argitektuur van die 2026 Hilux nie eintlik verander het nie. Ek glo ook dat dit steeds goed sal verkoop alhoewel Ford waarskynlik meer dubbelkajuite sal aanhou verkoop. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/12/2025 - 07:56

Iets maak nou nie sin nie. Dalk verskil die 4x2 en 4x4 Hilux wat die sluit van agterste ewenaar betref. My 4x2 Hilux se ewenaar kan ek dan sluit. 

Chris B het 'n heerlike nuwe boekie om te lees, en baie ekstra 4x4 katoeters om te verstaan en mee te speel.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 03/12/2025 - 08:20

Nee, dis nie ‘n spelfout nie. Ek stem saam met Wessel dat dit ‘n baie swak poging is en afbreuk doen aan die voorkoms. Blykbaar is die Australiërs daarvoor te blameer. Volgens wat ek gelees het was ‘n Australiese ontwerpspan verantwoordelik vir die veranderinge aan die buitekant - eintlik maar net die voor- en agterkant. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 03/12/2025 - 09:06

Niks te doen met die nuwe model nie, maar dit lyk vreeslik beknop agter. Die man is 5'10" en die bestuurder se sitplek moes vorentoe skuif vanaf sy "normale" bestuurspossisie vir hom om agter in te pas!

Chris B sal moet vertel hoe gemaklik hy agter inpas én uithou met die lank sit Henties toe.

Verstaan ook nie waarom dit nie permanent 4x4 beskikbaar is nie. As ek dit reg het, deel dit en die Fortuner ń platform en die is permanente 4x4. Volgens maat wat een het.

Dan lyk die stuurwiel baie na ń F1 motor sin ! Orals switches en dails  . Jy sal mooi moet kyk waneer jy hooter blaas, sit dit dalkies in launch mode. smiley

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 03/12/2025 - 09:42

Volgens die inligting wat ek kon opspoor was van die 3.0 D-4D Fortuners permanent 4x4. Dit het die Prado se oordragkas gebruik. Die GD6 modelle gebruik blykbaar deur die bank die Hilux se oordragkas (wat nie permanent 4x4 is nie). 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/12/2025 - 11:41

Volgens Toyota se webblad is die huidige GD6 modelle beskibaar in gewone 4x2 en deeltydse 4x4 opsies. 

Chris S se stelling is dus 100% korrek.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 03/12/2025 - 13:46

... ek het nog nooit op die agterste sitplek van 'n dubbelkajuit gery nie. Die klomp jongmanne, saam met wie ek gewoonlik Henties toe gaan, respekteer my senioriteit in jare en laat my gewoonlik permanent voor sit - afgesien dat ek met elke skof aanbied om met iemand te ruil. Oudword (of liewer -wees) het soms voordele.

Ai man, hoe sien ek uit om met my eie 4x4 Henties se sand te gaan aandurf. Dalk moet ek egter eers 'n les of twee kry vir 4x4 in los sand te ry. Ek het al verskeie kere "novices" sien vasval met 'n 4x4 by Henties.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 03/12/2025 - 16:14

So gepraat van eie 4x4, het jy nou al joune ontvang???

'n Paar foto's van die nuwe ryding sal waardeer word. Of is jy so besig met die boekie, dat daar nie tyd is om fotos te neem nie.  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 03/12/2025 - 17:14

Beginne ook nou wonder oor Mnr Boucher se 4x4. As ek reg onthou het die vorige ene sulke seksie swart plastiese goete langs die kant op gehad...pure Tupperware! Dalkies wag hy dat hulle die nuwe weergawe Tupperware eers opplak, of dalk die oues oordra, mens raak mos geheg aan sulke versierings?devil

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus