Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -5 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -16 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -20 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Karavaan brieke

Submitted by Servaas on
Forums

Goeie dag. Ek soek bietjie raad. Toe ek Vrydag my karavaan haak om vir die naweek weg te gaan toe kom ek sommer dadelik agter dat iets nie reg is  nie. Elke keer as ek met die karavaan deur 'n knik ry dan is dit asof die brieke op die karavan geaktiveer word en dan die bakkie 'n ruk gee. Dit was veral opmerklik as ek stadig deur die dorp op hobbelrige pad gery het. Dit het nog nooit voorheen gebeur nie. Dit is ook die eerster keer wat ek 'n redelike groot swaer tent in die karavaan gelaai het regoor oor die as. Kan dit dalk die ekstra gewig wees wat die brieke kon affekteer oor die hobbels? Is die skokbrekertjie dalk gedaan? 

 

Attachment Size
Handleiding vir stel van remme 713.54 KB
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/12/2025 - 18:37

....maak nie sin vir my nie, MAAR dis dalk die paar glasies rooiwyn wat my insig benewellaughlaughdevil

As dit nie reën môre oggend nie, sal ek onder wa gaan lê en bedink wat jy sê. Niks werk so goed soos visuele betragting nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 24/12/2025 - 21:11

Dit is in ‘n neutedop wat verkeerd is. 
 

Wessel het goedgunstiglik by sy kontak vir my uitgevind en vanoggend gebel om my te laat weet dis gewoonlik ‘n kabel wat weens stof of roes begin haak. Ek het die wa drie keer in die lug gehad vandag en drie keer gaan toetsbestuur. Dit rem bestendig en trek nie na ‘n kant toe nie, maar die regterkant haak vas nadat dit gerem het en hou dan aan rem. Dit lei uiteraard tot ‘n drom wat baie warm word, onnodige slytasie en hoë brandstofverbruik. Dit kan dalk sommer die laer ook beskadig en my gestrand laat langs die N2 (as ons dit tot daar maak). 

Ek het die kabel probeer Q20 en die drom probeer afhaal. Ek kry egter nie om die dood die stofdop af om by die kasteelmoer uit te kom nie. As ek die handrem optrek trek albei wiele vas, maar regs bly vas as ek dit laat sak. Dan moet ek eers die kabel wikkel voor ek die regterwiel weer los kry. Ons ry dus nie meer Vrydag vroeg nie. 

Daar is ‘n ou wat dalk kan help Vrydagoggend, maar dan hang dit ook af van onderdele op die 26ste. Dis boonop Al-Ko dromme en hulle is landuit. My Annus horribilus wil net nie tot ‘n end kom nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 24/12/2025 - 22:34

... ek hoop jou probleme word spoedig opgelos. Dis nie lekker as dinge nie volgens plan verloop nie. Soos byvoorbeeld dat ek nou met die antie se karretjie moet Dwarswegstrand toe ry i.p.v. my deur-die-gat-getrekte Hilux (soos sommiges reken).

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 25/12/2025 - 16:51

Gisteraand het ek nie lekker geslaap nie. Vanoggend voor kerk het ek die stofdoppie uiteindelik maklik afgekry met ‘n breë beitel. Toe kon ek na kerk die drom afhaal en alles mooi skoonmaak, en uitwerk wat aangaan. Die regterkant se kabel kon glad nie in sy omhulsel beweeg nie. Ek het dit afgehaal en vol Q20 tipe olie gespuit. Ek het een punt in die bankskroef vasgemaak en die omhulsel probeer trek. Dit het net effens beweeg en baie moeilik.
 

Ek was oppad om moed op te gee, toe haal ek die kabel weer af en sit die omhulsel in die bankskroef en probeer die kabel draai daarin. Ek sou in elk geval ‘n nuwe moes koop, so het besluit ek kan maar hardhandig raak met die een wat vassit. Na ‘n ruk se gesukkel het dit begin werk. Ek het om die beurt die kabel se een punt gedraai en toe die ander, en so aangehou. Toe dit makliker begin draai het ek weer heen en weer probeer trek en tussenin weer olie gespuit. Uiteindelik kon ek die kabel met die hand heen en weer trek, en toe ek dit terugsit op die wa werk die rem 100% Teen 14:30 was alles terug op hulle plek en het weer gewerk. Toe kon ek Kersete geniet saam met my gesin. Ons was almal voor dit maar bietjie bedruk met die gedagte dat ons moontlik eers Maandag of Dinsdag sal kan gaan. 
 

Nou weet ek presies hoe werk die remme, en het gesien die remskoene sal na die vakansie vervang moet word. Ek sê aan tafel vir die kinders ek het oor die drie dae weer geleer mens moet nooit moed opgee nie. Ek wou ‘n paar keer, maar het nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/12/2025 - 17:53

...die keer is konsultasiefooi gratis.laugh

Ek is so bly jy het gewen. Veilig sleep en geniet DWS.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 25/12/2025 - 18:20

die keer is konsultasiefooi gratis

Dankie Wessel. Dit was egter nie net vir wikkel nie. Dit het gevoel of die kabel vasgebrand het. As ek dit draai het die omhulsel saam gedraai. Gaan maar julle waens s’n na en maak seker dit beweeg vrylik. Seelug is ‘n blikskottel.  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 25/12/2025 - 19:18

... vir jou onthalwe Wildehont. Gaan geniet nou jou Dwarswegstrand-wegbreek.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/12/2025 - 06:00

Goeie senutergende verhaal hoe die aanhouer wen. 

Ek glo die Smalle het teen 'n moerse tempo woonwa en trokkie gepak na daai kersete. 

Ek verstom my hoe uit die bloute mens probleme kry. Julle het nog normaal julle Namakwa-toer voltooi, en woeps, daar is die kabel vas.

Hou ons ophoogte van ontspanne sleep en vakansie by DWS.

NS: Ek met my 10 duime, en eintlik geen gereedskap, sou dit nie kon vermag nie. Ek moet maar betyds my Kavango laat diens, sodat daar genoeg tyd is indien die tegnikus iets moet vervang of heelmaak. sad

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 26/12/2025 - 17:30

Ek het in Robertson gestop om te voel, en albei van die Kavango se wiele was koud. Ek kon ook voel dat die wa rem soos dit moet. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 25/04/2026 - 12:21

‘n Karavaan se handrem werk net vorentoe. Ons het dit al elders bespreek, en Oom Len het dit op die harde manier uitgevind in Balule as ek reg onthou (of het hy vergeet om dit op te trek? Sou nie werklik ‘n verskil gemaak het nie).

Ek het die Kavango se remme gestel vandag nadat die nuwe remskoene ‘n bietjie meer as 600km geloop het. Met albei wiele in die lug sluit die handrem hulle nadat ek gestel het dat ek hulle glad nie vorentoe kan draai nie. As ek agtertoe draai kan mens hoor hoe laat los die remme en kan ek redelik maklik die wiele draai.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus