Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -17 minutes ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -48 minutes ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -4 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -5 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 30/12/2025 - 12:19

Die "rollende" Fortuner probleem was desrtyds grootliks beperk tot die eerste paar jaar se model. UP se Prof Schalk Els het (onder korreksie, en as ek reg onthou) deur sy Vehicle Dynamics Group heelwat analises vir Toyota hieroor gedoen. Daarmee saam onthou ek dat daar wel 'n probleem was, o.a. was die agterste skokbrekers nie van die beste nie en was ver onder verwagte prestasie. Hou ook in gedagte dat die probleem reeds lank voor die tyd met die Condor kop uitgesteek het, soveel so dat as 'n Condor in 'n ongeluk betrokke was is die kanse goed gewees dat die Condor op sy sy of op sy dak ge-eindig het. In beide gevalle is die voertuie ook redelik nou asook hoog,,,.Ek moet ook byvoeg dat Schalk en ek lank terug kollegas was by Reumech OMC (voorheen bekend as Ermetek). Die mpy was destyds die stelselhuis (ontwerper) van meeste militere voertuie soos die Ratel, Mamba, Buffel, Olifant asook Rooikat sowel as 'n spul spesialis voertuie...overgeset synde van die top voertuig spesialiste het daar gewerk.  Laastens, een van my ou kamp bure by Scotties het sowat 3 jaar gelede sy lewe verloor toe sy (ou V6) Fortuner met sy Exclusive op die haak naby Malelane gerol het...Ek glo die probleem is uitgesorteer in die nuwer modelle, maar hoeveel van die ouer modelle is nog daar buite? Maar dan ook, baie eienaars dink hulle Fortuners is reg om die Dakar aan te durf !

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/12/2025 - 12:32

...ek wonder skielik hoeveel kere gaan 'n groot voertuig vervaardiger met die hoed in die hand, hulp soek by universiteits-ingenieurs departemente. Die spesialiskennis, toerusting hetsy sagteware en hardeware is daar, EN daardie groepe wil so graag by die industrie betrokke raak/wees.

Ek het al vertel hoe 'n ander groot plaaslike voertuigvervaardiger van SAFARI se neutrone kom benut het, om 'n bladveer probleem te help oplos. My oudkollegas kon die resspanning in die blaaie te pragtig uitmeet, op 'n nie-destruktiewe wyse. 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 17/01/2026 - 11:25

Ek het gou vanoggend by plaaslike Toyota garage ingeloer. Ongelukkig het hulle nie die Malelane tipe Hiluxe met buiteboord enjins op die vloer nie.

Volgens hulle kan die nuwe Hiluxe so teen Junie verwag word. As jy dus nog 'n konserwatiewe mooi Hilux wil koop, moet jy spring.

Die goeie nuus is dat die nuwes WEL met die 2.4 masjien beskikbaar gaan wees, ongeag wat ons in tydskrifte, koerante en op internet lees..    

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/01/2026 - 11:13

Vir die wat ook in sulke inligting belangstel

1] Fortuner   9049

2] Prado        3545

3] Jimny       3526

4] Everest     3444

5] LC 300      1736

6] Tank 300  1560

7] Isuzu           1326

8] Mahindra  882

9] LC 70          434

10] Lexus GX 347

11] Pajero Sport 253

Opvallend;

die amper gelyk verkope van die Prado's en die Everest's.

die syfers van Tank 300 in vergeleke met LC300

die swak syfer van die Pajero sport, nes die bakkies ook, onverklaarbaar.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 19/01/2026 - 12:54

... of Mitsubishi-produkte se swak verkope nie grootliks toegeskryf kan word ook die verspreiding van handelaars nie. Asook naverkoopsdiens waarvan ek 'n baie negatiewe ervaring self gehad het - en dit nogal by 'n MB-agentskap.

Persoonlik reken ek dat Mitsubishi het uitstekende voertuie, maar mý naverkoopsdiens-ervaring het meegebring dat ek draaie om hul produkte sal loop.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 23/01/2026 - 13:34

So begin die Sjinese oorname van die SA motorbedryf. Ten minste behou die werkers hulle werk blykbaar teen dieselfde diensvoorwaardes. Maar vir hoe lank?

By ‘n projek naby Ceres kon die Sjinese blykbaar nie glo hoe stadig ons plaaslike mense werk nie. Toe gaan hou hulle ‘n braai waar die mense bly, en deel drank uit. Die volgende dag laat hulle almal blaas voor hulle kan inval en jaag hulle weg sodat hulle Sjinese kan aanstel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 29/01/2026 - 16:22

...die ouens praat te veel, en gelyk/ deurmekaar om sin te maak. Ek is onseker of hulle appels en appels vergelyk het. Handrat Hilux teenoor outo V6 Ranger.

Gelukkig het ou Grompie nog net 40 000km gedoen. Die dag as ek hom verloor, het ek 'n paar moeilike besluite om te maak, in volgorde;

1] gaan dit einde van kampeer beteken, of nie. Dit gaan bepaal of ek weer 'n trokkie gaan koop.

2] As ons ophou kampeer, word Kavango ook verkwansel.

3] Dan die groot besluit, wat koop ek wat kan hou tot ons outehuis toe gaan. laugh Dit sal iets wees wat kriminele nie "verniet" wil hê nie. 

NS: My seun in Dubai het gister al sy nuwe Amarok 2.3 turbo petrol ontvang, die ligte lemmetjie groene. Aandrywing as volg, 2H, 4H, 4L of A. Laasgenoemde skakel van harde direkte koppeling oor na 'n ander tipe AWD konfigurasie. Dan kan jy heeldag oral in AWD ry.   

   

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 29/01/2026 - 17:30

Ek het my verkyk aan al die liggies en klokkies (bells 7 whistles) van die nuwe Rangers. Net toe ek dog ek ken my 2019 XLT model se handboek (al 500 bladsye daarvan) lyk dit vir my asof die nuwes dalk 'n handboek van 1000 bladsye het om al daai knoppies en dinge te verduidelik! Volgende modelle sal sekerlik vereis dat nuwe eienaars 'n afspraak by die plaaslike agent se Bestuurs Simulator moet maak en eers gaan vir gevorderde opleiding! Hoe mis ek nou my ou  Datsun 1600 ('73 model) waar die handboek seker nie meer as 30 bladsye was nie, en die gevorderste tegnologie "punte & condensor" was gevolg deur die twee "SU Sidedraught" vergassers. en ek kon alles diens op 'n Saterdag middag so op my eish!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 29/01/2026 - 18:02

Het die video gekyk, baie ge "fast forward". Stem saam Wessel. Jy kan mos nou nie die twee vergelyk nie, maar ek dink hulle probeer sê dat as jy in " top of the range" gaan koop, is daar nie ń Toyota nie. Al plak jy al die ekstras op wat standaard by die duurder Ford is.

Wat rygerief en padhouvermoë bedtref, was die Ford beter, en die glo ek nie word deur die prys beïnvloed nie. Het iemand nie hier genoem dat in die dubbelklas verkoop Ford meer as Toyota nie?

O ja, die agterste sitplekke is ook beter as die Toy se beknopte ruimte. devil

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 29/01/2026 - 21:37

Die vergelyking gaan niemand oortuig nie. Die Hilux ryers sal weer een koop en die Ranger manne weer ‘n Ranger. 
 

My gunsteling van YouTube video’s is die kommentare. Daar was een op die video wat gesê het die nuwe Hilux lyk soos ‘n WiFi router. laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/01/2026 - 05:01

....of dan sierrooster, kan mens gerus maar afry op 'n sandduin.laugh

Ek wonder of mens die huidige rooster kan oordra na die nuwe bakkie toe.??

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 30/01/2026 - 06:29

Dalk moet hulle altwee bakkies se sierrooster so monteer om maklil aftehaal of los knip, dan kan hy sommer gebruik word om 'n vleisie ook te braai as jy gaan duine ry. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 30/01/2026 - 08:00

of dan sierrooster, kan mens gerus maar afry op 'n sandduin.

Skerp laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/01/2026 - 11:07

Eintlik spot ons met die onooglike nuwe Hilux se "voor" koms.

Hopenlik hoef ek nie binnekort 'n ander trokkie te koop nie. Die waarskynlikheid dat dit weer 'n Hilux sal wees, is skraal. Totdat daai dag aanbreek ry ek egter geheel windgat met my "verpersoonlike" 2.4 Hilux.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/01/2026 - 11:45

Staan vanoggend langs 'n Foton Tunland by 'n vulstasie. Ou grompie lyk omtrent soos 1400 Nissan trokkie langs die TROK.

Gou sy afmetings kom nalees;

lengte---5617mm

breedte--2000mm

hoogte---1910

Gelukkig te lank vir my motorhuislaugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/02/2026 - 07:59

As ek so na die bakkie verkoopsyfers kyk, dis nou vir afgelope Januarie, wonder ek;

1] Die Triton het SLEGS 27 eenhede verkoop, hoe lank nog voordat dit onttrek word aan die plaaslike mark?? Is dit slim om 'n goeie kwaliteit produk te koop, wat so 'n lae verkoopsyfer het??

2] het Mitshibushi monteeraanlegte plaaslik, of word al hulle voertuie kompleet ingevoer?

3] hoe gaan die beskikbaarheid van bakpanele en kritiese komponente die onderhoudskoste van voorheen plaaslike vervaardigde Navaras bëinvloed. 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus