Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -3 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -4 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -4 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -5 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Ek kan nie die SNV se bagasie ruim met my tuinslang was na ek die vullis weg gery het nie. So vir my is dit nou 'n bakkie.

As lotto nou eendag kom sal ek altwee he en dan sit ek op die draad. Zany face Net nie dan gly nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/02/2026 - 12:01

...moenie vra waarom nie, maar die LC trek my erger as 'n bikini meisie [seker maar ouderdom]crying

Gister het Marie die halsband afgehaal en met 'n "Sa" kon ek bietjie los rondloop, tot by Toyota. Staan daar toe 'n LC79 en Prado op die vloer, kwyl ek die goed mos toe deurnat.

Herman, jy moet klou aan wat jy het. Pryse vir 'n LC76 stasiewa [SNV] is tussen kR1055 en kR1187, afhangende van masjien en ratkas. 

Die dubbelkajuite LC79 se pryse wissel tussen kR 940 tot kR1097. 

Die reguit 6silinder diesel, sonder turbo, is net beskikbaar in die LC79 trokkies, nie meer in stasiewa nie.

Vir ouens wat ernstig is oor veldry, grondpad en rowwe omgewing, bly die LC76 en LC79 seker die beste oorweging. Lekker rof en onbeskof. 

Ek wonder egter of daar wel persone is wat met nuwe Prados sal wil ry, waar die 7-reeks in hulle element is. 

NS: Marie het gefluit, en ek is sonder skuld terug by die huis. laugh

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 27/02/2026 - 21:45

Ek het met ‘n hele paar gery, die 4,5 V8 (151kW) en 4.2 6 silinder (96kW) diesel ingesluit. Albei was handrat. Eg was nie vlugvoetig nie maar lg was regtig ‘n donkie. Dit was boonop vol vrag gelaai wat ek van Johannesburg af tot in Livingstone moes karwei. 
 

Beide sou waarskynlik ver verby ‘n halfmiljoen km aanhou ry as jy die diesel rekening kon bekostig en as jy die ongerief kon verduur. Ek was toe twintig jaar jonger en kon dit doen, maar die vet weet ek wil nie meer nie.
 

Ek het nog nooit met ‘n LC76 gery nie, en ek weet nie of dit vriendeliker geveer is nie. Volgens Google is dit wel. As mens (Wessel) dan een wil koop om mee te toer - koop die 76. Die 79 is gemaak vir vrag en vir werk, en dit doen dit baie goed. Maar vir gerief is dit in dieselfde klas as ‘n donkiekar. Net my mening (en ervaring). 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/02/2026 - 06:38

Chris S, nee nog nooit, en teen daai prys op my ouderdom, sal ek seker ook nie.

Herman: hoe ervaar jy die stasiewa op jou lyf, julle het mos darem oor vele jare, baie kilometers gery/sleep met joune.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 28/02/2026 - 07:35

Laat ek so deel Wessel. Voor die LC het ek ñ Discovery 3 gery. Lugvering v6 Diesel enjin, als wat oop en toemaak. Kragtig, gemaklik ekonomies. Op 45 000km, net uit waarborg uit, gaan dit in limp mode. Die nadraai het ek al baie herhaal hier.

Op die stadium het ons nog gereeld baie vêr en afgleë dele van Namibië besoek, en dan is dit net ek en Von. So betroubaarheid is vir my die heel belangrikste. Uiterste betroubaarheid waneer jy stoksiel alleen bitter vêr van die naaste hulp is.

Ek hoop dit antwoord jou vraag. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/02/2026 - 07:55

Dankie Herman, ek het 'n vriend wat ook so saam met sy beterhelfte stoksielalleen die vêr paaie aandurf. Dieselfde ouderdom as ek, en die begin ook rondkyk vir 'n ander betroubare toervoertuig. 

Ons vriendskap strek nou so 51 jaar en gesels soms lekker karre, boswaens en kampeer. Ek het vir hom genoem om na die LC reeks te kyk. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 28/02/2026 - 09:25

Chris S, ek weet wat ek wil kies, dis nie die probleem. Dis om by die twee "M" verby te kom, Marie en die makelaar!!!laugh

Sal maar eers 'n 4x4 draadborsel aanskaf, draad aan weerskante 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 28/02/2026 - 10:47

Die 76 reeks soos myne, 4,2l enjin verhandel vir 15% meer as die oorspronklike aankoop prys. Waar die Prado vx 3,0 diesel teen sowat 50% van die oorspronklike prys in die mark is.

Dit moet iets sê van die ou esels se gewildheid en aanvraag.devil

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 04/03/2026 - 11:42

ek gaan julle nie verveel met die bakkie-verkoopsyfers nie. die eerste 3 plekke bly onveranderd, Hilux, Ranger, Isuzu.

Wat my aandag getrek het, was die volgende syfers vir Februarie;

Fortuner----689 eenhede

Prado-------508 eenhede

Everest------292.

Seker omdat die Everest soveel duurder is as die gemiddelde Fortuner prys. 

wat verstommend is, is die Prado verkope. Met sy hoge prys, is hy 'n kortkop agter die goedkope Fortuner, en amper 2 keer meer as die "goedkoper" Everest. 

Gaan dit oor die Prado status, of kniehalter die "wet belt" reputasie die Everest. ??? Wat ek wel weet, jy moet diepsakke hê vir die Prado en Everest, of 'n goeie bankbestuurder/fasiliteitlaugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/03/2026 - 10:44

Dankie Chris, dit was nou 'n lekker stukkie nostalgie. Ek dink die J120 en J150 is mooier as die nuwe J250.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 06/03/2026 - 15:54

Ek dink die J120 en J150 is mooier as die nuwe J250.

Die 150 is my gunsteling.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/03/2026 - 11:40

Ek sien vanoggend dat Toyota nou wel die 4-deur LC, met die 2.8 dieselmasjien, gaan uitbring met 'n 5 spoed handratkas. Dit was voorheen slegs met 'n outomatiese kas beskikbaar.

Nou wonder ek, wat verkies die hardebaard 4x4 manne, handrat of outomaties. Dis nou mense wat veld toe gaan met hulle 4x4's. Nie die wat Prados en 300 LC's koop sodat mammie VLV toe kan gaan daarmee, of pappie op die sypaadjie kan parkeer by rugbywedstryde nie.laughlaughdevil

LW: Ek het niks genoem van sandduine speel nielaugh     

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 13/03/2026 - 11:54

Dit ry baie makliker 4x4. Die blikbrein kies self die regte rat en jy verloor glad nie momentum nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 13/03/2026 - 12:22

Ek het geen ondervinding van automaties in 4x4 voertuie nie.  My gevoel is dat sou jy heel dag in moeilike sand ry, gaan jou auto ratkas olie vrek warm word. Weet nie. Grootwind se army trok was auto, so as dit daarvoor ontwerp is, sekerlik makliker.

Beste is vra vir die klomp wat daar in die horing van Afrika hulle met masjiengewere toerus en in die woestyn operate. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/03/2026 - 12:45

....ry dalk outomatiese voertuie sommer handrat. laugh

Mens kan natuurlik 'n outmatiese 4x4 trokkie wel handrat ry. Mens kan self die ratte wissel [op/af], of die hoogste rat kies. Dan wissel trokkie self op/af binne die gekose hoogste rat. Of dit voldoende is om  "hunting" uit te skakel, is nou die volgende vraag/debat.. 

Is konstante "hunting" nie die enigste rede waarom ratkasolie warm word nie 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 13/03/2026 - 19:11

Gaan nie kan antwoord nie Wessel. Maar vir ñ start het ñ auto ratkas nie ñ koppelaar nie, maar n torque convertor wat met olie ??? Werk wat sluit sodra dit opgewen word deur enjin toere. Die ratkas self is n baie komplekse affêre met fancy olie, en baie kleppies etc, etc. Wat die rekenaar oop,  en toemaak. So jou op en af skuif hefboom is nie direkte  rat skakeling nie, maar net n instruksie vir die blikbrein. Ek vereenvoudig, maar Neef verstaan dit so.

Gaan loer op You tube, ek glo stellig daar sal paar animasies wees van moderne automatiese ratkaswerking.

Terug by die LC 76. Die enjin sal 500 000km doen met bietjie onderhoud.  Hand ratkas baie langer. Auto ratkas lewenswerwagting.... ???

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/03/2026 - 09:20

Dankie Chris S, het toe daar reggekom met soek en lees..

Soos jy seg, daar is verskeie menings oor handrat vs outomaties, maar meeste verkies die outomatiese ratkas.

Oor die algemeen is die hardebaarde beindruk met 2.8GD6 masjien in die Land Cruisers. Veral uit brandstof oogpunt, in vergeleke met v8 masjien.

Dit blyk dat mens nie verkeerd kan gaan met 2.4 of 2.8 masjien in 4x4 Hilux, en met 2.8 enjin in Land Cruiser nie, en as dit gekoppel is aan 'n outomatiese ratkas, is dit nog groter bonus.

Nou ja, wat sal ek tog met al die inligting maak, net begeerlaugh  

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/03/2026 - 06:38

Hierdie Chinese bakkie het 'n 2l turbo petrolmasjien van 140kW en 340Nm, MAAR dit is net om die batterye te laai. Dit is nie, en kan ook nie aan die aandrywing gekoppel word nie. Aandrywing geskied slegs deur elektriese motors op voor- en agter-as.

Dit maak die trokkie nou baie vinnig uit die blokke ensovoorts, maar êrens maak die beginsel nie sin nie. Skoonlug en brandstofkoste besparing is seker die enigste voordeel, mits mens elke aand die batterye uit Eskom se bron kan laai.

Op die ooppad, waar mens langafstande wil ry, is die brandstofverbruik in vergelyking met 2 ander trokkies as volg;

Changan-------------10l/100km

Ranger wildtrack---10.9l/100km

Hilux GRS-----------11.8 l/100km

Gaan die haastige manne dit koop, om 1 sekonde vinniger by 100km/hr te kom, en dalk 'n effe hoër topspoed [>175km/hr] te hê??? 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus