6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 minutes ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago

Die Groot Verloorder

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Nou ja ek sal nie se my vrou is vet nie maar maak nie saak waar jy in die huis sit nie jy sit langs haar .Mamma besluit dis tyd vir gewig verloor en sy skryf in by een van die Slender Woman of Wonder Woman diet plekke .En Mamma verloor so gewig dat sy 2 de prys wen, n vakansie vir twee by n sekere Eiland .Nou wil ek net noem dat geen een van ons nog op n vliegtuig was never mind op n Eiland .Mamma sit in die vliegtuig en kyk uit by die venster sy se Haai Pappa kyk die mense op die grond hulle lyk soos miere .Ek se Mamma dit is miere ons het nog nie opgestyg nie .So land ons op ons Eiland waar ons verwelkom word met so blommekrans om die nek en vrugte sap in n bamboes beker .

 

Die volgende oggend vroeg is ons op want die program lyk nogal besig vir die dag een van die pryse is ook dat Mamma agter n boot getou gaan word .Sy word in n harness vas ge-gespe en n ding wat lyk soos n miniature Zeppelin wat hier bo haar hang .Die motorboot met sy V12 engine brul en daar gaat Mamma wat lyk soos 1 van daai taaibos bosse wat deur die wind aangewaai word .Ek sien dat 1 van die manne op die boot klim vorentoe want toe lyk dit asof daai boot op sy stert gaan sit het seker om bietjie meer gewig voor op te sit . Genadiglik styg Mamma op in die lug en toe lyk dit amper soos sonverduistering soos Mamma voor die son verby skuif .

 

Omdat ek n outjie is wat geen sin sien om op sulke lawwe goed te gaan vat ek my snorkel en gaan snorkel in die lagoon .Swem ewe lekker ek kyk die vissies onder die water .Kom so swart vissie na my toe nogal heel mak en ek steek my finger uit na hom .Hy knibbel  aan my finger en toe HAP die donnner my .Ek skrik myself in n ander geloof in want lyk my dit was die teken vir die ander om aan te val .Hulle byt my bene en arms ,my rug dis toe wat ek soos n kurkprop uit die water skiet ,my arms meul soos wafferse spanne .My lyf raak die water en ek skiet soos n jet propelled vorentoe die vissies dink hulle prooi gaan wegkom en hulle sit my agter na .Teen hierdie tyd vat my lyf net so hier en daar water soos my arms meul ,mense ek slat daai strand met n spoed dat my hele bek vol sand is en daar so V agter my teen die strand optrek .My broek sit op my enkels en ek kom agter die kinders daar kyk nie vir my gesig maar laer af .Ruk my broek op en stap mank terug Hotel toe .Vir 3 dae het ek sand koekies geskyt en om alles te kroon het my Crown jewels ook n rash opgetel van so oor die sand skuur .Nou sit ek hier met op die balkon met Jacob straight up vol sulke lafende roompies op en Mamma se sy wil gaan bungy jump al wat ek kan se is ek hoop die toue is baie sterk

Hmmm ja Segekok die is nou nie bedoel vir Mamma se ogge nie maar in elkgeval as ek stil raak op die Forum le ek in saal 7,8,9 en 10 .Bring chocolates en pizza's is al wat ek sal kan eet laugh

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 12/12/2017 - 22:28

Dassie, ek belowe myself elke keer, as ek sien jy begin met jou stories, ek gaan nie lees nie. My oge traan so, ek moet a sight for sore eyes wees, om te aanskou.

Maar dan, net as ek wil verby hou, dan val daar 'n nuskuurige agie my aan, amper soos daai swart vissies, en ek lees maar weer.?

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus