
Hallo Almal
Hier is die bewyse. Chris B is reg. Hy maak moeilik skoon. Ek het hom in skottel goed wasser van my dogter gesit... Dit werk. To kry ek n KOPP klap.
Broodjie EN hoender
Goeie Hout, dit is goed om te hoor dat die Cobb se verskyning darem sonder voorval verloop het. Jy was baie dapper om brood én hoender met die eerste probeerslag aan te pak - welgedaan! Die brood wat effe aangebrand het - mens kan werk daaraan. Ons moet nog die kole-storie uitsorteer. Dit is sommer goed om te weet dat jy reeds weer 'n ontbyt beplan en nie die Cobb permanent gaan wegpak nie. Dankie, so leer ons ook.
Cobb se temperatuur
Dit hang sekerlik af of mens wil braai, bak, of 'n "roast" maak. Die Cobb het nie 'n termometer (soos 'n Weber) nie, wat dit moelik maak om die bak-temperatuur te reguleer. Hitte vir bak en braai verskil seker ook. Ek bespreek hierdie kwessie toe met Daan. Hy reken dat hy vir my 'n plan kan probeer maak deur 'n termometer te installeer - iets soos boor 'n gaatjie en dan moet die termometer styf daarin pas. Ek gaan nou begin soek vir so 'n stukkie toerusting.
Wat ek tot dusver geleer het: Ek het 'n broodjie suksesvol gebak gekry, maar dit het 1 uur 30 minute geneem. My kole (gewone charcoal) het te vinnig afgekoel en moes mid-proses geruil word, wat 'n fout is. KRY DIE REGTE KOLE. Ek wil nie weer Cobble Stone gebruik nie. Etosha se produk is volgende om te toets.
Indien iets gaargemaak word wat drup of spat, voer die bak met foelie (blink kant na binne) om die skoonmaakproses te vergemaklik.
Nou moet ek ophou om myself te herhaal. Kry wat nodig is, glo dit gaan werk en maak 'n sukses van die beplande "kamp-oond".
Intussen sien ek uit na meer idees en resultate waarmee ander te voorskyn kom.
Al julle lawwe Cobb....
...aanhangers, kry so 'n termometer en installeer dit in julle K[C]oppe.
Gratis konsultasie net vandag
Daarshyso Wessel!
Ek maak met graagte gebruik van vandag se gratis advies
Great minds think alike! Presies die prentjie wat Daan ook geskilder het. Nou twyfel ek nie meer nie - my kopp sê die COBB gaan lekker bak en rooster!
Temperatuur reguleer
Al manier hoe mens die temperatuur in n Cobb kan reguleer is seker om meer of minder kole te gebruik aangesien hy nie vents soos n Weber het wat mens kan oop en toe maak nie. Ek dink stanadaard hardloop hierdie braaiers seker op so 180° wat reg is vir baie om te doen. Ons gebruik soortgelyke meter as wat Wessel wys, maar druk dit in die vleis om te sien hoe gaar dit is
Foelie liners
Ek dink as Cobb n standaard foelie liner verkoop, sal dit goed verkoop. Miskien is daar al so iets op die mark?
Dis beskikbaar
Goeie Hout
Hi Goeie Hout. Jy het op die ander draad gevra rakende varknek op die Cobb. Sien bladsy 2 op hierdie draad. Ek dink ek het hoofsaaklik Eskort se bbq spice en Robertson se knoffel speserye gebruik. Dan wat ek dink hom lekker gemaak het is die Jimmy basting sous wat ons oorgesmeer het. Geniet hom. Ons het daai termometer wat jy in vleis druk. Ons haal hom af as vark hier by 60-65°c is.....nog lekker sappig
Harde Hout
Hi Harde Hout. Jy het my nou lus gemaak vir varknek. Ek het een aangeskaf, maar hierdie keer gaan hy Weber toe
Wys nou maar 'n "after" foto…
Wys nou maar 'n "after" foto ook. Ek sou dit ook eerder op die Weber probeer (nie slegs omdat ek nie 'n Cobb het nie).
Hall julle goeie chefs
Ek het self n vark nekkie in COBB geprobeer en hy was lekker.
Ek het hom genurse en regitg tot Navigator het gese bietjie rou maar lekker. Toe haal ek die termostaat uit en hy was reg.
Ek gaan hom weer langnawek op Konings kop gebruik.





Hallo Almal
Ek het toe dit oop gemaak. Geen klappe van Navigator teen KOPP nie.
Toe het ons broodjie gebak. Dit het bietjie gebrand soos die fotos toon. Maar so leer ek. Later was die COBB nog warm, toe sit ons die hoender in hom. Navigator en gaste (my dogter en skoonseun) was mal oor die rokerige smaak. Maar ek het te veel dit oopgemaak asof ek braai.
En ek moenie. So more oggend gaan ons brekkie op hom probeer.