6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 minutes ago
Traction control Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Braai Lux Oktober 2026 saam gesels Geert -11 hours ago
Kappie e Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -13 hours ago
Wen 'n Hilux Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago

Cobb - Tips en idees

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Cobb

Kaap

Goeie Hout

Sat, 11/07/2026 - 08:34

Ek het toe dit oop gemaak.  Geen klappe van Navigator teen KOPP nie.

Toe het ons broodjie gebak.  Dit het bietjie gebrand soos die fotos toon.  Maar so leer ek.  Later was die COBB nog warm, toe sit ons die hoender in hom.  Navigator en gaste (my dogter en skoonseun) was mal oor die rokerige smaak.  Maar ek het te veel dit oopgemaak asof ek braai.

En ek moenie.  So more oggend gaan ons brekkie op hom probeer.

Kaap

Goeie Hout

Sat, 11/07/2026 - 08:36

Hier is die bewyse.  Chris B is reg.  Hy maak moeilik skoon.  Ek het hom in skottel goed wasser van my dogter gesit... Dit werk.  To kry ek n KOPP klap.

Pretoria

Geert

Sat, 11/07/2026 - 08:50

Hi Goeie Hout....hoe lank het jy die hoenderstukkies ingesit?

Kaap

Goeie Hout

Sat, 11/07/2026 - 08:56

Sowat n uur.  Maar ek het te veel die deksel gelig.  Stupid van my.

Brood was 40 minutes

Pretoria

Geert

Sat, 11/07/2026 - 09:12

Dankie Goeie Hout....ek wil ook hoender probeer, maar gaan foelie gebruik. Ek dink as Cobb n standaard foelie liner verkoop, sal dit goed verkoop. Miskien is daar al so iets op die mark?

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 11/07/2026 - 10:51

Goeie Hout, dit is goed om te hoor dat die Cobb se verskyning darem sonder voorval verloop het. Jy was baie dapper om brood én hoender met die eerste probeerslag aan te pak - welgedaan! Die brood wat effe aangebrand het - mens kan werk daaraan. Ons moet nog die kole-storie uitsorteer. Dit is sommer goed om te weet dat jy reeds weer 'n ontbyt beplan en nie die Cobb permanent gaan wegpak nie. Dankie, so leer ons ook.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 11/07/2026 - 11:30

Dit hang sekerlik af of mens wil braai, bak, of 'n "roast" maak. Die Cobb het nie 'n termometer (soos 'n Weber) nie, wat dit moelik maak om die bak-temperatuur te reguleer. Hitte vir bak en braai verskil seker ook. Ek bespreek hierdie kwessie toe met Daan. Hy reken dat hy vir my 'n plan kan probeer maak deur 'n termometer te installeer - iets soos boor 'n gaatjie en dan moet die termometer styf daarin pas. Ek gaan nou begin soek vir so 'n stukkie toerusting.

Wat ek tot dusver geleer het: Ek het 'n broodjie suksesvol gebak gekry, maar dit het 1 uur 30 minute geneem. My kole (gewone charcoal) het te vinnig afgekoel en moes mid-proses geruil word, wat 'n fout is. KRY DIE REGTE KOLE. Ek wil nie weer Cobble Stone gebruik nie. Etosha se produk is volgende om te toets.

Indien iets gaargemaak word wat drup of spat, voer die bak met foelie (blink kant na binne) om die skoonmaakproses te vergemaklik.

Nou moet ek ophou om myself te herhaal. Kry wat nodig is, glo dit gaan werk en maak 'n sukses van die beplande "kamp-oond".

Intussen sien ek uit na meer idees en resultate waarmee ander te voorskyn kom.

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 11/07/2026 - 11:55

Ek maak met graagte gebruik van vandag se gratis advieslaugh Great minds think alike! Presies die prentjie wat Daan ook geskilder het. Nou twyfel ek nie meer nie - my kopp sê die COBB gaan lekker bak en rooster!

Pretoria

Geert

Sat, 11/07/2026 - 12:22

Al manier hoe mens die temperatuur in n Cobb kan reguleer is seker om meer of minder kole te gebruik aangesien hy nie vents soos n Weber het wat mens kan oop en toe maak nie. Ek dink stanadaard hardloop hierdie braaiers seker op so 180° wat reg is vir baie om te doen. Ons gebruik soortgelyke meter as wat Wessel wys, maar druk dit in die vleis om te sien hoe gaar dit is

Pretoria

Geert

Sun, 12/07/2026 - 15:14

Ek dink as Cobb n standaard foelie liner verkoop, sal dit goed verkoop. Miskien is daar al so iets op die mark?

Dis beskikbaar 

Pretoria

Geert

Sun, 06/09/2026 - 06:45

Hi Goeie Hout. Jy het op die ander draad gevra rakende varknek op die Cobb. Sien bladsy 2 op hierdie draad. Ek dink ek het hoofsaaklik Eskort se bbq spice en Robertson se knoffel speserye gebruik. Dan wat ek dink hom lekker gemaak het is die Jimmy basting sous wat ons oorgesmeer het. Geniet hom. Ons het daai termometer wat jy in vleis druk. Ons haal hom af as vark hier by 60-65°c is.....nog lekker sappig

Kaap

Goeie Hout

Tue, 08/09/2026 - 18:46

Ek gaan die naweek jou resep probeer.

Heerlik en baie dankie Geert.

Ek het so n gadget.

Groete Geert.

Pretoria

Geert

Sun, 13/09/2026 - 16:04

Hi Harde Hout. Jy het my nou lus gemaak vir varknek. Ek het een aangeskaf, maar hierdie keer gaan hy Weber toe

Brits

Wessel Strydom

Sun, 13/09/2026 - 19:34

...ek is te bang om te vra----wat se sous is oor daai vleis??

Ek is nie 'n liefhebber van souse wat die vleissmaak wegneem nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 13/09/2026 - 21:44

Hoender, steak en vark (behalwe Kassler) word in hierdie huishouding alles ge-"Jimmy's". Ek marineer nie vleis vooraf in enige sous of marinade nie, maar 'n "basting" met Jimmy's aan die einde van die braai is op genoemde vleise 'n standaard praktyk. 

Kaap

Goeie Hout

Mon, 14/09/2026 - 13:50

Ek het self n vark nekkie in COBB geprobeer en hy was lekker.

Ek het hom genurse en regitg tot Navigator het gese bietjie rou maar lekker.  Toe haal ek die termostaat uit en hy was reg.

Ek gaan hom weer langnawek op Konings kop gebruik.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus