Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -5 hours ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 14/07/2026 - 17:28

Ek sien al die kampvuur en ruik die braaivleis met die naggeluide van die bos. Glo julle gaan 'n heerlike tyd hê. Indien Satara se vlooie byt, moenie kanselleer nie - ek sal die bespreking oorneem. laat weet netlaugh

0
Pretoria

Geert

Tue, 14/07/2026 - 17:49

Ek het op facebook gevra vir mense wat onlangs daar was of sandvlieë nog gepla het....klink nie so nie

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/07/2026 - 19:47

My SARS konsultant was einde April in vaste behuising in Satara. Hule het skoene weggegooi en nuwes gekoop. Hulle kon nie vlooie uit skoene kry nie.

Ek is steeds bly dat ons huistoe gekom het. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 14/07/2026 - 20:14

Geert, ek dink die sandvlooie was maan n roemur.....

50 keer om die kerk.....

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 14/07/2026 - 21:22

... waar het jy die Carry bag vir die Smokey Joe gekoop? Ek wil baie graag so-iets aanskaf.

0
Pretoria

Geert

Wed, 15/07/2026 - 00:26

Ek het by Amazon gekoop, maar het ook op Kloppers se rakke gesien. Is ook aanlyn op weber.co.za te koop

0
Pretoria

Geert

Wed, 15/07/2026 - 10:10

Ons beplanning is om Vrydag voor 10am te ry, maar daar is n instelasie waarmee ons besig was met ander kontrakteur. Hulle sou vandag die finale werk kom doen, maar WhatsApp my vanoggend dat hy eers Vrydag kan kom, sy span besig in Limpopo. Gaan kyk of ek met ander plan kan afhandel

0
Pretoria

Geert

Wed, 15/07/2026 - 10:25

Vandag 3 jaar terug oppad wildtuin toe. Was koud, maar onvergeetlike ervaring gewees....sprokies wêreld 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 15/07/2026 - 12:36

Op 'n plaas buite Dullstroom - vorige aand se sneeuman en dieselfde oggend as wat jy hier verbygesleep het.

Hierdie jaar gaan waarskynlik nie dieselfde prentjie oplewer nie. Dis koud buite saans, maar binnenshuis weet ons nie regtig van die winter nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 15/07/2026 - 12:49

Teleurstellings is nooit lekker nie en veral nie wanneer jou karavaan al (amper) gehaak is nie. Ons glo dat 'n ander kontrakteur betyds sal kan help. Is dit iets wat ek en Daan kan doen? No Charge! Ons skuld jou vir al die hulp met beskikbaarheid van verblyf in die wildtuinlaugh

0
Pretoria

Geert

Thu, 16/07/2026 - 06:04

Beplanning is steeds môre oggend. Vanmiddag inkopies doen...hoofsaaklik vleis en proviant. Vrou het reeds koffie, tee ensovoorts in met haar klere en n hele apteek. Vanaand pak ek....hout is reeds in. 

Gaan maar die ou awning opsit vir die wildtuin stof

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 16/07/2026 - 08:32

Ons gaan dus saam in die wildtuin wees - maar ons gaan nie saamwees nie. Veilig ry en geniet dit daar onder in die suide. Ons hoop die noorde wys vir ons 'n beter kant as die afgelope naweek t.o.v. wildbesigtiging.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 16/07/2026 - 08:54

Ek dink  Geert gaan meer wild sien per dag uitstappie, maar aan die ander kant, jy ry mos voorbeeldig stadig, wat die skaal kan tiplaughlaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 16/07/2026 - 09:36

Ja, maar sou ek gelukkig wees om een van daardie graag-wil-sien "sightings" te hê, gaan ek minder ander voertuie sien.

Dit is 'n feit dat jy gelukkiger is met wild in die suide. Maar ai - die rustigheid van die noorde is darem maar net wonderlik.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 16/07/2026 - 19:38

Nou is daar geen keer meer nie. Hoop dat julle 'n voorspoedige pad sal hê en die vakansie waarna julle uitsien baie sal geniet. Sien uit na jou foto's en vertellinge.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus