Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Satara se cam... Kruger 2026 Rona du Plessis -6 minutes ago
Mooier foto Kruger 2026 Geert -12 minutes ago
Wessel, Kruger 2026 Rona du Plessis -13 minutes ago
Satara webcam Kruger 2026 Geert -19 minutes ago
Padlangs en ander nuwe lede Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Pannetjie braai Kuier maaltyd Geert -1 hour ago

Strydoms na Pilansberg Julie 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ons het besluit om eerder na Pilansberg te gaan, as Kruger toe. Bloot omdat dit slegs 100km van ons paleisie is. Ons is daar bespreek van 25 tot 31 Julie, in Manyane. Hopenlik is die gedrang van die skoolvakansie dan verby.

Die idee is dan om in Augustus na Marakele by Thabazimbi, ook te gaan vir 'n week. As Manyane kampterrein/ablusie egter in goeie werkende toestand is, kan die Marakele idee verruil word vir nog 'n Manyane besoek. Daar is net meer paaie [4x2] en wild in Pilansberg, as in Marakele.   

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/07/2026 - 13:16

Ek het dit voorheen al genoem dat Pilanesberg dit nog nooit vir my gedoen het nie - amper soos Addo. Maar andere hou van genoemde plekke, net soos wat ek lief is vir sommige ATKV oorde (nie almal nie, soos Goudini Spa - ironies die een naaste aan my), maar dit staan andere weer geensins aan nie.

Nietemin Wessel - geniet jou wegbreek. Ek het al meermale onder die indruk gekom dat jy nogal lief is vir Manyani/Pilanesberg.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/07/2026 - 13:23

Dit is nou maar net nie Kruger, Karoo, Mokala of Bergkwagga nie, maar die nabyheid maak 'n besoek baie bekostigbaar.

Met 200km uit en tuis, kan mens maar net paar dae gaan, en hoef mens nie soos Kruger toe, vir 'n lang tydperk te gaan om brandstofkoste te regverdig nie.

 

0
Pretoria

Geert

Tue, 07/07/2026 - 13:54

Lekker Wessel...glo julle gaan dit geniet. Gaan lekker wees om 1ste handse ervaring te kan hoor hoe dit tans daar is. Deesdae hoor mens so klomp verskillende weergawes van plek. Sommiges sê hulle gaan glad nie meer soontoe nie en ander wat meer onlangs daar gekampeer het, sê alles is werkend, warm wster en oord is skoon. Net afgebrande gedeeltes...maar as jy daar kampeer pla dit nie. Ek het ook onlangs n plasing gesien waar hulle paaie aandag aan gegee het.

Alhoewel ons relatief lanklaas daar was, geniet ons ook altyd Pilanesberg. Ons was al geseend met baie mooi sightings daar, het al hele paar keer die Big5 kon opspoor daar, maar buffel bly vir ons die moeilikste om te vind. Ook altyd lekker geniet van hul picnic spots. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 07/07/2026 - 14:29

Niemand kan mos nuwe movers in onbruik laat verval nie. Mooi so, Wessel. Pilanesberg was nog altyd goed vir julle, en met genoeg tyd om die koekblik vooraf vol te kry glo ek dat julle dit baie gaan geniet.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/07/2026 - 18:27

sommer vir die wat belangstel, 

Saterdagaand [25/7] ----R358

Midweek prys [26 tot 31/7]--- R285

Saam met die kort afstand, maak dit baie bekostigbaar. Ek wonder of my 210amp.hr sal hou tot daar, dan ry ons sommer net met die "movers". Sal nie werk nie, Marie gaan koud kry op A-raam met "remote"devil 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 07/07/2026 - 19:40

Dan kan jy sommer 20 keer om die kerk ry op Bonnievale.  Marie gaan jou bliks.....

Wessel was nou die dag daardeur.  As jy van Robertson ry die plase aan regterkant het pak gekry.  Shame.  Net voor die dorp was daar n stene plek.  Dit is letterlik weg....

0
Pretoria

Geert

Wed, 08/07/2026 - 07:13

Daar was heelwat negatiewe terugvoering op facebook oor die ingangsfooie wat Desember so skerp gestyg het. Baie het gesê dat Pilansberg hul nooit weer sal sien nie. Ek is self nie n voorstaner van die hewige tarief verhoging nie, maar klink of dit vir NoordWes goeie ekstra geld inbring...noudie dag n artikel gelees waar inkomste afgelope 6 maande die hoogte ingeskiet het. Weet nie waar fondse hoofsaaklik inkom nie....ons eie landsburgers of oorsee se toeriste. Ek wens hulle kon die 50% afslag vir inwonende gaste by Manyane en Bakgatla weer terugbring....dit sal miskien ook aanmoediging wees vir baie om weer daar te kampeer. 

Ek sien gister Dinokeng se nuwe tariewe....R250 per selfdrive voertuig en R85 per persoon per dag. Dit kom bo op jou kampeer kostes wat dit heelwat duurder maak as wildtuin besoek. (Penioenarisse kry R10 afslag in midweek)

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 08/07/2026 - 08:13

Geert, ek sal probeer onthou om mooi te onthou, of papier te hou, van die fooie struktuur by Pilanesberg. Ook of hulle afslag gee aan Manyane kampeerders. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 20/07/2026 - 09:29

Wessel, ek wonder of jy besig is om biltong te maak, koekies te bak of waarmee hou jy jouself besig? Vertel asb bietjie meer want ek dink die movers is reeds gepak en Saterdag is om die draailaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/07/2026 - 19:47

My stilte is weens rekenaar probleme. Dog ek is slim en slaan oor na beterhelfte se skootrekenaar. Sien nie die "caps lock " is aan nie en beduiwel my hele inteken kans, met te veel probeerslae om aan te teken.

Bel vir Anton [Voortrekker] en hy het sekerlik die forum reg getimmer, want ek is in, en kan weer saamgesels.   

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 20/07/2026 - 20:24

Vanoggend het ek nog 'n grap gemaak, maar ons is nie gewoond daaraan dat jy sommer net stil raak vir geen rede nie. So het ek teen die aand se kant gewonder..... Noudat die rekenaar probleme uitgesorteer is moet jy asb vertel van hoe jou voorbereiding vorder. Min dae....

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/07/2026 - 07:01

....sal in alle erns begin Woensdag namiddag. 

Batterye is gelaai sodat die skuiwers die wa Donderdag oggend tot voor paleisie kan bring. Dan sal watertenk volgemaak word met koppie Milton vir reiniging en versagter.

Dit is net 6 aande, dus is dit nie baie proviand wat gelaai moet word nie. Vrydag laterig word Grompie styf gestop. Beterhelfte se laaste tassies en die nodige kopkussings word seker laaste gelaai Saterdagoggend.  

Ons sien nogal uit na die wegbreek, dit moet vergoed vir die sandvlooie terugslag van kortgeknipte Kruger vakansie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/07/2026 - 12:55

....het begin. Die wa is geskuif met 2 vingers tot voor paleisie. Krag gekoppel, gestofsuig, en vaste en vloeibare proviand al gelaai. Watertenk met Milton byvoegsel is volgemaak. Droë kosware is al in grotte onder agterste slaapbanke gepak.

Sommer 'n foto ter stawing aangeheg.

Wa

Volgende fotos is van staanplek en hopenlik ook mooi wild. 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 23/07/2026 - 14:10

Ag lekker Wessel.

Geniet dit.  OO die pakkery vir my is ook n lekker ding want dit beteken net 1 ding.

Kamp.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 23/07/2026 - 17:41

Sien uit na jou vertellinge en foto's van Pilanesberg. Hoop julle het 'n goeie tyd met lekker weer en baie diere.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/07/2026 - 13:05

Ons het rustig hiergekom, gister so 10h30. Gelukkig het ons 2 spesifikasies, kyk of daar krag by oord se paaltjie is, dan vind uit of daar warmwater in ablusie is. Voordat beide nie positief is nie, trek ek nie eers op 'n staanplek in nie. gister moes ons aanbeweeg na 'n 2de ablusie blok, waar ons ons staan gekry het.

Mensig dit is duur om Pilanesberg widtuin in te gaan.

 SA burger  R168

SA pensioenaris R84

Voertuig  R168

Geen korting meer vir persone wat aantal dae tuisgaan in Manyane nie. Die 6 dae se toegang kos my R2000.  Vir perspektief, my Sanparke wildekaart kos my R1500, vir 'n jaar.

Ons was gelukkig om die normale wild en veral renosters te sien, tot hede. Vandag so vir 'n minuut 'n bewegende luiperd gesien. Roofvoëls is skaars, darem 'n visarend gesien.

Soos onse vriend neef Herman altyd noem, ,n bok is 'n bok en alle wild lyk oral dieselfde. laughwink Nietemin paar fotos ter stawing;

jak

renoster

Met bogenoemde toegangsfooie, oorweeg ons dit ernstig om einde Augustus sommer Marakele toe te gaan. Ook naby aan Brits, lekker 40% af Sanparke fooie, EN wildekaart dek ekotoerisme fooie.

So staan ons in winter sonnetjie, met skadu wat om ons skuif. Fyn bedink met hulp van kompas en gelukwinklaugh

kamp

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 26/07/2026 - 19:21

Ons is vanaand slegs 5 kampeerders in oord. Almal my ouderdom en ouer. Dis of die tariewe of die winter klimaat wat mense afsit.

Nou vir wrang smaak insident. Hier is tans 3 Safari-tente, ooglopend beset deur semipermanente huurders. Terwyl ek vuurmaak namiddag, vang my oog hoe 'n boom afgesaag word by die tente. Kyk die plaaslike inwoners weet van vuurmaak. 

Ek wou gaan praat, maar Marie seg nee los. Ons moet nog 5 aande saam kampeer, en sy is bekommerd oor vergelding . Dis darem maar sleg!!!! 

Ek het nog nie van daai 77km vars geskraapte paaie, of herstelde paaie gevind nie. Die wat ek gery het, is sleg

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus