Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -2 hours ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 04/08/2026 - 20:08

Te veel vir hierdie oubaas. Maar dit is waarskynlik waarom julle so gelukkig is met "sightings".

Maksimum 125 km 'n dag vir my - maar verkieslik minder.

0
Pretoria

Geert

Tue, 04/08/2026 - 21:13

Ja, mens skrik eintlik as mens aan die einde sien hoeveel kilometers in die wildtuin gery is. Darem is dit giedkoper kilometers op brandstof, maar steeds.  Ons is gewoonlik so 7am uit die kamp en kom tussen 17h00 en 17h30 terug. Ons stop by elke piekniek plek om water af te slaan,  dan ry ons weer. 1x per dag stop ons by n restaurant, eet en ry weer. Ons sit nooit stil in die kamp by die karavaan deur die dag nie

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/08/2026 - 07:24

Ek word gewoonlik wakker as die eerste voertuie in die kamp "start". Dan lê ek nog 'n ruk om tot verhaal te kom, drink koffie (gewoonlik minstens 2), en begin dan eers aan die gang kom. Dit is selde dat ons voor 08:00 uit die kamp kom, maar meestal rondom 09:00.

Ons is gewoonlik oor die middag-etensuur terug en gaan ry weer 'n kort namiddagrit om en by 15:30 tot net voor hek-toemaaktyd.

Seker maar omdat ek gewoonlik 4 - 6 weke in die wildtuin kuier dat ek minder op 'n dag ry. Afhangende van watter kamp ek my inbegeef, kuier ek sommer heeldag in die kamp en geniet net die rustigheid daarvan.

Maar nou ja - soos ek al menigmale op hierdie forum gesê het: Elke ou soen sy vrou op sy manier.

0
Pretoria

Geert

Fri, 14/08/2026 - 11:56

Ek sien al hoe meer mense kampeer in wildtuin sonder om n rally of voortent op te slaan. Dit gaan seker oor stof wat so vuilmaak, want ons het paar dae erg dou gehad in Satara en by Malelane het ons n ligte motreen vir n uur gehad. Net daai bietjie water en stof maak baie skoonmaak werk. In Lower Sabie het ons bure n gazebo voor hul tent opgeslaan....daai seil maak makliker skoon. Ons het nou tydens oornag by Hippo Waterfront ook net steadies gesak sonder awning uitrol, maar is nie dieselfde geselligheid as om n awning of rally uit te rol nie. By wildtuin sit ons eintlik nooit onder die awning nie.....sit om die vuur en eet om die vuur, maar die awning maak dit vir ons lekker en gesellige atmosfeer

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/08/2026 - 12:15

Ek het nog die ou benaming "rally" tent in my kop. Dit was/is die "afdakkie" wat by die ou Jurgense 'n aparte seil was. Dit is gebruik inplaas van die volle tent se dakgedeelte.

My Kavango se tentdak, waaraan die panele vaskom om 'n toe tent met vensters en deur te vorm, is in 'n sak wat permanent aan die sykant monteer is. Ons kamp altyd daarmee opgeslaan, en soms 1 of 2 sykante afhangende van die son en wind. As ons net oorslaap, kamp ons bloots.

Die tent is omtrent van 'n tipe "plastiek" of polimeer wat skoonmaak maklik maak. As beterhelfte besluit dis vuil, word dit sommer met natlap en skropborsel gou skoongemaak. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 14/08/2026 - 12:30

My huidige stoeptent is van "ripstop" materiaal. En soos Geert noem, raak dit maar baie vuil by plekke soos die wildtuin of Eiland Spa. Dit is stof, wat vererger word met ligte reën en ook voëlmis. Mammie is skaam vir die stoeptentdak. Ekself is nie so erg gepla daaroor nie.

Wanneer ons afslaan vee ons die dak, wanneer dit nog langs die karavaan hang, met 'n besem om die ergste stof en voëlmis af te kry. Nou my vraag: Kan ek "ripstop" met vrymoedigheid 'n bietjie skrop?

Wanneer ons slegs 1 of 2 aande op 'n plek kamp, doen ek geen moeite om die stoeptent op te slaan nie. As ek langer as 4 aande kamp sal ek die sykante ook aansit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus