Ek weet dis nog 6 maande voor Augustus, maar ek weet ook Kampforum-vrinne hou daarvan om deel te wees van 'n ou se beplanning op 'n lekker wegbreek. Gegewe dat my omstandighede tot gevolg het dat ek nie meer kan karavaankamp nie, het ek gewonder met wie gaan ek nou my opgewondenheid deel oor 'n nie-kamp Wildtuin-vakansie ? Gelukkig het ChrisB vir my gewys dat die Kampforum-vrinne netso lekker saamgesels al is daar nie 'n karavaan ter sprake nie.
Nouja, hier begin my storie : Vandat my karavaan verkoop is, kyk ek daagliks die TV-program WildEarth wat 24-uur daagliks vir jou in-tyds opreis neem met 'n toergids by verskeie wildtuine in SA en omliggende lande, maar veral by SabiSands en ander kleiner wildtuine. Hierdie program het my lus vir die Kruger Wildtuin aangevuur om plan te maak om so gou moontlik weer daar te kom. Dis nogal 'n helse aanpassing om nie 'n kampeer-bespreking te doen nie, maar wel 'n vaste-akkommodasie bespreking, maar ek is daardeur en dis gedoen.
My kinders deel my opgewondenheid, maar was uiter bekommerd dat hulle 79-jarige pa alleen die tog van 2000km van die Kaap af en nog 2000km weer terug aanpak. Hulle wou gehad het ek moet eerder vlieg en 'n kar huur. Ek is egter allergies vir vliegtuie (het oorgenoeg daarvan in my werker-dae gehad) en dit sal 'n gelol wees om my getroue Nissan Pathfinder tuis te laat. Dus :-
Ek en my broer (hy is 81) is ons ouers se enigste kinders en ons het geen ander oorlewende familie nie, behalwe ons eie kinders. My broer en skoonsuster woon die afgelope 29 jaar in Oostenryk waar hy verbonde was aan die Universiteit van Wenen voor sy aftrede. Hy was ook vir jare lank 'n ere-veldwagter in die Kruger Wildtuin en is netso lief vir dié plek soos ek. Maar ek en hy was laas saam met my ouers in die Wildtuin toe ons nog skoolkinders was. Ek kom toe op die blink gedagte af om hom en my skoonsuster te nooi om saam met my aan te sluit in die Wildtuin dan kuier ons sommer in die wildtuin saam. Die uitnodiging is onmiddellik aanvaar. Nou vir my kinders se beswaar dat ek alleen van die Kaap af Wildtuin toe ry : My broer se ongetroude dogter is 'n lektor aan die Universiteit van Bournemouth in Engeland en sy wil graag saam ! Toevallig werk haar universiteit en die Universiteit van Kaapstad saam aan een of ander projek en daarvoor moet sy Kaap toe kom. Sy gaan dus Kaap toe vlieg vir die projek en dan ry sy saam met my tot in Pretoia, natuurlik met my Pathfinder ! Haar ouers vlieg dan van Oostenryk af Pretoria toe en alvier van ons ry saam in die Pathfinder Wildtuin toe.
Ons het drie hutte in Berg-en-dal en drie hutte in Letaba bespreek, 5 dae in elke kamp, vanaf 6 Augustus tot 16 Augustus 2026. Dis nogal wyd om die 240km te ry vanaf Berg-en-dal tot by Letaba, maar teen 30kpu (ChrisB se spoed) behoort dit 8ure te duur terwyl ons 12ure beskikbare het vanaf 06:00 t0t 18:00
Nouja, dis die plan tot dusver. Ek vertel later verder as ek julle nie vereel het nie.
Die ou Kees lyk darem regtig…
Die ou Kees lyk darem regtig baie mislik. Ek kan myself sien sou ek so nat sit en wag vir die sonnetjie.
Het die Kuifkophoutkapper so baie skril KRRR... roep Len. Die Wildtuin het pragtige voëls wat ons nie hier kry nie. Die Maribu is een van my gunstelinge. Hy stap met sulke lang en stadige treë soos n lyksbesorger. Én net so stroewe uitdrukking op sy gesig.
Masorini Argiologiese Museum
Ten spyte daarvan dat SANParke hul bes probeer om instandhouding te doen, kom daar tog hier en daar plekke voor wat totaal besig is om te verval, en in hierdie geval, nie veroorsaak deur vloede nie. Masorini is naby aan Phalaboewa-hek.
Olifantjie is ook dors
By die Matjulu drinkplek naby Bergendal, help 'n mamma-olifant haar kalfie om ook 'n bietjie water te kry want hy kannie by die water in die sementdam bykom nie.

Pragtige foto's...
wat mens sommer laat verlang om daar te wees.
Weet nie of Len so gelukkig was om die Vleiloerie onder skoot te kry nie. Op die dag wat ons saamgekuier het in B&D het dié skugter voël ons van erens uit die bos vermaak met sy unieke roep en is altyd iets om te waardeer.
Bobbejane. Self ook gedink dit lyk maar na taamlike naby-familie en gedrag![]()
Masorini se verval is jammer om te sien. Sommige dinge is seker nie nou meer prioriteit nie....
Sien uit na nog meer vertellinge en foto's, dankie Len.
Swartriethaan
Ek kan nie help om te wonder of die foto van die swartriethaan op die laagwaterbruggie by Shipandane-skuiling geneem is nie. 90% van die kere kry jy hulle daar. Ons het selfs al kuikens op een van die klein graseilandjies teenaan die laagwaterbruggie gesien.
Ek raai maar dat die foto daar geneem is. En indien wel is, is dit 'n plek waar die grootvoete lief is om water te drink en jou lank kan laat wag voordat jy weer kan ry.
Reggeraai Chris !
Hierdie swartriethaan is inderdaat by die laagwaterbruggie by die Shipandane-skuiling, suid van Mopani-kamp geneem.
Bloukuifloerie
Rona, ek het vreeslik gesukkel om 'n mooi foto van daardie knaap met die fantastiese roep geluid te kry. Hieronder is hy wel, maar 'n baie swak foto - probeer die foto in-zoom dan kom sy gesiggie beter uit. Wanneer hy vlieg kom die poskantoor-rooikleur onder sy vlerke mooi na vore.
Oops, zoom werk nie op die forum nie.

Die Loerie
Len, jou foto is inderdaad dié van 'n Bloukuifloerie met sy indrukwekkende kleure. Sy roep is wel anders as dít wat ons die dié dag gehoor het. Weet nie presies hoe om dit te beskryf nie, maar dis meer 'n kok-kok geluid.
Die Vleiloerie het die mooi roep en dit is dan ook die roep wat uit die bos gekom het. Die beskrywing wat ek eenmaal gesien het, is dat dit klink soos water wat uit 'n bottel loop. Mens is baie gelukkig om hulle raak te sien aangesien hulle die grootste gedeelte van die dag in digte bosse bly.
So....dit sê net een ding. Jy moet vinnig weer plek bespreek in B&D, spesifiek dan ook dieselfde huisie om sodoende te gaan soek na die Vleiloerie met die pragtige roep![]()
Vleiloerie
Ons was met ons onlangse paar aande in Shingwedzi gelukkig om by meer as een geleentheid 'n vleiloerie te sien. Ek is nie só op hoogte van sy geluid soos Rona nie. Maar as ek een sien, kom gedagtes aan Faay Loop by Pretoriuskop by my op. Dit is waar ek die eerste keer 'n vleiloerie in die wildtuin gesien het.
'n Jaar of wat gelede was ek baie opgewonde toe ek een hier agter my huis in die fynbos van die aangrensende blomplaas gesien het. Baie jare gelede het ek ook een op 'n appelplaas by Grabouw gesien. Daardie dag wou ek aanvanklik nie my oë glo nie, want ek was seker dit is 'n bosveldvoël. Maar voëlboeke wys toe dat hulle wel hier by ons in die Wes-Kaap ook voorkom.
Bobjaan en foon
Ek moet seg, dit lyk darem baie na 'n selfoon in haar hand. Ek wonder of sy deurgekom het na iemand.
Sit maar fotos op, ek kyk lekker.
Seekoei op droë grond
Dit bly maar net 'n massiewe, groot dier wat verbasend vinnig op droë grond kan hardloop en met vreesaanjaende groot tande !

Nog 'n foto van 'n mooie sebra

Kyk net na die vertikale strepe bo die neus, presies in lyn met die swart "kam" tussen sy ore.
Rooibokkie
Ek wonder wat sê sy vir hom ? Seker net een van twee dinge, "kom hier ek soek jou !" of "voertsek, maak dat jy wegkom !"












Sebra
Fotos van sebras met hul swart en wit strepe maak altyd indrukwkkende fotos.