Ek weet dis nog 6 maande voor Augustus, maar ek weet ook Kampforum-vrinne hou daarvan om deel te wees van 'n ou se beplanning op 'n lekker wegbreek. Gegewe dat my omstandighede tot gevolg het dat ek nie meer kan karavaankamp nie, het ek gewonder met wie gaan ek nou my opgewondenheid deel oor 'n nie-kamp Wildtuin-vakansie ? Gelukkig het ChrisB vir my gewys dat die Kampforum-vrinne netso lekker saamgesels al is daar nie 'n karavaan ter sprake nie.
Nouja, hier begin my storie : Vandat my karavaan verkoop is, kyk ek daagliks die TV-program WildEarth wat 24-uur daagliks vir jou in-tyds opreis neem met 'n toergids by verskeie wildtuine in SA en omliggende lande, maar veral by SabiSands en ander kleiner wildtuine. Hierdie program het my lus vir die Kruger Wildtuin aangevuur om plan te maak om so gou moontlik weer daar te kom. Dis nogal 'n helse aanpassing om nie 'n kampeer-bespreking te doen nie, maar wel 'n vaste-akkommodasie bespreking, maar ek is daardeur en dis gedoen.
My kinders deel my opgewondenheid, maar was uiter bekommerd dat hulle 79-jarige pa alleen die tog van 2000km van die Kaap af en nog 2000km weer terug aanpak. Hulle wou gehad het ek moet eerder vlieg en 'n kar huur. Ek is egter allergies vir vliegtuie (het oorgenoeg daarvan in my werker-dae gehad) en dit sal 'n gelol wees om my getroue Nissan Pathfinder tuis te laat. Dus :-
Ek en my broer (hy is 81) is ons ouers se enigste kinders en ons het geen ander oorlewende familie nie, behalwe ons eie kinders. My broer en skoonsuster woon die afgelope 29 jaar in Oostenryk waar hy verbonde was aan die Universiteit van Wenen voor sy aftrede. Hy was ook vir jare lank 'n ere-veldwagter in die Kruger Wildtuin en is netso lief vir dié plek soos ek. Maar ek en hy was laas saam met my ouers in die Wildtuin toe ons nog skoolkinders was. Ek kom toe op die blink gedagte af om hom en my skoonsuster te nooi om saam met my aan te sluit in die Wildtuin dan kuier ons sommer in die wildtuin saam. Die uitnodiging is onmiddellik aanvaar. Nou vir my kinders se beswaar dat ek alleen van die Kaap af Wildtuin toe ry : My broer se ongetroude dogter is 'n lektor aan die Universiteit van Bournemouth in Engeland en sy wil graag saam ! Toevallig werk haar universiteit en die Universiteit van Kaapstad saam aan een of ander projek en daarvoor moet sy Kaap toe kom. Sy gaan dus Kaap toe vlieg vir die projek en dan ry sy saam met my tot in Pretoia, natuurlik met my Pathfinder ! Haar ouers vlieg dan van Oostenryk af Pretoria toe en alvier van ons ry saam in die Pathfinder Wildtuin toe.
Ons het drie hutte in Berg-en-dal en drie hutte in Letaba bespreek, 5 dae in elke kamp, vanaf 6 Augustus tot 16 Augustus 2026. Dis nogal wyd om die 240km te ry vanaf Berg-en-dal tot by Letaba, maar teen 30kpu (ChrisB se spoed) behoort dit 8ure te duur terwyl ons 12ure beskikbare het vanaf 06:00 t0t 18:00
Nouja, dis die plan tot dusver. Ek vertel later verder as ek julle nie vereel het nie.
Hier kuier ek lekker
Dankie Len vir jou interessante vertellinge en foto's. Dit sou darem fantasties wees om vir altyd net daar te kon bly. Intussen troos ek my maar aan die skildery van twee renosters wat al vir 27 jaar bokant my lessenaar hang. Wil amper sê 'foeitog'.
Ek is seker daar het nog baie meer gebeur tydens julle vakansie. Moenie ophou vertel/foto's plaas nie.
Regtig lekker om te kyk en…
Regtig lekker om te kyk en stories te lees Len. Hoop daar is nog sommer baie om te vertel. BTW, hier is paar netjiese fotos hoor!!
Die verfblik-sitters
Hier is 'n klompie verfblik-sitters wat vir ons hulle kringgatte wys, maar tog nuuskierig is om te sien wie ons is - hulle kyk almal om.

Seekoeie
Seekoeie is 'n algemene gesig in die Wildtui, maar tog vir my is dit finominale diere. Ek lees in Game Ramger in your Backpack deur Sean Patrick dat 'n volwasse seekoei tot 6 minute onder water kan bly terwyl kleintjies net sowat 40 sekondes onder water kan bly. 'n Seekoei kan sy/haar neusgte en ore sluit om te voorkom dat water binne-dring.
Seekoeie weeg tussen 2000 en 300okg - dis meer as my gewese Exclusive karavaan ! Die koeie is iewat ligter, in die omgewing van 1400kg.
Nog 'n interessantheid is dat die parasiet bilharzia kom algemeen voor in die liggaam van seekoeie maar dit het geen uitwerking op hulle gesondheid nie.

Mooi foto's
Baie mooi foto's en het die vertellinge by elkeen baie geniet. Ja, Zebras is pragtig om af te neem. Ek kyk soms deur die verkyker na hulle, al is hul naby....dan sien mens ekstra mooi hoe pragtig daai strepe is.
Ons noem die Waterbokke Toiletboude. My vrou is mal oor Waterbokke. Sy het oral in die winkels gekyk of hulle n fluffy toy het van n Waterbok, maar kon nie kry nie
Wessel.......
............ek het 'n Canon EOS1100D kamera, doodgewoon met 'n zoomlens 18-55mm. Dan het ek ook nog 'n Canon zoomlens 75-300mm wat ek as my telefotolens gebruik.






Wildehonde
Ons was darem bevoorreg om ook 'n troppie wildehonde te sien, tussen Skukuza en Tshokwane. Dit het gereën en hulle was sopnat wat hulle gebruiklike lewendige interaksie ongelukkig gedemp het.
Hier is een wat ons papnat aankyk, so asof sy vir ons vra : "stop tog asb die reën ".