Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -51 minutes ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -12 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -12 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -12 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -13 hours ago

Len in die Kruger Wildtuin in Augustus 2026

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet dis nog 6 maande voor Augustus, maar ek weet ook Kampforum-vrinne hou daarvan om deel te wees van 'n ou se beplanning op 'n lekker wegbreek. Gegewe dat my omstandighede tot gevolg het dat ek nie meer kan karavaankamp nie, het ek gewonder met wie gaan ek nou my opgewondenheid deel oor 'n nie-kamp Wildtuin-vakansie ?  Gelukkig het ChrisB vir my gewys dat die Kampforum-vrinne netso lekker saamgesels al is daar nie 'n karavaan ter sprake nie.

Nouja, hier begin my storie : Vandat my karavaan verkoop is, kyk ek daagliks die TV-program WildEarth wat 24-uur daagliks vir jou in-tyds opreis neem met 'n toergids by verskeie wildtuine in SA en omliggende lande, maar veral by SabiSands en ander kleiner wildtuine. Hierdie program het my lus vir die Kruger Wildtuin aangevuur om plan te maak om so gou moontlik weer daar te kom. Dis nogal 'n helse aanpassing om nie 'n kampeer-bespreking te doen nie, maar wel 'n vaste-akkommodasie bespreking, maar ek is daardeur en dis gedoen.

My kinders deel my opgewondenheid, maar was uiter bekommerd dat hulle 79-jarige pa alleen die tog van 2000km van die Kaap af en nog 2000km weer terug aanpak.  Hulle wou gehad het ek moet eerder vlieg en 'n kar huur.  Ek is egter allergies vir vliegtuie (het oorgenoeg daarvan in my werker-dae gehad) en dit sal 'n gelol wees om my getroue Nissan Pathfinder tuis te laat. Dus :-

Ek en my broer (hy is 81) is ons ouers se enigste kinders en ons het geen ander oorlewende familie nie, behalwe ons eie kinders. My broer en skoonsuster woon die afgelope 29 jaar in Oostenryk waar hy verbonde was aan die Universiteit van Wenen voor sy aftrede.  Hy was ook vir jare lank 'n ere-veldwagter in die Kruger Wildtuin en is netso lief vir dié plek soos ek. Maar ek en hy was  laas saam met my ouers  in die Wildtuin toe ons nog skoolkinders was. Ek kom toe op die blink gedagte af om hom en my skoonsuster te nooi om saam met my aan te sluit in die Wildtuin dan kuier ons sommer in die wildtuin saam. Die uitnodiging is onmiddellik aanvaar.  Nou vir my kinders se beswaar dat ek alleen van die Kaap af Wildtuin toe ry : My broer se ongetroude dogter is 'n lektor aan die Universiteit van Bournemouth in Engeland en sy wil graag saam ! Toevallig werk haar universiteit en die Universiteit van Kaapstad saam aan een of ander projek en daarvoor moet sy Kaap toe kom.  Sy gaan dus Kaap toe vlieg vir die projek en dan ry sy saam met my tot in Pretoia, natuurlik met my Pathfinder ! Haar ouers vlieg dan van Oostenryk af Pretoria toe en alvier van ons ry saam in die Pathfinder Wildtuin toe.

Ons het drie hutte in Berg-en-dal en drie hutte in Letaba bespreek, 5 dae in elke kamp, vanaf 6 Augustus tot 16 Augustus 2026. Dis nogal wyd om die 240km te ry vanaf Berg-en-dal tot by Letaba, maar teen 30kpu (ChrisB se spoed) behoort dit 8ure te duur terwyl ons 12ure beskikbare het vanaf 06:00 t0t 18:00

Nouja, dis die plan tot dusver. Ek vertel later verder as ek julle nie vereel het nie.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 01/09/2026 - 14:26

Ons was darem bevoorreg om ook 'n troppie wildehonde te sien, tussen Skukuza en Tshokwane.  Dit het gereën en hulle was sopnat wat hulle gebruiklike lewendige interaksie ongelukkig gedemp het.

Hier is een wat ons papnat aankyk, so asof sy vir ons vra : "stop tog asb die reën ".

.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 01/09/2026 - 19:36

Dankie Len vir jou interessante vertellinge en foto's. Dit sou darem fantasties wees om vir altyd net daar te kon bly. Intussen troos ek my maar aan die skildery van twee renosters wat al vir 27 jaar bokant my lessenaar hang. Wil amper sê 'foeitog'.

Ek is seker daar het nog baie meer gebeur tydens julle vakansie. Moenie ophou vertel/foto's plaas nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/09/2026 - 19:37

... hoe meer ek lees en kyk, besef ek hoe gelukkig julle was. 

Wat was broer en vrou se reaksie/indrukke van Kruger en land na so 'n lang afwesigheid??

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/09/2026 - 12:10

Hier is 'n klompie verfblik-sitters wat vir ons hulle kringgatte wys, maar tog nuuskierig is om te sien wie ons is  -  hulle kyk almal om.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/09/2026 - 12:51

...eerste keer wat ek die term "kringgat" van verneem. Ek ken die bokke as "ringgatte".

Maar wat is 'n "k" nou tussen vriende

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/09/2026 - 12:53

Seekoeie is 'n algemene gesig in die Wildtui, maar tog vir my is dit finominale diere. Ek lees in Game Ramger in your Backpack deur Sean Patrick dat 'n volwasse seekoei tot 6 minute onder water kan bly terwyl kleintjies net sowat 40 sekondes onder water kan bly. 'n Seekoei kan sy/haar neusgte en ore sluit om te voorkom dat water binne-dring.

Seekoeie weeg tussen 2000 en 300okg - dis meer as my gewese Exclusive karavaan ! Die koeie is iewat ligter, in die omgewing van 1400kg.

Nog 'n interessantheid is dat die parasiet bilharzia kom algemeen voor in die liggaam van seekoeie maar dit het geen uitwerking op hulle gesondheid nie.

.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 02/09/2026 - 13:02

Om die Kruger Wildtuin te besoek is jy gewaarborg om olifante te sien. Tydens ons besoek van 10 dae het ons getel tot by 406 van hulle en toe maar moed opgegee om nog verder te tel.

Kyk hoe kyk hierdie een vir ons !

.

0
Pretoria

Geert

Thu, 03/09/2026 - 12:33

Baie mooi foto's en het die vertellinge by elkeen baie geniet. Ja, Zebras is pragtig om af te neem. Ek kyk soms deur die verkyker na hulle, al is hul naby....dan sien mens ekstra mooi hoe pragtig daai strepe is.

Ons noem die Waterbokke Toiletboude. My vrou is mal oor Waterbokke. Sy het oral in die winkels gekyk of hulle n fluffy toy het van  n Waterbok, maar kon nie kry nie

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/09/2026 - 14:25

...jy moet'n goeie kamera en zoom lens hê om daai olifant oog foto te kon neem. Wat gebruik jy??

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 03/09/2026 - 14:38

Ek ken die terms kringgat of teikenhol. Dit in my Tzaneen-dae gehoor.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 03/09/2026 - 15:12

............ek het 'n Canon EOS1100D kamera, doodgewoon met 'n zoomlens 18-55mm.  Dan het ek ook nog 'n Canon zoomlens 75-300mm wat ek as my telefotolens gebruik.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus