Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bygelowig Geert - Ballito Geert -14 minutes ago
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -3 hours ago
12 dae Geert - Ballito Geert -5 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -5 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -8 hours ago

Geert - Ballito

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Ek het maar nuwe draad begin waar ek in toekoms Ballito kuiers gaan deel

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 03/09/2026 - 11:51

Hallo Geert !

Dankie vir die pragtige video met dolfyne wat saam met die boot swem.

Ek verwonder my altyd oor groot swerms voëls wat saamvlieg sonder om inmekaar vas te vlieg,  En hier sien ons dolfyne wat bymekaar swem en feitlik gelyktydig na bo kom en dan weer afduik, sonder om in mekaar vas te swem en dit nogal teen minstens dieselfde spoed as wat die boot vaar !

Terwyl ek so na die dolfyne kyk word ek sommer ook seesiek as ek na die golwe om die boot kyk. Ek sal maar van die kant af met 'n verkyker dolfyne se geswem geniet !

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 04/09/2026 - 07:13

Kan Durban sien vanaf balkon. Die geboue regs agter boom is Umhlanga. 

Jammer....ek sien forum verminder kwaliteit baie van fotoballito

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 04/09/2026 - 09:15

Laaste foto: Lyk taamlik dik bewolk. Gelukkig staan die bome nog regop wat miskien 'n teken is van min wind??

Foto detail: toemaar, met bietjie verbeelding is ons ook daar en kan alles sien - selfs die see ruik.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 04/09/2026 - 12:05

Ja, gisteraand het wind skielik verwoed begin waai. Ek sien selfs die vliegtuie hier het paar draaie moes vlieg om te land. Vandag nie baie plesierig vir strand sit nie

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 04/09/2026 - 12:22

Aangesien weer nie ideaal is vir strand sit nie, braai ons maar hotdogs op elektriese braaier. 

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 04/09/2026 - 14:27

Geert.  Dit is hoe jy vakansie hou.  En ek geniet ook so nou en dan n glasie klippies.  Ek neem aan dit si klippies en coke.  Mooi man.

Daardie blikke sous rek ek altyd.  Braai eers n ui, dan voeg ek greenpeppers en garlick by en dan die blikke.  Dit moet lank vat want ons wil mos n koue ook geniet.

Geniet dit.

Weermag wessel - bly hulle het ook diesel om rond te vaar.

Lekker naweek almal.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 05/09/2026 - 09:50

Gisteraand heelwat reen gehad. Ons kon nie braai nie....het toe iets gaan eet by La Montagne oorkant die pad. Lekker gesellig gewees met lewindige vermaak. Ons wil vanaand die rugby gaan kyk by Mozambik. Bewolkte weer is ook mooi son opkoms

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 05/09/2026 - 10:42

Geniet die laaste voldag van julle wegbreek. Ons hou duimvas vir die Bokke vandag. Ek sal nou nie moeite doen om Mosambiek toe te gaan vir die wedstryd nie - ek gaan sommer hier by Ursinialaan 26 in Kleinmond kyk.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 05/09/2026 - 16:43

die verbyvlug-dough nutlaugh Tipies SA - ons sal dit máák gebeur.

Hou duim vas vir 'n wen.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sat, 05/09/2026 - 20:43

Julle is awasome.  Donuts en Zoo koekies.

Ai maar ek was gestress toe trek ons dit deur.

Onthou ek haat n NZ en hulle ondersteuenrsssss

Mooi naweek verder.

Geert, wat het jy op VARKNEK gesit. 

Ek wil more kinders bederk met n COBB n vark nek.

Lekker aand almal.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 05/09/2026 - 20:51

Daai2 manne op FNB stadion met hul pilot klere was vir my classic  ...lekker gelag

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 06/09/2026 - 07:34

Vandag gaan ons swaar van die see afskeid moet neem. Weereens die week agtergekom hoe vrek lief ek is vir die see. Gaan die oggend koffies op die balkon mis met die mooi son opkomste. Walvisse en dolfyne wat daagliks hul verskyning maak. Wandelinge langs die see.....en...en....en. Uber kom haal ons eers na 5 vanmiddag, ons vlug is eers 21h30. Ek kom bittermin hierdie tyd van die jaar see toe en was baie verras om te sien hoe baie walvisse hier te sien is. Ek oordryf nie as ek sê ons het ten minste 5x per dag die walvisse gesien nie. Veral as die see rustig is, sien mens hul baie maklik. 

Terwyl ek hier tik, het hierdie dolfyne verby geswem.....seker kom groet

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 06/09/2026 - 21:41

Ons vlug is vertraag....lyk of ons eers hier by 23h00 gaan vlieg. Baie vlugte omgedraai oor slegte weer. Lyk op flightradar24.com dat dit by Drakensberg omgewing kan wees. Van die vlugte is met 4-5 ure vertraag

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus