Goeiedag Almal.
Laat weet asseblief op hierdie draad indien julle enige probleme ervaar of dinge raasksien wat verander het of funksies wat nie meer toegangbaar is nie.
Dankie!
Goeiedag Lede. EK het…
Goeiedag Lede. EK het gestoei vandag om van 9.5 na 10.6 te beweeg. Jammer vir die ongerief. Daar is nog 'n paar probleempies wat reggestel moet word.
Voortrekker....
...jou moeite word voorwaar waardeer. Ek is seker dat almal te bly is dat jy die forum webblad deurgetrek het.
Wessel ons is amper daar. …
Wessel ons is amper daar. Ek moes die CKEditor (waarin ons insette plaas) ook opgraddeer en daar was 'n paar haakplekke. Nou is ek onder druk om al die knoppies en goed terug te kry sodat Rona 'n kappie op sy e's kan sit. Anders is ek weer in die moeilikheid.
Voortrekker....
....ek kla met werkende forum onder die arm----die groen keleur werk nie lekker op oge. Kan jy dit lekker blou kleur maak, of titsel donkerder groen??
Neef kla nie oor die groen…
Neef kla nie oor die groen nie. Lekker sag op die oog. Om eerlik te wees dit nie eers opgemerk nie! En die " Is dit Halvitia" font. Halvitia klink soos n gesellin wat in Pompei ge- operate het. En daar is die duiwel gesiggie weg.
Lede aanlyn....
se name lees ook weer reg - elk op sy eie lyntjie. Moet asb nie weer daaraan torring nie - ek wou al my naam verander☺️
Oorspronklike skrif is ook weer terug👏. Vloeiender op die oog? Dink so.
Privaat Boodskap Opsie
Ek het al 'n hele klompie toets privaat boodskappe uitgestuur marr dit lyk vir niemand wil terug antwoord nie. Privaat boodskappe kan nou gestuur word d.m.v die lid se profiel. Kliek op se naam en by sy profiel sal daar 'n mooi grooot groen opsie wees om 'n privaat boodskap te stuur.

As jy 'n boodskap kry sal daar 'n notification bo aan vertoon soos die prentjie hierbo wys.







Skrif
Ek het anders gedink oor die nuwe skrif (font). Wat ons nou het - waarskynlik iets soos Helvetica Extra Light - lees vir my moeilik vergeleke met die skrif wat nog vir tik-formaat gebruik word. Miskien is ek maar die enigste wat hou van meer krulletjies en draaitjies. ??
Steeds die nuwe formaat Helvetica (of enige 'plain' skrif) dalk net Medium i.p.v. Light?