6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -33 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -10 hours ago

Vakansiebeplanning 2026/27

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Wie het almal iets op beplanning vir die res van dié jaar en/of volgende jaar?

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 15/08/2026 - 10:44

... nadat Ralie gisteraand se 'Safari Roetes' van Petri de Wet gekyk het - daar waar hulle in die Kalahari-duine 'jol' - het sy daar en dan besluit dat ek maar kan vergeet daarvan dat sy sal saamry op die Leeudril 4x4 roete wanneer ons Oktober Kgalagadi toe gaan. Sy is nie een vir 4x4 nie - en ek dink nog minder saam met my na die Atlantis-duine episode. Dit lyk al hoe meer of die Hilux eers in Maart op Hentiesbaai se strande deur sy 4x4 passies gesit sal word. Dit is per slot van sake die hoofrede waarom die 2.8 vir die 2.4 moes plekmaak.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/08/2026 - 11:46

Geagte mnr Boucher, u lees alweer meer in my insette, as wat daar geskryf staan.laugh Eintlik is ek net jaloers.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/08/2026 - 11:53

Vertel meer van die roete, is dit [sand] duine ry, of erg klipperig of net vreeslik sinkplaat.

Ek kry nie die roete op my Kgalagadi kaart nie. Die kleur indelings/sleutel help my nie veel nie.

Praat jy van die 13km paadjie net bokant Twee Revieren, tussen Houmoed en Leeuwdril watergate??

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 15/08/2026 - 14:29

Dit is jammer dat die Wildehont nie meer hier deelneem nie. Hy's die een wat meer daarvan kan vertel en wat dit vir my aanbeveel het.

Wessel ek glo jy is waarskynlik reg met jou aanname hierbo. Dit word op Sanparke se web aangedui dat dit 'n totale afstand van 13.2 km beloop. Die totale afstand vanaf Twee Rivieren en weer terug is 50 km. Dit is 'n eenrigting roete wat begin by Leeuwdril-suiping en eindig by by die uitkykpunt net noord van Houmoed-suiping. Dit gaan o.a. verby die Gemsbok-suiping in die duine.

Die aanbevelings is dat jou bande afgeblaas word tot 1.2 bar en dat jy ten alle tye in lae-bestek 4x4 moet ry.

Die blote feit dat die pad deur die duine loop en die Nossob en Auob met mekaar verbind, laat my dink dat dit uit en uit 'n sandpad is.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 15/08/2026 - 15:14

....Ralie sal saamry. Dis 'n duine sand pad. Daar is 'n groot verskil in "jol" op die duine en net in laestrek kruie op 'n sanderige pad.

Sjoe man, daar gaan letterlik vir julle baie roetes "oop" met die 4x4 Hilux, dis mos nie 'n bakkie nie!!!laugh

Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/08/2026 - 19:19

Ek het vanmiddag so bietjie om my vriend se 5-deur Jimny gestap en met arms gerek om bo-op die dak by te kom, asof ek iets wil aftel/oplaai.

Hoewel joune 'n leertjie op die stert het, dink ek julle moet daai tipiese trappie vir karavaandeure aanskaf. Dit behoort net daai hoogte te gee om van die sykante bo die dakrak by te kom, by die voorruit kant.

Anders moet jy hande viervoet daklangs van agter kruip. Nie goed vir die kniege nie. laughwink .  

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 17/08/2026 - 12:22

Weet nie hoe lank jy is of jou vriend se Jimny ander suspensie het nie maar ek kom gemaklik bo op die dak by en ek is 1.85m. 

Die leer is meer om 'n rak op vas te sit vir 'n waterkan of dalk brandstof. Oorweeg dit nog of ek die huidige 40l brandstoftenk met groter een moet vervang. 

Ons het voorheen in Namibië ekstra draaie gery om brandstof te kry vir ons besoek by die kinders. Hulle plaas is 100km van die dorp af met 80km sandpad. 

Afstande in Namibië tussen dorpe is groot.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 17/08/2026 - 12:30

... Wessel is maar 'n ou kortgatjie. Jy moet hom sien in Grompie - net 'n ou laphoedjie wat bokant die stuurwiel uitsteek.devil

Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/08/2026 - 12:53

...daar het Chris B jou geantwoord. So 'n ou kort-wipgat knapie met laphoedjie om lengte by te sit.laughlaugh

Jan vergelyk onkoste van ander[groter] tenk teen koste en volume inhoud van 2 jerrykanne.  Twee kanne op die dak is klaar 40l ekstra. Dit karwei jy net saam op en na lang en afgeleë plekke. Anders kort om huis los jy dit in garage.

Dit is natuurlik baie meer gerieflik en skoner om groot tenk permanent te hê. Dit voorkom die gesukkel om kanne van dak af te tel en in te gooi.

Ek het mos in Mokala die rubbertuit van die kan in Grompie se keelgat laat afglip. Wat 'n gesukkel!!! 

Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 09/10/2026 - 05:48

Omdat ons by die Suzuki toere se jaarlikse program aangesluit het kry ons nogal baie sulke spesiale geborgde toere. 

Suzuki SA betaal selfs vir die Jimny Kaapenaars wat die byeenkoms in die Laeveld bywoon se oornag kamp tariewe by Gariepdam. 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 09/10/2026 - 06:45

Jan, ek wonder oor die 100de Jimny's op dieselfde toer? Een hengse lang konvooi.Neef is van die wat glo " Two is company and three is a crowd".  Ek was een keer op n KTM rally raid, en dit was heel aangenaam, behalwe die foto sessies. Dan staan ons so, en hulle neem iit die lug af, net om weer oor te doen want een hardekop staan aan die regterkant van sy motorfiets staan ipv links. 🤣 

Pretoria

Geert

Fri, 09/10/2026 - 07:04

Dan staan ons so, en hulle neem iit die lug af, net om weer oor te doen want een hardekop staan aan die regterkant van sy motorfiets staan ipv links. 🤣 

Miskien moes hulle hierdie Jimny foto ook oorgeneem het, want die wit Jimny heelvoor aan foto se passasiers deur is nie oop nie🤣

Brits

Wessel Strydom

Fri, 09/10/2026 - 09:13

...sommer om te terg, Suzuki sal meer as 1 aand se oorslaap moet borg!!! Jimny's gaan dit nie in 2 dae maak uit die Kaap tot in Nelspruit nie. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus