6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -39 minutes ago
Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -48 minutes ago
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -4 hours ago

Forum Herstel en terugvoering

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiedag Almal.

Laat weet asseblief op hierdie draad indien julle enige probleme ervaar of dinge raasksien wat verander het of funksies wat nie meer toegangbaar is nie.

Dankie!

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 06/10/2026 - 09:30

Ek het anders gedink oor die nuwe skrif (font). Wat ons nou het - waarskynlik iets soos Helvetica Extra Light - lees vir my moeilik vergeleke met die skrif wat nog vir tik-formaat gebruik word. Miskien is ek maar die enigste wat hou van meer krulletjies en draaitjies. ??

Steeds die nuwe formaat Helvetica (of enige 'plain' skrif) dalk net Medium i.p.v. Light?

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/10/2026 - 10:11

Stem saam, iets pla met skrif. As ek 'n inset tik, is dit 'n sekere lettertipe en donker.

As dit later vertoon word, is die teks anders net 'n skakering te lig vir my oge.

Ten minste kan ons geselslaugh

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 06/10/2026 - 20:27

laughlaugh Nie net vetter letters nie, sommer ook grooot - nog een stap verder en ek het nie meer 'n bril nodig nie. Lees makliker, dankie.

Centurion

Voortrekker

Wed, 07/10/2026 - 16:06

Goeiedag Lede.    EK het gestoei vandag om van 9.5 na 10.6 te beweeg.  Jammer vir die ongerief.   Daar is nog 'n paar probleempies wat reggestel moet word.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/10/2026 - 16:36

...jou moeite word voorwaar waardeer. Ek is seker dat almal te bly is dat jy die forum webblad deurgetrek het. 

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 07/10/2026 - 16:52

Wessel ons is amper daar.   Ek moes die CKEditor (waarin ons insette plaas) ook opgraddeer en daar was 'n paar haakplekke.  Nou is ek onder druk om al die knoppies en goed terug te kry sodat Rona 'n kappie op sy e's kan sit.  Anders is ek weer in die moeilikheid.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/10/2026 - 16:55

....ek kla met werkende forum onder die arm----die groen keleur werk nie lekker op oge. Kan jy dit lekker blou kleur maak, of titsel donkerder groen??   

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 07/10/2026 - 17:49

Neef kla nie oor die groen nie. Lekker sag op die oog. Om eerlik te wees dit nie eers opgemerk nie! En die " Is dit Halvitia" font. Halvitia klink soos n gesellin wat in Pompei ge- operate het. En daar is die duiwel gesiggie weg.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 07/10/2026 - 22:15

se name lees ook weer reg - elk op sy eie lyntjie. Moet asb nie weer daaraan torring nie - ek wou al my naam verander☺️

Oorspronklike skrif is ook weer terug👏. Vloeiender op die oog? Dink so.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/10/2026 - 22:21

wou soek vir die vorige stoutgat [duiweltjie] gesiggie, maar nee wat, die keuse is nou te groot.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 07/10/2026 - 22:47

Daar is 'n soekblokkie bo-aan die emojis, maar stem saam dat dit langer neem om iets te kry. Indien mens geduldig is maak die groot verskeidenheid dit darem interessanter. Miskien moet ons net daaraan gewoond raak. ??

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus