Goeiedag Almal.
Laat weet asseblief op hierdie draad indien julle enige probleme ervaar of dinge raasksien wat verander het of funksies wat nie meer toegangbaar is nie.
Dankie!
Goeiedag Lede. EK het…
Goeiedag Lede. EK het gestoei vandag om van 9.5 na 10.6 te beweeg. Jammer vir die ongerief. Daar is nog 'n paar probleempies wat reggestel moet word.
Voortrekker....
...jou moeite word voorwaar waardeer. Ek is seker dat almal te bly is dat jy die forum webblad deurgetrek het.
Wessel ons is amper daar. …
Wessel ons is amper daar. Ek moes die CKEditor (waarin ons insette plaas) ook opgraddeer en daar was 'n paar haakplekke. Nou is ek onder druk om al die knoppies en goed terug te kry sodat Rona 'n kappie op sy e's kan sit. Anders is ek weer in die moeilikheid.
Voortrekker....
....ek kla met werkende forum onder die arm----die groen keleur werk nie lekker op oge. Kan jy dit lekker blou kleur maak, of titsel donkerder groen??
Neef kla nie oor die groen…
Neef kla nie oor die groen nie. Lekker sag op die oog. Om eerlik te wees dit nie eers opgemerk nie! En die " Is dit Halvitia" font. Halvitia klink soos n gesellin wat in Pompei ge- operate het. En daar is die duiwel gesiggie weg.
Lede aanlyn....
se name lees ook weer reg - elk op sy eie lyntjie. Moet asb nie weer daaraan torring nie - ek wou al my naam verander☺️
Oorspronklike skrif is ook weer terug👏. Vloeiender op die oog? Dink so.
Privaat Boodskap Opsie
Ek het al 'n hele klompie toets privaat boodskappe uitgestuur maar dit lyk vir my niemand wil terug antwoord nie. Privaat boodskappe kan nou gestuur word d.m.v die lid se profiel. Kliek op lid se naam en by sy profiel sal daar 'n mooi groot groen opsie wees om 'n privaat boodskap te stuur.

As jy 'n boodskap kry sal daar 'n notification bo aan vertoon soos die prentjie hierbo wys.


Het die rooi kadotjie gesien…
Het die rooi kadotjie gesien. Nou weet ek ook. Boodskap gestuur Voortrekker.
Privaat boodskap
Nice die privaat boodskap funksie. Ek sit nou so en dink....ek het seker 90% van aktiewe lede se selfoon nommers.
Ek het 'n vragie.... Sal…
Ek het 'n vragie.... Sal julle verkies om 'n epos te ontvang wanneer iemand 'n privaat boodskap stuur?
Antwoord op jou vraag
Sal dit 'n verskil maak aan die forum se inhoud?
Ek lees my epos nie veel meer as 1x per dag nie terwyl ek heelwat tyd op die forum omkuier. Ons hoor wat ander dink, maar ek verkies die forumblad opsie.
Weetie
Vir my persoonlik is dit epos . Hoekom, ek was al in gesprekke met ons kampmaters oor heeltemal nie- kampverwante onderwerpe. Dit saleienaardig voel om die forum platform vir nie ter sake gesprekke te gebruik. ??
Vir kamp onderwerpe vra ek op die forum dan is dit vir almal se inset en deelname.
Wat ek bedoel is dit: As…
Wat ek bedoel is dit: As iemand 'n privaat boodskap stuur, wil julle graag 'n epos ontvang wat aandui dat daar 'n boodksap op die forum wag?





Skrif
Ek het anders gedink oor die nuwe skrif (font). Wat ons nou het - waarskynlik iets soos Helvetica Extra Light - lees vir my moeilik vergeleke met die skrif wat nog vir tik-formaat gebruik word. Miskien is ek maar die enigste wat hou van meer krulletjies en draaitjies. ??
Steeds die nuwe formaat Helvetica (of enige 'plain' skrif) dalk net Medium i.p.v. Light?