Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -34 minutes ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -5 hours ago

Dinokeng Camp and Leisure Lodge

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ons het afgelope naweek weer gaan inloer by een van ons gunstelinge. Ons het dit sommer n lang naweek gemaak...Donderdag vertrek en Maandag terug gekom. Ons het op een van hulle nuwe privaat ablusie staanplekke gestaan. Die warmwater swembad is nou ook onderdak en is toegebou. Fasiltiete sois gewoonlik alles baie netjies en skoon

Pretoria

Geert

Fri, 25/09/2026 - 06:40

Ons het gisteraand n plankie steak braai gehou om Nasionale Braai dag te vier

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/09/2026 - 09:57

....daai snyplank lyk gaarder as die steak.  Ek raai daai skywe steak is weer terug kole toedevil

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 25/09/2026 - 10:48

Ek het dit ook dieselfde kyk as Wessel gegee. Maar nou ja - smaak verskil. Persoonlik soek ek dit net so 'n bietjie gaarder - steeds pienkerig in die middel.

En dan lyk daai pad vir my maar moers stowwerig?? Maar dit lyk na 'n bakgat kampeerterrein.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/10/2026 - 11:59

Ons gaan Desember die jaar vir 10 dae daar kamp, my dogter-hulle gaan ook saam.

Met die soek na kamp plekke vir Desember het ek op twee pryse af gekom. een sê R820.00 en ander webblad wys R600 per nag, nou wonder ek, is daar twee oorde?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/10/2026 - 13:22

...is letterlik legio!!! Te veel om op te noem. ek ken slegs van Willemsrus en Almega. Daar is baie kampe binne die groter dinokeng, gaan op google maps, vergroot en die name sal opkom.

Ongelukkig is baie slegs bereikbaar met 'n grondpad De Wagendrift, wat meestal ongeskik [geskud] vir 'n padwa is. Ander oorde is regte boskampies, sonder elektrisiteit.

Na Almega is dit heelpad teerpad. 

Geert sal moet help, hy ken Dinokeng soos palm van sy hand.

Ek hoop nie julle is te laat om te bespreek nie.  

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/10/2026 - 13:55

Nee gelukkig het ons reeds bespreek, ek is net verward met die (twee) oord pryse. Dinokeng en Dinokeng Camp & Leasure, indien dit wel twee verskillende oorde js?

0
Pretoria

Geert

Mon, 12/10/2026 - 14:04

Dinokeng Resort is die oord met al die groot supertubes. Hulle privaat ablusie staanplekke oor Desember is R1100 per nag en R820 per nag vir gemeenskaplike ablusies. 

Die plek hierbo waar ons nou was is Dinokeng Camp and Leisure Lodge. Hulle gemeenskaplike ablusie staanplekke is R600 n nag oor Desember en privaat ablusie R700.

So die tariewe wat julle het is vir gemeenskaplike ablusies. Julle moet net seker maak julle bespreek by die regte plek. Ek dink jul kinders praat hier van Dinokeng Resort....kinders hou van daai supertubes

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 12/10/2026 - 16:41

Baie dankie, ek was verbaas oor die prys verskil👍

0
Pretoria

Geert

Mon, 12/10/2026 - 16:54

Ja Johann...mense betaal baie vir entertainment. R820 is eintlik heel billik....vriende van ons het plek gekry by ATKV Buffelspoort onder daai skadunette anderkant die rivier....R1670 n nag...oord is vol

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus