6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
8 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 minutes ago
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago

Uncle Bob and his personal little country.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Hierdie het jare gelede gebeur, toe Monica Lewenski nog hande viervoet in die Ovaal kantoor rondgekruip het en allerande goed in haar mond gedruk het.

Nou ja in daai tyd nooi Bob toe vir Bill Clinton en die Pous uit vir 'n visvang trippie op sy boot daar op Kariba meer.

Man dit gaan te lekker [Bill het maar terwille van die pous vir Monica by die wit huis gelos] die manne gesels kopstukke en vertel die vreeslikste grappe, almal natuurlik skoon.

Toe gebeur die ding in die middel van die dam en die boot begin lek, en vinnig ook, die drie skarrel rond maar daar is net een reddings baaidjie op die boot.

Bill reken toe hy moet die baaidjie kry aangesien hy die leier van die magtigste land in die wereld is.

Die Pous reken aikona, hy is die leier van die grootste Christelike kerk in die wereld so hy moet gered word.

Oom bob lag so lekker uit sy maag uit en se "This just show the ignorance of the white people. This land Zimbabwe is mine, this lake Kariba is mine, this boat is mine, so it stand to reason that the life jacket is mine!"

Anyway, hulle stry en stry en die drie besluit om 'n geheime stemmery te he.

Ja Oom Bob wen toe die verkiesing met 5 teen 2!!!

Waar my wa staan

Arie

Mon, 08/01/2018 - 08:37

Antie, Freda, hulle was net drie mense op die boot - Bob, Bill en die Pous.

Met die tel van die stem briefies was daar 5 vir Bob, een vir Bill en een vir die Pous, met ander woorde daar was 7 stembriewe.

Dit is tipies hoe 'n demokratiese en vrye verkiesing in Afrika werk, daar is gewoonlik meer stemme as inwoners van die land.

Net na onafhanklikheid in Zim, stel hulle toe 'n nuwe staats lottery in werking, raai wie wen toe die 1 ste prys, in 'n ge-ouditte trekking, Ja jy's reg niemand anders as Oom Bob nie, darem baie toevallig ne.

Die prys word toe ook nie vir liefdadigheid of so iets geskenk nie, nee direk in sy persoonlike rekening in.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 08/01/2018 - 09:13

Ooo, ek sien.laugh   Dit was maar net 'n gewone skelmstreek.   Ek dog daar is een of ander catch.

Ek wonder hoe gaan dit nou met ou Robert.  Ek voorspel sy vrou gaan hom nou verstoot, nou dat hy nie meer die toutjies trek nie.  Of sy sal maar vasklou en hoop hy hou nie meer te lank nie, sodat sy lekker kan erf.   

0
Meyerton

Segekok

Mon, 08/01/2018 - 09:29

Ek sien daar word nou vrae gevra oor haar PHD.....  

Ondersoek word ingestel na die seuns vir bedrog en die onwettige handel in goud en die Twee RR wat hulle ingevoer het.

Daar is ook n klompie vrae wat gevra word ood die melkplaas van Grace ( nou verstaan ek beter hoekom die Zuptas in Vrede ook n ou Melkplasie het....  als word gemelk behalwe die koeie......

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 08/01/2018 - 11:31

Blykbaar gaan die nuwe regering beslag le op 13 van Bob se 14 plase, die 13 sal dan opgeveil word om die staatskas weer so bietjie aan te vul.

Vrae oor Grace se Phd, dit is blykbaar aan haar toegeken 3 maande nadat sy ingeskryf het by die universiteit.

Hele paar van Bob se ministers word nou voor die hof gedaag op korupsie aanklagtes, so 6 van hulle het al 'n paar nagte in die tronk deurgebring en is nou uit op borg.

So draai die wiel darem ne?

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 08/01/2018 - 12:04

Oom Vleisballetjies, stem dit is 'n pragtige land met pragtige mense, dis hoekom ek my vroutjie van daar af ingevoer het.

Soos jy se as mens net weer die valle, Kariba, Mana pools, Vumba kan besoek sonder korupte amptenare wat hul bes doen om dit vir jou ongemaklik te maak!

Daai plekke is eintlik onbeskryflik en geen foto of video kan reg laat geskied aan daai natuurskoon nie!

Dan moet ek ook byvoeg dat ek nog altyd geniet het om deut Malawi te ry en te kamp so al om die meer te kamp en dan te ry na die Zomba Plateu, asemrowend mooi!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 08/01/2018 - 16:22

En hier is die huisboot op Kariba waar ou Bob, Bill en die Pous gekuier het, snoesig vasgemeer om te oornag by Tiger Bay, langs die Matusadona National Park :-

.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 08/01/2018 - 17:48

Ai Len hoe verlang ek weer terug na daai groot dam.

Ons was gelukig genoeg om een keer vir 'n week op"Lobels" se huis boot te gaan ontspan, lekker groot luukse boot gewees. elke dag gevaar en sonsondergang erens anker gegooi vir die nag.

Kyk daai ouens kon mens treat hoor, van die beste kos en oor as genoeg drank, alles op die huis of sal ek se op die boot. Die boot het selfs n swembad en 'n borrel bad op gehad.

Ai was darem lekker jare!

0
Meyerton

Segekok

Tue, 09/01/2018 - 15:22

Hier is so n stukkie inligting wat so tussen die RSG en talk Radio 702 verby geglip het.

 

Harare – Zanu-PF youth leader Magura Charumbira, who made headlines in November after he booed former first lady Grace Mugabe during a Bulawayo interface rally has reportedly died.

According to New Zimbabwe.com, officials confirmed that Charumbira died on Monday morning "after his car crashed into a stationary lorry along the Harare-Bulawayo road near Norton", 40km outside the capital.

https://www.news24.com/A…

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus