Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -4 hours ago

Hoërskool Overvaal Vereenigning

Port Elizabeth
Submitted by VW on
Forums

Snaaks niemand se niks oor die storie nie.. 

Dit is skokkend hoe daar teen Afrikaans oop en bloot uitgevaar word.

Als n politieke agenda - met die doel om ons taal te vernietig. Ons almal weet dus hoe dit begin, 10 jaar later sal daai skool in sy moer wees.

Dat mense so kan aangaan, regtig, waarheen gaan die land??

My seun het gister Graad 1 begin by n enkel medium Afrikaanse skool, en ek sidder om te dink dat as so iets by sy skool moes gebeur.

Centurion

Voortrekker

Thu, 18/01/2018 - 09:12

Hi VW, ja dit is belaglik.   By watter skool het jou seun gister graad 1 begin?

Ons was gisteraand by die ouer inligtings aand, en die Hoof het die onderwerp van Afrikaans in skole ernstig aangeraak, aangesien Laerskool Swartkop ook Afrikaans is.  

0
Meyerton

Segekok

Thu, 18/01/2018 - 09:26

Hier gaan ek nou n ding in die bos gooi.....

Waarom wil ons Afrikaanse skole beskerm ten koste van ander tale ?  Of gaan dit dalk oor die kleur soos wat die EFF en die ANC beweer..?

 

 

0
Port Elizabeth

VW

Thu, 18/01/2018 - 09:42

Segekok

Vir my is dit eenvoudig om jou vraag te beantwoord.

As ek my kind by n engelse skool wil laat skool gaan, dan het ek die reg om dit te doen en baie skole in PE om van te kies. My keuse was om my kind in n Afrikaanse skool te laat skoolgaan waar daaglikse Godsdiens nog deel van die skool aktiwiteite is.

Kom ons draai dit om: Hoekom sal ek my kind by n enkel medium engelse skool wil gaan insit en daarop aandring dat hy in Afrikaans onderig word, terwyl daar goeie Afrikaanse skole is wat dit kan doen? Geen persoon wat reg dink sal mos so iets wil doen nie, hoekom sou jy wou?

Ek dink nie dus n kleur issue nie, dit word wel n kleur issue nou gemaak.

Terug by Overvaal - 3 ander skole in dieselfde omgewing, Engelse skole het plek vir die leerders, skole waar wit kinders ook is, maar ouers wil NIE die kinders daar sit nie, nou vra ek hoekom? Hoekom wil hulle forseer om die kinders by die Afrikaanse skool te sit? Dus mos n aanval op ons taal.

Wat sal gebeur as ek of n ander Afrikaans sprekende forseer om ons kinders in n Xhosa skool te sit en aand te dring op onderig in Afrikaans, dit sal nie eers die plaaslike koerant haal nie...

0
Meyerton

Segekok

Thu, 18/01/2018 - 10:16

1.  Godsdiens hoort nie in skole nie.  Dit is elke ouer se plig  die godsdiens van sy keuse by die huis en kerk te beoefen. Dit geld ook vir kultuur. 

2. Om jou kind in n enkel medium skool te plaas, neem jy van hom die reg om te besluit weg jy verplig hom om die taal van jou keuse te gebruik,  die aanleer van die verskillende kulture , ( ek praat hier net van Engels en Afrikaans.) Ek was baie gelukkig in die sin dat ek nie in n enkel medium skool was nie, maar dat ek  7 van my 9 vakke om die beurt in Afrikaans en Engels aangebied is. 

3. Maak nie saak hoe jy na die saak kyk nie, die Afrikaner ( blank) is nie meer in beheer nie en kan daar dus nie verwag word dat die minderheid se voorkeure afgedwing kan word nie.

Die skole waarvan ons hier praat is almal staat skole. Daar is natuurlik ander opsies as die betrokke stelsels nie vir iemand aanvaarbaar is nie.  Baie mense het die land verlaat, ander maak gebruik van privaat skole en ander weer doen tuis onderrig.

 

Ek glo ook nie dat dit wat by skole vir kinders geleer word nog relevant is in die samelewing soos dit vandag is nie.

Dieselfde geld vir Universiteite. Suid-Afrika gaan binnekort die land wees met die grootste getal gegradueerde werkloses. 

 

   

0
Port Elizabeth

VW

Thu, 18/01/2018 - 11:05

Ek verskil van jou met punt 1, maar ons mag mos maar.

Op punt 2, n kind is nog n kind op 6, wat se reg het hy om te besluit op daai ouderdom in watter taal hy wil onderig word? Hy is n 6 jarige wat meer oor speel gepla is as iets anders. Dus waarom ons ouers is om sekere besluite namens ons kinders te neem en hulle groot te maak. Waneer n kind groot genoeg is om te verstaan waaroor die lewe gaan, dan kan hy sy eie besluite neem of sy opinie te besluit neming rig. 

Ons is nie meer in beheer nie, maar dit beteken nie alles van ons moet van die aarde afgevee word en ons moet net dit aanvaar nie. Die wat in beheer is, wil net brand as hul nie hul sin kry nie. Ek staan by my punt dat dit n politieke aanval teen Afrikaans is, omdat daar wel plek vir die leerders is baie 3 engelse skole in die omgewing, nie ver weg township skole nie. Ek verneem nou dat daar gedreig word om die skool af te brand... Ai ai wat kan ek se

Die skool waar my seun is, is ook n staat skool, maar ek kan vir jou se dat as sy skool net afhanklik is van die staat se hulp, hy al lankal onder deur sou wees. Skoolfondse wat hoog is, en wat betaal word, fonds insamelings ens sorg dat die skool 8 onderwysers se salarise uit hul sak uit kan betaal, 8 ekstra wat die staat nie voor betaal nie, algemene instandhouding ens, ek kan aangaan. Die staat skole in die townships lyk nie verniet soos hulle lyk nie, hulle lyk so omdat hulle SLEGS afhanklik is van staat fondse, bitter min of geen ouer betrokkenheid nie die bitter laag skoolfonde wat nie betaal word nie want alles moet mos vernuut wees. Daar is baie ander  enkel meduim Afrikaanse skole, wat staat skole is,  hulle almal word in stand gehou, opgebou en trots aan die gang gehou en bestuur deur die ouers en beheer ligame.

 

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 18/01/2018 - 11:17

Sien so pas op Maroela media dat die agbare minister besluit het dat daar te veel akademise skole is en dat daar te veel mense universiteit toe wil gaan. Haar oplossing is tegnise skole en kolleges om vakmanne te produseer.

Terloops by tegniese skole was wiskunde en wetenskap verpligte vakke dus was dit nie "minderwaardige " skole nie. die vakkeuses was net meer beperkend

Hallooooo. In voor 1994 was daar hope tegniese skole talle tegnise kolleges waar die kinders van tegniese skole hulle as ambagsluit kon bekwaam en dan was daar indiensopleiding by al die groot entiteite soos Eskom Yskor munisipaliteite ens ens 

Dit is alles vernietig tot die onderwys en verpleeg kolleges is mee weggedoen. Nou 20 jaar later kry sy die bright idee dat dit die oplossing gaan wees.

Ek self en talle van die kinders wat varsity toe is na skool het maar soms gesukkel met die ingels so saam die klasloop maar sommige vakke en boeke was slegs in engels beskikbaar ja ook by afrikaanse universiteite. Ek dink dubbelmedium kan werk as dit reg toegepas kan word maar aan die ander kant is bewys dat kinders wat in hul moedertaal onderrig ontvang beter doen as die wat nie daai geleentheid het nie.

Dis `n geval van tussen die bottel en label maar ek glo dit moet die ouer se keuse kan wees om te maak

So bly ek het nie meer kinners op skool of varsity nie ...........

Groetnis

0
Meyerton

Segekok

Thu, 18/01/2018 - 11:54

Ons mag verskil en dit is ook goed so. Daar is baie dinge waar volwasse mense hulle sienswyse op kinders afdwing....  Geloof is een van daardie goed.

Met verwysing na die taal van ’n 6 jarige, en die keuses daar om.  ’n baie groot deel van my kinderdae was op ’n plaas. Daar was al die maats wat ongeveer my ouderdom was Zulu sprekend. Die buurplaas se mense was Ingels maar die seun kon ook goed Zulu praat. Die gevolg is dat as ons  saamgespeel het, die voertaal Zulu was. As net ek en hy gespeel het, was dit Ingels Sondae by die kerk het ek Afrikaans gepraat met die dorps kinders. Toe ek skool toe is kon ek reeds Ingels praat en het baie maklik met die Ingelse en die Afrikaanse kinders gespeel en vir my was daar niks snaaks daar aan nie.

Ons het nie meer beheer nie en die beheer wat ons gehad het, was op leuens en gebaseer wat deur die peperkanne , priesters en pastore verkondig is as die waarheid en ons was deur die owerhede geboelie om daardie leuens te glo. Daar is vir sekere groepe sekere voorregte gegee waar dit van ander weer hou is. Die pragtige naam van APARTHEID is daar voorgegee. Nou na al die onreg wat die ander volkere aangedoen is gedurende daardie tyd wil ons nou van daardie mense verwag om ons skole te gee waar ons voort kan gaan daarmee wat ons gehad het.

Dalk het dit tyd geword dat ons ophou deur die sleutelgat loer en met ’n wyer hoek na die lewe kyk.  

Met elke bewinds oorname, vredes ooreenkoms of revolusie gaan ongeveer 50% van kennis verlore en dit als oor die hebsug van ’n paar verwaande mense wat hulle wil op ander wil afdruk. ( dit sluit geloof en politiek in)

Nou wat die toestand van die skole in die “TOWNSHIPS” betref....  Is dit nie maar nog net ’n oorblyfsel van van apartheid nie.  As mens wil geld insamel by die wat nie het nie kan mens seker ook nie verwag om veel in te samel nie. Is dit nie ook so dat ons nou verwag dat daar binne 30 jaar die bestuursvernuf by mense moet wees nadat hulle vir 300 jaar nie dae geleedheid gehad het om daardie vermoëns te leer nie.

Omdat daar geld beskikbaar is vir ekstra onderwysers, is dit dan nou nie juis meer rede tot kommer nie, die wat dit kan bekostig word bevoordeel nie.  ( Onthou die algemene gedagte is dat die wit man ryk is)

0

A school is a facility to educate children....That's all.

It must cater for a defined area.

If there are too many children for a specific area, the government must do what they are paid to do and ensure that infrustructure (in this case schools) is / are adequate to cater for the citizens within the defined area who pay tax.

For whatever reason  you want your child to attend a different school.. Sell and move there.............

As was the case at Overvaal, the schools English capacity would have been exceeded by 55 students and they have every right to refuse to accept anymore English medium students as it negatively impacts on the education of all the other english medium students, who have a right to get the best education for their money.... IE not watered down because the teacher to learner ratios are excessive.

Proper census of the area by the government SHOULD have highlighted the pending problem LONG AGO, and additional resources put into place BEFORE it became a crises

Problem is: -

As we all know the money has been stolen. Thanks to the ANC who "deployed" a currupt and unethical leader.... But that's another whole pooitjie to cook.

And the Education department tried to put a racial spin on it by stating that the governing body of Overvaal "selected" africkaans speaking children, in order to fill up the school with "white"children.

The stupid EFF & related hanger-on's, are simply too thick to unravel the "spin"and go and toy-toy at the deparment of education (and by extention) the Government,

BOLLOCKS!

I agree with Sedge. Cultural elements (and religon is one of the main elements) of a childs upbringing is NOT the responsibility of school it is the responsibility of the parents.

Problem is: -

Parents do not want to take responsibility and participate in the upbringing of their own children.

The whole thing boils down to a bloody inefective government, led by a bunch of thieves who have sold the country into financial slavery....

Rant over.......................

0
Pretoria

Slowstrike

Thu, 18/01/2018 - 12:41

Sjoe 

Ek hoor jou en respekteer jou standpunte. Ongelukkig het die oorgrootte meerderheid nie soos jy grootgeword nie en talle kinders kon geen engels praat of verstaan nie (Wit en anderskleuriges) dus moedertaal is al wat hulle geken het. Sommige of meeste stadsjapies het as kind geen kontak eers met anderkleuriges gehad om blootgestel te kon wees aan dit wat jy kon ervaar het nie. (Weereens wit en anderskleuriges) Ek sal my verstoud en sê `n baie groot gedeelte van alle afrikaanssprekendes en selfs anderskleuriges het eers met die begin van hulle skoolloopbane met engels kennis gemaak.

Sommige van ons het ons nooit skuldig gemaak aan rassisme nie en het nog altyd apartheid veroordeel. Was ons bevoordeel ja dit twyfel ek nie vir `n oomblik nie.

Een ding wat ons nie moet buite rekening laat nie is "emosie" Ongelukkig word baie mense se emosies uitgebuit vir iemand anders voordeel. Dit is wat ek dink hier by die skool gebeur. Daar is verseker `n agenda daaragter.

Die ander emosie is dat elke ouer die beste wil hê vir sy kind en almal weet dat dit by opvoeding (Geleerdheid) begin. Sommige ouers sal alles doen om dit te verwesenlik (Binne perke) natuurlik 

Ek dink lankal dit is nie meer `n gedagte dat alle wit mense ryk is nie inteendeel......

 

Groetnis

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 18/01/2018 - 12:55

Gelukig het ons howe darem die onderwys dept se beslising omver gegooi, nog 'n bewys dat ons howe darem nog onafhanklik is!

Wat die Toy Toy betref dit is maar net die EFF wat weer politieke gewin hier uit wil kry, ten koste van enige logika.

Hulle kry die ongeleterdes aan hulle kant met hulle storietjies, ek dink ons moet dit maar sien in die lig van 'n paar politieke leiers wat dei erg verarmdes gebruik om naam te maak vir hulself.

Ongelukig is dit 'n feit dat apartheid baie mense [meeste] van geleerdheid en geleenthede ontneem het, as jy niks het sal jy baklei om iets te kry, jy het mos niks om te verloor nie.

Ons moet nie almal veroordeel omdat 'n paar oningeligtes opgesweep word en dan toy toy nie.

Oorals in die wereld is dit maar so dat as jy gehalte onderwys wil he moet jy maar na 'n privaat skool gaan.

My kleindogter is nou in graad 9 in 'n privaatskool. Hulle is 'n maksimum van 18 kinders per klas, gemideld 15 en elke klas het 'n onderwyser en ook 'n hulp onderwyser.

Daar is 'n rekenaar saal waar hulle in die middag op internet kan gaan om navorsing te doen vir hul take, daar is altyd onderwysers op diens na skool om te help met huisewerk.

Sowat 60 % van die leerders is anderskleurig, maar daar is nooit enige rasse spaning of rasisme van enige aard nie, dit kos die ouers duur om die kinders daar te laat leer, so hulle duld geen kleinlikheid nie.

NOOIT enige stakings, of toyery nie, en dan die kersie op die koek, alle klas kamers en lokale het lugversorgers in.

0
Meyerton

Segekok

Thu, 18/01/2018 - 13:03

As n skool dubbel medium is beteken dit nie dat die Ingelse kinders in Afrikaans gaan klas loop nie of dat die Afrikaanse kinders nou skielik in Ingels gaan klas draf nie.   

Die beste opvoeding vir kinders begin nie by die skool nie!  Wat is die beste vir n kind?...

As ons nou sou voortgaan met die stelsel van uitsluiting van ander gaan dit dalk vir die kort duur vir die kind ’n voordeel inhou.  Ons geslag suffer nou omdat oom Verword en sy mense juis dit toe afgedwing het...  Was dit vir ons beter?

Die meerderheid van die swart bevolking glo dat die “umlungu”  ryk is.

0
Port Elizabeth

VW

Thu, 18/01/2018 - 13:55

Dubbel medium het engelse en afrikaanse klasse, maw, engelse leerders kry opvoeding in engels as 1ste taal, en afrikaanse leerders opvoeding in afrikaans as 1ste taal. Daar is fasiliteite om dit so te doen.

Enkel medium gee alle onderig net in afrikaans.

Basiese opvoeding en maniere begin by die huis, dus die ouers se plig, vanselfsprekend.

Ek betwyfel ook nie die feit dat sekere rasse baie benadeel was in die verlede nie, dit is n feit.

Maar maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, the crux of the matter soos hulle sal se, hierdie Overvaal storie is uit en uit n politieke bal wat gespeel word om afrikaans aan te val, dit het niks te doen met die leerders wat rerig daar wil skoolgaan nie, dit is om rasse haat aan te jaag deur wit mense as rassiste uit te maak omdat die leerlinge nie by die afrikaanse skool plek kry nie weens geldige redes.

Terloops, het julle geweet dat meerderheid van die 55 leerders nie eers swart is nie?

 

0
Meyerton

Segekok

Thu, 18/01/2018 - 14:42

Dink net hoe n pragtige land hierdie kon wees as daar nie n ek en jy/ ons en hulle, links of regs was nie.  As almal van oom Jan se dae af mekaar kon verdra het. Saam aan die land gebou het en van mekaar kon geleer het.

Weet julle hoe lekker dit is as mens n vreemdeling groet in sy eie taal ...  Daardie verbasing op sy gesig, die respek wat jy kry as gevolg daarvan.  Die diens wat mens kry by die vulstasie as ek met hom in sy eie taal praat  en nie net seg "MAAK VOL" nie ( ok dit gebeur nie meer nie, sê maar net gooi R20.00)

Net n klein bietjie van n taal kan mens al klaar ver bring.

 

 

 

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/01/2018 - 16:11

Deon, ja, ek stem saam met jou dat, om hulle in hul eie taal te groet, verander meestal 'n situasie,  dit is so.

Appartheid moes nooit gegeur het nie, dit is so. 

MAAR, dit het, en dit is in 1994 "verwyder", wat ons nou mee sit, is veel erger, die blankes het NOOIT gemoor nie, ons het NOOIT af gebrand nie, maar op gebou.

As jy luister na die liedere wat die EFF en die ANC,  by Overvaal skool sing, is dit " Down with the boere down, Down with the boere down"

Die deelnemers aan die ge-toytoy en afbreek van als, is JONG swartes wat niks van appatheid weet nie en so paar (een of twee) wit vroue wat dans en opstook.

Ek sien daar is 'n blond in hegtenis geneem met een vet smile op haar gesig en 'n anc hemp aan?

Dit sê vir my dit gaan nie oor appartheid nie, dit gaan oor ons taal en ons kultuur.

Dit maak nou nie saak as die swartmense toytoy en afbrand en moor nie, maar, as 'n blanke boer 'n swartman in 'n kis sit, waarsku dat hy daar moet wegbly, hom dan ongeskonde los, dan gaan hy tot 11 jaar tronk toe.

Jammer ek trap op tone, maar ons moet mos ogs oogklappe afhaal en die bree prentjie sien.

Ek sien geen rede waarom 'n Afrikaanse skool gedwing moet word om 55 Engels sprekendes te akkomodeur met 'n totale verandering in die hele  opset nie. (Die heke ding is geokestreur deur die EFF en die  ANC om Afrikaans te molesteer)

Die UOVS is verdere bewys hiervan, daar mag nie meer in Afrikaans klas gegee word nie. Maar, nou moet die Afrikaanse skool verander.

Niks teen enige persoon hier bedoel nie, ek huldig net my standpunt. 

0
Meyerton

Segekok

Thu, 18/01/2018 - 19:46

Nee Johann ek neem nie so maklik aanstood nie.  Ek is ook gekant teen die afbreek brand en vernietiging van infrastruktuur. Dit is vir my net so hartseer om te sien hoe dinge agteruit gaan. 

Soos ek reeds gesê het.  Dit kon so anders gewees het.....

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 18/01/2018 - 20:30

Dit is net 'n handvol rassiste wat soveel kwaad doen. As ons net in vrede kan leef, en laat leef, sal ons land weer tot sy volle reg kom. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 19/01/2018 - 04:12

Die EFF het al dikwels bewys hulle steur hulle nie aan hofuitsprake en reëls en regulasies nie.  Hul dink hulle kan die gereg in eie hande neem.   Alhoewel daar seker rassisme en 'n anti-Afrikaanse element hier betrokke is, dink ek dit is eerder net weer EFF dwarstrekkery.  Net soos wat hul jongmense opgestook het om in groot getalle by universiteite op te daag en aan te dring op toelating en gratis onderrig.  Hulle gebruik elke moontlike ding om net moeilikheid te maak sover hulle gaan.   Kyk wat het hul veroorsaak by die winkelgroep (H&M ?) en dit oor 'n t-hemp met die woord "monkey" daarop.   Hulle sweep mense op vir enige rede.

My hart het regtig uitgegaan na die leerders wat die dinge moes aanskou toe hul skool na die vakansie oopmaak.  Veral die graad eentjies op hul eerste skooldag.   Siestog.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus