Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -7 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -7 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -11 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -16 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -16 hours ago

Hoërskool Overvaal Vereenigning

Port Elizabeth
Submitted by VW on
Forums

Snaaks niemand se niks oor die storie nie.. 

Dit is skokkend hoe daar teen Afrikaans oop en bloot uitgevaar word.

Als n politieke agenda - met die doel om ons taal te vernietig. Ons almal weet dus hoe dit begin, 10 jaar later sal daai skool in sy moer wees.

Dat mense so kan aangaan, regtig, waarheen gaan die land??

My seun het gister Graad 1 begin by n enkel medium Afrikaanse skool, en ek sidder om te dink dat as so iets by sy skool moes gebeur.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/01/2018 - 05:51

Dit is baie interessant dat aktuele onderwerpe heelwat lewendige gesels-reaksie ontlok op 'n kampverwante forum, nie dat ek daaroor kla nie, want ek hou baie daarvan. Dit is net baie jammer dat kamp-verwante onderwerpe nie dieselfde, lewendige gesels aan die gang kry nie.

Wat die onderwerp ter sprake betref, hier is my opinie :-

  • Ek hou nogal van Segekok se aanslag hieroor en stem saam met sy siening, behalwe vir :-
    • Dit is al vir jare dat ek daarvan bewus is (en ek glo Segekok is ook daarvan bewus) dat ons twee nie dieselfde geloofsoortuigings het nie.  Ek respekteer ten volle sy keuse en het nog nooit met sy keuse gespot of op 'n ligsinninge wyse daarna verwys nie.
    • Ek verwag egter dieselfde behandeling, naamlik dat daar nie op 'n ligsinnige of kras wyse na my geloofsoortuiging verwys word nie, soos byvoorbeeld "..........op leuens gebaseer wat deur die peperkanne , priesters en pastore verkondig is as die waarheid en ons was deur die owerhede geboelie om daardie leuens te glo. " 
    • Dit is dan die rede hoekom godsdiens onderwerpe op die meerderheid forums verbied word, terwyl hierdie forum daarop steun dat sodanige onderwerpe met die nodige sensitiwiteit behandel sal word.
    • Sou ek té sensitief hieroor wees, vra ek by voorbaat om verskoning.
  • Wat die Overvaal-storie aanbetref :-
    • Die onaanvaarbare geweldadige betoging en dreigemente deur die EFF moet na my mening in die volgende lig gesien word :-
    • Die "nuwe" ANC onder leiding van CR het die agelope paar weke die wind uit die seile van die EFF geneem as gevolg van :-
      • CR se sterk uitsprake oor grondhervorming sonder kompensasie ('n lekker populistiese uitspraak van die EFF), maar met die belangrike voorwaardes, landbou moet nie versteur word nie, voedselsekerheid moet nie versteur word nie, dit moet met billikheid en sensitiwiteit hanteer word. Hierdie voorwaardes het die angel uit die EFF se populistiese eise oor grondhervorming geneem
      • CR het vinnig die Vervolgingsgesag en die Batebeslagleggingsgesag laat wakker skrik en heelwat dinge gebeur hier. Ou Shaun Abrahams se dae is getel en die Valke se geskorste hoof is gefire.  Nog 'n populistiese geskreeu van die EFF hou nou nie meer water nie.
      • CR se sterk optrede het tot gevolg dat die tafel gedek is om JZ voor die howe te daag.  Hy is slim genoeg om eerder nie ZR te herroep nie (en dan die ANC en sy NUK te verdeel nie), maar eerder te sorg dat wetstoepassing JZ aan die pen gaan laat ry. Nog 'n EFF geskreeu daarmee heen.
      • Die uitroei van korrupsie word by elke toespraak en onderhoud van CR op gehammer, en hy het bewys dis nie net praat nie, in 4 weke se tyd het hy begin doen. Nog 'n EFF geskreeu daarmee heen.
      • Ek voorspel CR sal volgende week die Staatsrede lewer en nie JZ nie.  Nog iets wat die EFF nie rede kan gee om te ontwrig nie.
    • Dit is dus te verstane dat die EFF iets anders moes vind om populistiese uitsprake te maak en dus geen wonder dat al die universiteite in die land en ook Overvaal Hoërskool nou EFF-teikens geword het.
  • Dit is geen nuus nie dat ons in Suid-Afrika 'n bevolking het waarvan nie net velkleure verskil nie, maar ook kulture, manier van opvoeding, geloofsoortuigings en dan een van die opmerklikste verskille is die kleinste bevolkingsgroepering beskik oor die minste werkloosheid, oor die algemeen die meeste goed toegeruste skole en die minste werklike armoede.  Daar kan by niemand twyfel wees nie dat dit die gevolg is van die apartheid van die verlede.
  • Die EFF-betogings by Overvaal is verfoeilik en 'n minagting van 'n Hooggeregshof uitspraak wat op feite bevind het dat die skool geen kapasiteit het om nog laatslaper-aansoekers in te neem nie.
  • Die Afrikaanse taal is (netsoos die ou Suid-Afrikaanse vlag) vir 'n deel van ons bevolking sinoniem met verdukking wat deur apartheid veroorsaak is.  Of ons nou daarmee saamstem of nie, dit is 'n feit dat sommiges wel so voel en ons kan nie sê hulle mag nie so voel nie.
  • My voorspelling is dat wanneer Overvaal volgende jaar betyds Engelssprekende aansoeke ontvang, hulle dit nie sal kan afkeur op grond daarvan taal nie want dit is 'n Staatsskool wat ook vir Engelssprekendes voorsiening sal moet maak.  Die huidige hofbeslissing is gegrond daarop dat Overvaal reeds vol was.
  • Ten slotte, die aandring op Afrikaans as 'n onderrig-taal by opvoedingsinrigtings sal altyd deur die meerderheid van die bevolking gesien word as 'n metode om skeiding van rasse in klasse te bewerkstellig.
0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/01/2018 - 06:14

Jammer vir die boggerop hierbo.  My sêding het driemaal agtermekaar gedruk en ek het gesukkel om dit te delete.

0
Meyerton

Segekok

Fri, 19/01/2018 - 06:23

Len ek is jammer as jy dink dat ek met jou geloof spot of ligsinnig daarna verwys het dit was egter nie die bedoeling nie.

Die leuens waarna ek verwys is die leuens aangaande apartheid waar die. regering van die tyd van die kerke gebruik maak om hulle idologie te bevorder.  Ek het al baie gesê dat godsdiens en politiek nie moet meng nie. Ek het nie na die geloof self as leuens verwys nie

Ek is jammer dat ek dit dalk nie reg uit een gesit het nie.

Ns.  Jammer. Ek het bedoel Len en Johan geskryf. Ek het dit reg gemaak....  Nog vroeg

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 19/01/2018 - 06:28

  • Sou ek té sensitief hieroor wees, vra ek by voorbaat om verskoning.

Ok,  ek stem saam.  

Ek is ook 'n mens soos Len, as julle dit al agter gekom het, en ons raak partykeer sensitief oor dinge -  as mense smiley

Dankie vir jou inset Len - ek het gewonder waar jy is.

0
Meyerton

Segekok

Fri, 19/01/2018 - 07:19

Anton; Kerke en regerings is nie net in die geskiedenis nie.  dit gaan nog steeds aan. Dik kom al baie baie lank saam, Van die tyd toe Isis, Horus, Ra en daardie manne nog die septor geswaai het Ek het gesê dat ek voorbeeld sal gee.  Hier is dit.

My suster is in Ingeland getroud ( dink so nommer 5) en kom toe sodat die verdemelie ook die nuwe Ingels man kan ontmoet en so word daar n troue gereël vir die verdemalie.  Perpekan is die ( swaer/oom)  van die bruid. Tydens die onthaal raak ek en peperkan aan die gesels oor my siening van politiek in die kerk. (Hy weet ons praat nie geloof nie).

Ek maak die stelling dat hulle van die preekstoel af vir die mense lieg met die volgende ondersteunende stelling..." Voor 1994 was dit n sonde om oor die kleurgrens te trou ( sonde soos wat sonde in die Bybel, en nie soos in sonde met die bure nie)  Wat het verander? Na 1994 is dit nou nie meer n sonde nie.  As dit voor 1994 in sonde was, is dit mos nog steeds n sonde...  of hulle lieg vir die mense of toe of nou..."

Sy antwoord was... " Ja maar ons moet preek wat die regering van die dag wil hê"...My antwoord daarop... " Nee jy moet preek wat in die Bybel is en niks anders nie."

Dus Len ek is baie jammer as jy my verkeerd verstaan het maar ek hou by my punt oor die leuens wat van die kansel af versprei was/word.

( Net dalk pla die stelling van Peperkan jou ook.)

Iemand word gepeper met vra, inligting en of as jy kwaad doen word jy “gepeper”

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 19/01/2018 - 08:09

Hiermee kan ek nie saam leef nie, dit is ontoelaatbaar, en behoort uit geroei te word waar dit voorkom.

Sy antwoord was... " Ja maar ons moet preek wat die regering van die dag wil hê"..

Ons Pastoor praat glad nie politiek nie , GEEN politiek pratery word in ons kerk toe gelaat nie, selfs nie eers rassistiese opmerkings nie. Die regering van die dag se doen en late is taboe in ons kerk, maak nie saak wat se twak hulle aanjaag nie 

Hierdie stelling van Deon is SO IN DIE KOL, dit kan nie nader aan die waarheid kom nie..

My antwoord daarop... " Nee jy moet preek wat in die Bybel is en niks anders nie."

AMEN

0
Meyerton

Segekok

Fri, 19/01/2018 - 08:39

Johann ek het hierdie voorbeeld gebruik juis om uit wys waarna ek verwys het toe ek gepraat het van leuens.....

 "..........op leuens gebaseer wat deur die peperkanne , priesters en pastore verkondig is as die waarheid en ons was deur die owerhede geboelie om daardie leuens te glo. " 

Dit is ook gladnie n nuwe tendens nie maar word nog steeds gebruik...  Dink maar net aan eerw. TuTu,  Frank Chikane en andere. 

 

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 19/01/2018 - 11:19

Vertroulik verneem dat builders Wharehouse die naam van 'n baie bekende stuk gereedskap gaan verander.

Die baie bekende "Bobbejaan spanner" ["Monkey Wrench in engels"] gaan blykbaar verander uit vrees vir aanvalle van die EFF

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/01/2018 - 16:02

Ek het 'n probleem met jou veralgemening, Deon.  Jy kan nie met een predikant praat en dan oor die algemeen sê "hulle" het vir ons gelieg nie.  Daar is talle teoloë in Suid-Afrikaanse kerke (ook in Afrikaanse kerke en in my kerk) en in die wêreld wat ernstig teologies standpunt ingeneem het teen alle vorme van pogings om ras-diskriminasie Bybels te probeer regverdig.  Interessant is dat hierdie teoloë (waarvan baie Afrikaanssprekend is) jare daarna een na die ander erkenning op akademiese vlak by universiteite gekry het dat hulle al die jare (lank voor 1994) korrek was in hulle uitleg dat apartheid geensins in die Bybel geregverdig kan word nie. In my kerk was en is almal nie na-praters van die vorige regering of die huidige regering nie, die Kerk het sy standpunt gewysig na aanleiding van die jare-lange volharding deur sommige teoloë wat die korrekte Bybelse uitleg is.

Dus Deon, ek het jou nie verkeerd verstaan nie, maar wou graag hierdie mistasting regstel.

Maar ek aanvaar natuurlik jou versoning dat dit nie jou bedoeling was om my of ander Christene te inkrimineer nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 19/01/2018 - 16:13

Ek het ook nog nooit in my kerk(AGS) gehoor of ondervind dat hulle apartheid probeer regverdig het met die bybel nie.

Ek glo dat geen Cristen, ongeag van kerk verband enigsins apartheid kan of kon gedpraat nie?

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/01/2018 - 16:27

Gesie, help my asb., waar het hierdie oubaas gefouteer ?  Was dit dalk my nuwe Afrikaanse woord "gefire"  wat jou pla ?

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 19/01/2018 - 17:16

Oom Gesie, "versoning?" Lyk my jy sukkel net so met die tikkery op die "smart phone"?

Die letters is hopeloos te naby aanmekaar vir die ou vingers!

Snaaks ek kom in op die forum met die foon maar glad nie met die "lap top" ni?

0
Meyerton

Segekok

Fri, 19/01/2018 - 17:17

Len.  Ek het n probleem met jou stelling dat ek veralgemeen.  Deur n voorbeeld te gebruik van een van die gesprekke beteken nie dat ek net met een predikant in n gesprek was nie.  Ek het net een voorbeeld uit gelig. Daar was baie ander gevalle ook. Omdat dit nie plaasgevind het waar jy teen woordig was nie of nie daar van bewus geraak het nie beteken ook nie dat dit nie gebeur het nie. Inteendeel  jou eie inset staaf dit wat ek sê.

 die Kerk het sy standpunt gewysig na aanleiding van die jare-lange volharding deur sommige teoloë wat die korrekte Bybelse uitleg is.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus