Ek soek graag jul insette en raad. My Jurgens Palma se battery is voor onder die regter bank geinstalleer. EK dink daaraan om die battery uit te haal en voor in die neuskas te installeer, vir twee redes. Dit sal makliker wees om die battery meer gereeld te kan nagaan en dit sal my los met meer spasie onder die bank.
Nou wat my pla is, my aircon is ook voor in die neuskas geinstalleer en dit is hier waar ek julle slim manne se hulp nodig het, Ek weet dat dit goed warm kan word binne in die neuskas as die aircon aan is in die somer. Sal dit veilig wees om die battery daar te installeer binne in sy kas in die neuskas en sal die battery in die warmer temperatuur kan werk. Ek dink byvoorbeeld aan n motor battery wat ook maar naby die warm enjin is. Julle raad en advies sal waardeer word.
Groete.
Pieter
Pieter, ja ek glo ook nie…
Pieter, ja ek glo ook nie dit sal 'n probleem wees nie.
Jy het seker 'n "cowling" voor die air-con om te help om die warm lug weg te blaas ?
Gaan jy dan die "CHARGE"…
Gaan jy dan die "CHARGE" eenheid ook skuif ?
Ek weet daar is mense wat hulle ligte vervang het met LED's en nou net n Alarm Bat. gebruik vir die ligte. Dink BenA het dit ook gedoen.
Alarm Bat. gebruik vir die…
Alarm Bat. gebruik vir die ligte
Ek dink nie Pieter kan daai opsie gebruik nie want hy wil movers opsit.
Pieter, dit is nou ironies,…
Pieter, dit is nou ironies, ek wil weer my batery wat voor op die A-raam (in sy "housing" tussen die neus kas en die haak) na die binne regtrr bank skuif langs die laaier. Dit is 'n 2005 Penta.
Dit sal vir my bietjie minder gewig op die haak gee.
Ek hou hierdie draad dop, want dit sal my ook help om 'n beter besluit te neem, dankie?
Pieter, ek het laas by…
Pieter, ek het laas by kampworld n nuwe "cover" gekoop wat oor die a-raam pas wat n deksel het waar jy jou battery kan insit. Sal vir jou fotos neem en weer hier plaas. Het net n staal monteerstuk gemaak waar die battery in pas. Het ook myne van onder die bank na voor in die a-raam geskuif
Stoffel, my Penta het uit…
Stoffel, my Penta het uit gekom met die cover om die A-raam, met die batery daarin. Glo nie ek het 'n foto daarvan nie.
Klink my, ek moet die batery los waar dit is. Ophou krap waar dit nie jik nie.?
Wat my bekommer, is die feit dat my haak bo 90Kg is wat die wet toe laat?
Pieter, jammer dat ek nou jou draad soort van kaap, maar voel nie ek moet nog 'n draad skep vir dit nie?
Dusty ek het ook op n…
Dusty ek het ook op n stadium gekyk na n ander "cover" met n deksel en het een bestel vir my 2010 Jurgens Palma by GC Geypsey in Witbank. Toe dit kom het dit nie gepas op my A- raam nie en wou toe n ander een laat bestel, toe hulle my meedeel jy kry nie n "cover" met deksel vir my karavaan nie. Ek het toe maar die ander een terug gegee.
Hallo Willem, ja jy is reg,…
Hallo Willem, ja jy is reg, ek wil graag "movers" op sit.
Nee, ek wil net die battery…
Nee, ek wil net die battery skuif, die laaier moet net daar bly waar hy is.
My..
My Exclusive se battery het in sy eie hokkie voor op die A-raam gesit wat ek meen die ideale posisie is. Met die installering van my "mover" het die installeerder aanbeveel die battery moet so naby as moontlik aan die "mover" motors wees om kragverlies te voorkom. Die "mover" battery is ook heelwat groter as die standaard karavaan-battery en myne is dus onder 'n bank, bo die agterste as.
My neuskas is my ideale plekkie (my "garage") waar ek alles en nog wat in stoor en daarom sien ek nie kans vir die lugversorger en nog 'n groot battery daarin nie.
So lyk myne. Die bloue is die "mover" eenheid. Ek het voor, onder die bank twee ventelasie-roosters gemonteer om darem lugsirkulasie moontlik te maak.

Die batterykas het ek ook vol gate geboor sodat die battery behoorlike lug-sirkulasie het.

Len jy slaan uit
Puik Len netjies Johann ek glo jy gaan so wen met skuif van battery
Pieter, vir my was daar…
Pieter, vir my was daar gelukkig een met 'n deksel.
Ons gaan nou vir my broer se karavaan een self bou. omrede die "cover" van veselglass gemaak is is dit maklik om een te bou. Dit is hoe myne lyk. sien fotos.
Johann, ek het my battery voor gesit en dit affekteer nie my gewig nie. Kry nogsteed my neusgewig in die omgewing van 80kg. Ek laai ook bittermin in die wa.


Dankie Stoffel, nou weet ek,…
Dankie Stoffel, nou weet ek, ek kan maar ophou "top", en die batery los soos dit is.





Pieter, my mening is dat van…
Pieter, my mening is dat van hierdie batterye voor in 'n motor voertuig se enjin kajuit installeer word, hulle sal dan seker die 'punch' van 'n aircon se hitte kan vat? Ek weet ook batterye werk beter as hul warm is?