Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Saterdag by Hennie's Springbok rugby Geert -5 hours ago
Haelstorm in Brits November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
O toggie! November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago
Rona, Rona November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
Tara-Taraaa!! November 2026 Rona du Plessis -19 hours ago
Geert... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago

Kruger Wildtuin Mei 2018

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin.  Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.

Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 16:00

Hei, julle moet nie ons Kapenaars so boikot nie.   Ek wil nie hoor dat julle Lennie gespyker het nie.  Julle moet baie geëerd voel wanneer ons hier vanaf die Suidpunt deur julle se plekke ry.    wink

Doen nou soos Segekok sê.   Maak 'n mooi "banner" wat sê : "Welkom Lennie.  Dankie dat jy ons vereer met jou teenwoordigheid" en gaan staan langs die pad en wag vir hom.   Gehoor??

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 16:15

Niemand spyker my nie, dis my taak om te spyker !

As julle dalk van spykers op die pad praat, ek ry met Coopers bande en hulle laat hulle nie sommer spyker nie.  Buitendien, ek het 'n elektriese domkrag en ruil sommer tjop-tjop 'n pap wiel.

Onder die omstandighede sal ek dus maar eerder my spesifieke roete geheim hou, of ek mag julle dalk bluf en van 'n fop-roete voorsien.

0

Julle Lennie gespyker het nie. !!!!!! LMGA  Freda oulik gese dink net dat Len nou sit en dink sy Gom en Patches gaan hom meer kos as die brandstof geld kruger toe

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Tue, 24/04/2018 - 16:18

Julle gehoor van die queer spyker .Hy laid in the road and blew tyres

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 18:31

Terug by belangriker sake : môre (Woensdag) begin ons reën om 5nm dus moet die Exclusive môreoggend gewas word  -  natuurlik met my eie reënwater.  Al staan die wa in sy eie motorhuis, moet hy klaar gewas wees voor die reën begin want dan vergaap ek my aan die reën wat val en ek moet ook die gepompery tussen twee tenks en ook na die swembad hanteer  -  dis moeilik en 'n outoppie moet konsentreer.

Hoe was julle 'n karavaan ?  Gee bietjie tips want dit is vir my 'n helse joppie.  Ek spuit dit gewoonlik eers af en staan dan op 'n leer met 'n sagte besem en was die dak met 'n seep-oplossing. Dis nogal 'n storie want die motorhuisdak is net 'n paar sentimeters bo die karavaan se dak.  Dan beweeg ek oor na die voor en agterkante en spuit die seepwater af.  Laastens têkkel ek die voor en agterkant wat ek met 'n lap was en droog net die voor en agterkante mooi blink af.  Die kante word ook met die sagte besem en 'n seep-oplossing gewas, afgespuit en netso gelaat om self droog te word.  Die vensters droog ek af met 'n ou handoek.  Laastens was ek die wiele en as dit droog is, politoer ek die bande met 'n silicone sproei tot dit blink-swart is.

Dus, besige dag môre !

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 18:43

Ek wou nog sê.  My Canon SLR kamera se battery is volgelaai en die geheue is leeg genoeg om fotos mee te neem.  My Samsung video-kamera se battery is ook gelaai en skoon filmrolle is gemonteer.  O ja, en ek 24 blikkies Hansa bier (by Makro gekoop teen 'n per abuis verkeerd gemerkte prys van R90 !) en 24 botteltjies Tafel bier teen R210 (kon nêrens 'n special kry nie). Twee kissies KWV rooi- en witwyn is ook ingepak). Die Excusive se Dometic absorpsie-yskas is pas aangeskakel en reeds yskoud.  Die Edesa vrieskassie word môre aangeskakel.  Alle wildlewe boeke, voëlboeke en verkykers is in hul onderskeie kassies in die wa gelaai.  Die meeste kruideniers is reeds ingepak en so ook kaas, botter en sulke goed.  Ons verpak ons vleis die aand voor ons ry.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 24/04/2018 - 19:07

Len

Ja ek trek die karavaan uit onder sy dak om bo te kan was, ook met 'n sagte besem vir dié doel.  Die hele karavaan word so gewas en dan word die kante, voor en agter met 'n sintetiese "shammy" droog gemaak.

Die res praat k nie oor nie want ons gaan nie KNP toe nie.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Tue, 24/04/2018 - 19:13

Len, was jy alleen op jou eie daai grote Exclusive?   Dit is nie 'n klein takie wat jy nou van praat nie.   Ek glo jy is redelik moeg as jy klaar is.   Nou weet ek eers hoe lief jy vir daai wa van jou is.

Jy is 'n voorbeeld vir 'n paar van die jong manne op die forum, daarvan is ek seker.

Vir Colin ook!!   Hy het 'n spesiale man wat kom om dit te doen.  Was van bo tot onder met die hand, droog af en dan moet hy dit poleer met 'n "buffer" (ek dink dit is wat jy dit noem?).   

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 24/04/2018 - 19:24

Len, ek was ook maar soos jy, my Penta met die huis besem en Sunlight liquid seep.

Die vensters doen ek laaste met Mr Min,  so word ook die "meubels" daarmee gepoleer.

Die vloer was ek met Pine gel, ek hou van daai skoon reuk.

Die wa het ook natuurlik sy eie stofsuiertjie wat baie handig is as mens kamp.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 24/04/2018 - 19:42

Noddy het eenkeer vir my gesê hy gooi so 1/4 tot 1/2 koppie parafien in sy was water want dit laat so blink laag agter.  Het dit laas ook gedoen en moet sê dit het nogals gewerk.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 19:44

So lyk die filmpie  -  dis maar 'n ou video kamera maar funksioneer nog puik !

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 24/04/2018 - 19:56

Johan, ek gaan daardie Pine gel vir die vloere probeer.  Waar kry jy dit en wat is die produk se naam ?  Stem saam, ons het ook 'n koordlose Bosch-stofsuiertjie vir die karavaan.

Willem, ek gaan dadelik daardie halwe koppie parafien in die waswater probeer  -  ek soek ook daardie blink lagie op die veselglas gedeeltes.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 24/04/2018 - 20:06

Voor dit het dit gelyk of die voor ruit vol klein kraakies is en na die was lyk hy weer 100%.

Ek gebruik 'n spuit kannetjie op die bande, maak so wit skuim.  Jy het nie nodig om te vryf nie, los dit tot dit droog is en hulle blink mooi.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 24/04/2018 - 20:13

Len, ek kry by Westpak, maar jy kan by meeste kruideniers winkels kry. Hulle het citrus en pine geure.

Ek laai vir jou 'n foto van die "Citrus Gel" wat ons ook gebruik.

Citrus gel
Hierdie is ook beskikbaar

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 24/04/2018 - 20:18

Willem, ek gebruik ook daai spuit blikkie, dit werk baie lekker, as ek nou reg onthou,  is die naam iets soos Tyre Shine,  of iets? 

Ek gaan beslis daai 1/4 koppie parrafien probeer, is die mengsel op 'n 5 liter water, met seep?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus