Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Haelstorm in Brits November 2026 Wessel Strydom -41 minutes ago
O toggie! November 2026 Rona du Plessis -10 hours ago
Rona, Rona November 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Tara-Taraaa!! November 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Geert... November 2026 Wessel Strydom -12 hours ago
Lanklaas aanlyn gesien Chris Boucher Geert -21 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 15/11/2026 - 12:31

Wessel ons het nog net gedeeltes van die 7passe wat tans oop is tussen Knysna en George gery. 

Kon so bietjie deur die Knysna bos ook ry maar die knie wil nie vir langer as 2ure aaneen gebuig wees nie dan begin die spiere protesteer veral die kuit. Is al wat my nog pla van die knie maar verder gaan dit egter baie goed. Klim leer en stap baie lekker. 

Ons Namibië kinders kom kuier en dan sal ons die ander passe gaan doen. Sien tans dat die Swartberg pas in 'n baie goeie toestand is. 

Die kanoe pas lekker op die Jimny en met die lekker weer kon ons kort entjies gaan roei. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/11/2026 - 18:14

Geert, julle was voorwaar geseën met water. Ek het net 9mm gekry.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 15/11/2026 - 20:35

Ons het ook baie reën gehad en almal juig. Daan het 'n paar dae gelede met 'n boer gepraat. Hy het in daardie stadium slegs 17mm vir die seisoen gemeet, terwyl hy vir dieselfde tydperk verlede jaar reeds 230mm gehad het. Vandag glo ek lyk sy prentjie heel anders. Op sommige plekke was erge storms. 'n Groot boom het op die R540 na Lydenburg geval - gelukkig geen voertuie betrokke nie. Verder was ons die ganse dag sonder enige selfoonsein en wifi. Miskien het infrastruktuur ook onder 'n storm deurgeloop.

Herinner my asb. om môre 'n reënmeter te gaan koop.....

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 15/11/2026 - 21:50

Volgens my vriend wat in Maroela kamp, het hulle omtrent weggespoel. Genoemde plekke was ook omtrent hele dag sonder elektrisiteit. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 16/11/2026 - 06:51

Ons het die naweek by my broer in Orkney gekuier, daar het Saterdag baie lekker reen geval. Hier moes dit ook toe gereen het, die grond was nat toe ons gister by die huis terug is.

Gister namiddag begin dit toe hier reen en met tye baie hard ook, dit is behoorlik nat, die swembad loop oor, en die aarde juig. Vanoggend staan ek op met diep dankbare hart, want dit is basies ons eerste reen die seisoen. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 16/11/2026 - 06:56

Jy is baie gelukkig met wild besigting, lyk my ons moet almal 'n toer reel al agter jou aan in die wildtuin om alles te kan sien en natuurlik hou jou geluk ook aan op die web cams.

Grap net, dit sou erger lyk as daai vervlakste wildtuin toeriste trokkies🤣

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 16/11/2026 - 07:09

Nee, Johan....ek gaan eintlik deesdae bittermin in op die webcams. Daar is n facebook blad waar mense net webcam fotos deel....meeste kry ek van daar af. Onlangs toe ek daai servet en miskiljaat op een foto kon sien by Satara, kon ek egter ook my fotos daar op hul facebook blad kon deel. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 16/11/2026 - 10:41

😸 Ek het dit so pas op die notisie (dorpslysie) geskryf. Daan het onderneem om die draai te ry vanoggend. Hy gaan seker weer met een van daardie lelike plastiese reënmeters hier aankom - waarskynlik maar al wat beskikbaar is en darem ook prakties. Rondom 2010 het ek vir myself die mooiste meter gekoop by 'n klein geskenkwinkeltjie op Buffelspoort. Dit was 'n uil - buitelyne van dikker ronde yster met so effe detail van dunner rods. Die metertjie was van glas en kon maksimum 10mm reën meet. Dit was vervaardig in die VSA en ek dink die besending het verdwaal - bedoel vir Suid Amerika se Atacama woestyn, en toe in Suid Afrika geland 😉. Dit was vir jare 'n pragtige versiering in die tuin - wel meestal onprakties, maar ek kon darem sê wanneer ons minder as 10mm reën gehad het.

Verlede nag het ons ook nog weer baie reën gekry. Ek hou duim vas dat Babu se meters nie uitverkoop is nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/11/2026 - 07:58

...dankie vir die video oor die snelheidsbeperking van sleepkombinasies. 

Ek het dit op rekenaar gevind, en gekyk. Ongelukkig is die verwysing na verkeersregulasie 293 wel van toepassing op ons plaaslike woonwa sleep.

Ek sal dus maar in/om stede en dorpe daarop let om nie vinniger as 100km/hr te sleep nie. Doer tussen niks en nêrens, sal ek maar indien nodig so effe vinniger sleep. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 17/11/2026 - 08:20

🎵🎶 🎺 Vandag is dit Jan se beurt. Gelukkige verjaardag. Ek wens vir jou net die allerbeste vir die jaar wat kom, met goeie gesondheid en vele heerlike kampe met jou nuwe Jimny.

As ek kyk na die pragtige foto's van Sedgefield, kan ek raai dat 'n piekniek op die strand vandag in beplanning is 😊. Geniet die dag.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/11/2026 - 09:24

Onse vriend Jan Meyer verjaar eers 19 November. 

Ons het begrip, want elektroniese insette van Dullstroom trek maar stadig Sedgefield toe. 😁

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 17/11/2026 - 10:00

🙉🙈 Eerder te vroeg as glad nie. Chris het vir Jan al maande gelede geluk gewens, so is ek darem nader aan die kol. Dit neem niks weg van die feit dat ek vir Jan vandag ook 'n goeie dag toewens nie. Donderdag gaan ek die verjaardag waarskynlik mis. My bussie kort 'n diens voor ons Kaap-trip en daarvoor moet ons Witbank toe gaan. Ek hoop die mis het by dan 'n ander lêplek gekry - vandag is dit so dig dat ek nie ons heining kan sien nie - en ook nie die nuwe reënmeter nie. Die weer is onvoorspelbaar, en die app's altyd verkeerd.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus