Goeie more almal.
Koffie is weer lekker vanoggend.
Lekker ligte bui reen verlede nag gehad
Geniet die Sondag.
Ek bang vir die blou…
Ek bang vir die blou.
Net nou dink die mense ek ondersteun DAAI span. ![]()
Moet sê ek was rustig, was bang om woorde te uiter wat my dalk in die tronk sou laat beland het.
Geen merk op die lorrie nie, seker omdat hy n bullbar opgehad het. ![]()
Naand se mense
Hello aan al die Kamp maats gaan nou na Noddy luister
Genade Harry
Genugtig Harry hoe ry n ou jou raak in die pad ?. Hoop jy voel okay vandag het jy die ou se nommer plaat gekry en hom rapporteer . te veel van die dinge gebeur deesdae en dan jaag die oortreder weg .Ry hom bloots Harry
Goeienaand dassie! Geniet…
Goeienaand dassie! Geniet dit my maat! ![]()
Noddy se skakel
Naand Voortrekker waar is Noddy se radio skakel nou weer sien hom nie
Dankie Segekok
Dankie vir die mooi musiek Die Kalfie wals wat jy aangevra het
Dasisie dit was eintlik…
Dasisie dit was eintlik skoom ma of sal ek seg Satan wat dit gesoek het. Sy kuier alweer hier![]()
Dassie ek het n goeie…
Dassie ek het n goeie skoonma
Ek sukkel nog om uit te werk waarvoor
Jip sy lees hier..?
Hoe verduidelik jy
Die ou en sy vrou wou uitgaan maar hulle hond wou nie uit die huis nie .Die ou gryp die hond aan die nekvel en boender haar by die agter deur uit . Daar is n geklop by die voordeur ,die ou se vir sy vrou Daar is die beech weer by die voordeur .Hy maak die voordeur oop en daar staan skoonma .Okay se skoonma Dan loop ek maar weer
Moet nie stress nie, ek is…
Moet nie stress nie, ek is OK.
Dit was in die pad waar mens loop tussen vlooimark stalletjies. Die spesifieke ry is al een waar stalletjie houers se voertuie pad deel met mense wat loop. Mense het voorang en hulle moet kruip as hulle daar wil ry om goed op of af te laai. As jy jou lisensie "koop" weet jy mos nie van beter nie.
Het nie onder lorretjie geland nie, het aan bull bar was geklou, toe stop hy en ry agteruit.
Hulle het my darem R 100 geoffer vir pyn en leiding. ![]()
Het foto's
Môre almal. Mooi dag vir…
Môre almal. Mooi dag vir almal.
Staar weer sommer van vroeg vroeg af. Gaan nou maar die die hond laat blaf dat die ander ook kan wakker word.....?
Toemaar Segekok, jy het…
Toemaar Segekok, jy het geselskap, ek is ook wakker. Het darem 6 ure se goeie slaap gekry. Tee al klaar gedrink, gaan nou koffie ook maak. Gelukkig dat mens die forum kan lees. Die koerante het ou nuus. Ongelukkig het ek nie 'n hond nie. Dink ek moet terugklim in die bed, die lig aansit en boek lees. Dalk maak dit die Ingelsman wakker maar ek wil ook nou nie met 'n Grumpy sit die hele Sondag nie.
Ek dink Len lê seker ook al wakker. Van opgewondenheid om die sleeptog aan te vat wildtuin toe. Dusty behoort ook nou enige tyd van hom te laat hoor. Dalk is Harry se lyf so seer dat hy ook al wakker is. En Petra moet mos vandag begin pak, so Arie sal ook seker betyds wakker word, sodat sy eers vir hom koffie in die bed kan bring en hy haar dan instruksies gee waarmee om te begin.
Nee ons kan nie kla nie, ons hoef nie alleen te voel nie.
Soos julle kan sien, was ek…
Soos julle kan sien, was ek baie besig op die forum hier vroeg in die oggend. Ek sal maar vir die res van die dag my mond hou en julle 'n kans gee. ![]()





Ai Harry, ek hoop nie jy is…
Ai Harry, ek hoop nie jy is te seer en blou môre nie.