6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -17 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -54 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

Super Rugby - Freda

Submitted by Admin on

Baie geluk aan die Stormers, Sharks en Cheetahs met hul oorwinnings die naweek.   Oor my span, die Lions, wil ek eerder nie oor praat nie.  Hulle het gladnie soos die Lions gelyk nie.  Net soos verlede jaar het Ackerman die verkeerde span gekies om teen die Jagwarries (soos dit nou uitgespreek word) te speel.   Dit is bekommerend dat, as sekere spelers nie speel nie, val alles uitmekaar.

MARKUS: En hartelik geluk aan die Bulle. Hulle het nie verloor nie

VOORTREKKER:

Markus het geskryf:

En hartelik geluk aan die Bulle. Hulle het nie verloor nie 

Ja ek stem.   Geluk Bulle!

GROOT G: Enige tips vir die naweek se superbru? Julle is mos slim?

Nog steeds die moer in (mag mens moer sê) vir die lions wat my grandslam punte gekos het......

GROOT G: Oooo ok duidelik mag mens nie m o e r sê nie....sorry

ARIE:

sover ek weet is n moer n ding wat mens op n boud draai, so dit kan mos nielelik wees nie?

Ai ekhoop regtig nie iemand hier gaan my op my moer gee oor die inskrywing nie.

Op nernstige noot, dit isnien vloek woord nie, maar wel n kras woord. Ek hou glad nie daarvanas mense kras woorde voor my kleinkinders of my vrou gebruik nie!

Maar ek glo hier leesgeen kinders nie, en diedames wat hierrond is moet besluit of dit vir hul aanvaarbaar is of nie, my vrou lees glad nie hier nie.

FREDA: Ek hou nie van 'n lelike gevloek nie maar sekere Afrikaanse kraswoorde pla my nou regtig nie.  Ek erken ek self gebruik dit soms, veral as ek myself die dag behoorlik wil uitdruk.   Ek kan 'n paar noem, maar dit sal dan definitief soos vloekwoorde klink, mens moet die tipe woorde in sinsverband hoor.

DASSIE:

Freda het geskryf:

Ek hou nie van 'n lelike gevloek nie maar sekere Afrikaanse kraswoorde pla my nou regtig nie.  Ek erken ek self gebruik dit soms, veral as ek myself die dag behoorlik wil uitdruk.   Ek kan 'n paar noem, maar dit sal dan definitief soos vloekwoorde klink, mens moet die tipe woorde in sinsverband hoor. smile

Die outjie kom in die kombuis gehardloop en se Ma ,ma kom help die kar het op Pa geval in die garage .Vra Mammie het Pa iets gese .Moet ek die vloekwoorde uitlos .Ja my kind los dit maar .Okay se die outjie dan het Pa niks gese nie

JANWILLEM: Haaie het regtig tande gewys gedurende die Waratahs wedstryd, toe kom die Kings en die tande groei terug, Sal sien of hulle die naweek weer tande gaan wys, ek clo so, en ek hoop al ons spanne wat teen die buiteland speel wen.

GROOT G: Ja oom Janwillem die Haaie vs Cheetahs se game was my moeilikste pick op superbru die naweek.  Ek het maar vir die tuisspan gegaan.

Twyfel of die Bulle dit gaan maak maar ons sal maar sien.

BATMAN: Bakgat, daar slaat ek dit spot on met die Tahs! My picks was tot dusver redelik goed, maar my margins pateties. Hopelik kry dit die naweek end. Groot G, ek dink ook nie jou span gaan dit maak nie

HARRY DU RANDT: Ek sukkel maar op my SuperBru Rugby Pools.

Sal maar bly skree vir my blou en wit Zebra span

FREDA: My Lions het vandag teen my "hometown" span gespeel.  Die Kings het by tye OK gelyk maar my span het die oorhand gehad en 'n bonuspunt gekry, ek is gelukkig.   Geluk ook aan die Stormers en Sharks met hul oorwinnings.  Die Bulls sal moet regkom!! 

BATMAN: Ja geluk aan die spanne wat gewen het. My spannetjie sal maar hul sokkies moet optrek.Gelukkig het ek, gemeet teen my eie (tot dusver) gemiddelde standaarde, 'n uitstekende naweek op SB gehad!

JANWILLEM: So wragtig ! my Haaie se tande is nou weer 'n sentimeter langer, tot die Leeus dit weer terugdruk. In die Afrika konverensie is daar net vier spanne wat kan deurdruk, en net een wat dit miskien weer tot die finaal gaan maak. leeus - Haaie - Stormers -jaquares. Op die oog af lyk Australia of hulle heeltemal uit die bus val.

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 15/04/2017 - 08:23

Die Kings speel op die oomblik teen die Reds en is agter.  Maar die groot opwinding is vanmiddag se wedstryde.   Die Cheetahs teen die Chiefs gaan erg wees.   Ek hoop die Cheetahs kan die knoop deurhak, gaan nie maklik wees nie.   Ek glo die Bulle gaan dit doen vandag teen die Jaguares en dat daar groot vreugde op Loftus sal wees.   

Maar julle moenie 'n vlieg in ons tent wees wanneer die Stormers en die Lions mekaar pak nie.  Colin is 'n groot Stormers ondersteuner.   Ons twee se spanne teen mekaar.   Ons praat soms vir 'n rukkie nie eers met mekaar na so 'n wedstryd nie. :-)  :-)    Die Stormers speel so goed op die oomblik, in my hart glo ek nie die Lions gaan die een wen nie.  Maar dit sal ek nie vir Colin sê nie.  Ai, my senuwees is klaar op.

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 16/04/2017 - 20:19

Julle sê niks oor gister se rugby nie, maar ek gaan.   My span het dit gedoen gisteraand, vir 80 minute die Stormers ore aangesit.  laugh   Ek erken, bo my verwagting.   Die seisoen is nog jonk en daar lê nog baie moeilike wedstryde voor, maar gisteraand was lekker!! 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 16/04/2017 - 21:37

Gelukkig was ek by die KKNK in Oudtshoorn en het die skreeusnaakse, goeie toneelopvoering van "My man se skelmpie se skelmpie se vrou" geniet tydens die slagting op Nuweland.  Ek was beslis op 'n beter plek.

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 17/04/2017 - 08:02

Len, ek sal dit darem nie 'n slagting noem nie.  Na die Stormers se goeie wen teen die Chiefs verlede week, het die Stormers nie goed gespeel nie en selfs toegelaat dat die Lions 'n bonuspunt kry.

Tjaart, ek voel ook soos jy.   Ek moet sê, daar was heelwat toeskouers op Nuweland wat seker 'n hele paar jaar ouer geword het.  Hulle was oorgehaal vir 'n goeie wen. laugh

Lennie, het julle KKNK geniet?  Vertel ons bietjie meer daarvan (op 'n nuwe draad).

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 21/04/2017 - 21:17

Ek het vanaand aan jou gedink. laugh  Ek het jaaaarrre ouer geword.   Ek dink ek moet ophou rugby kyk. sad

 Ons was gelukkig om te wen maar hopelik is dit 'n "wake up call" vir die Lions.  

Met alle respek gese, ek dink Dries draai in sy graf om as mens na die huidige toestand van ons rugby (die Lions uitgesluit) kyk. Dis seker hoekom die draad so doodstil is.

Die Lions en die Sharks doen tans  goed, maar het slegs die Aussies as teenstand (soos die Stormers laasjaar). Hulle lyk dus beter as wat hulle werklik is op die puntelere en word eintlik 'n onguns aangedoen om nou voor die uitspeelfases nie aan die NZ spanne blootgestel  te word nie (weereens soos die Stormers laasjaar).

 

Ek dink Aus rugby is tans swakker as ons s'n so ons sal maar kyk wat vorentoe gebeur, maar ek wens ons kan die kompetisie weer terugkry waar almal teen almal speel Dis mos darem baie meer regverdig

 

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 09/05/2017 - 11:20

Batman, ek dink ook Dries frons oor ons sy draad so afskeep!smiley

Ek stem saam, die Lions het nog nie teen die sterkste oppossisie gespeel nie, so baie kan nog verander.  Kyk wat het met die Stormers gebeur toe die groot kanonne teen hulle begin speel.

Ek hou maar duimvas vir al ons spanne.

Centurion

Voortrekker

Tue, 09/05/2017 - 13:24

Die rugby draad het altyd ver voorgeloop, maar deesdae sien ek ook dit is maar baie stil.  Wonder hoekom?     Meer mense kyk tennis?   Mense speel Xbox?   Rugby is lae standaard?  Mense kyk nie meer TV nie?  Daar is 'n tekort aan rugby balle?

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 12/05/2017 - 16:53

Die Lions het my senuwees weer aan flarde gehad vandag.   Veral gedurende die eerste helfte was die Brumbies bo-oor hulle.  Gelukkig het hulle hard gewerk en nadat die hele voorry vervang is, het dit beter begin gaan.  Ek vat die 13-6 wen met groot verligting.  Volgende week is hulle terug op Ellis Park teen die Bulls!   

N Bull ondersteuner en n Leeu ondersteuner sit by n tafel en eet ontbyt .Die Bull ondersteuner is n buikspreker (ventreloquist). Toe die rekening kom se die Leeu ondersteuner Gee vir my ek sal betaal .Die volgende oggend se die koerante Bull ondersteuner dood gevind op Loftus Versveld

N Bull ondersteuner en n Leeu ondersteuner sit by n tafel en eet ontbyt .Die Bull ondersteuner is n buikspreker (ventreloquist). Toe die rekening kom se die Leeu ondersteuner Gee vir my ek sal betaal .Die volgende oggend se die koerante Bull ondersteuner dood gevind op Loftus Versveld

Freda die Bull ondersteuner is n buikspreker .Toe die rekening kom het die buikspreker sy stem gegooi dat dit klink of die Leeu ondersteuner gese het dat hy sal betaal .Die gevolg was dat Bull ondersteuner dood aangetref was die Leeu ondersteuner was die skuldige hoop die verduideliking help cool

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 13/05/2017 - 17:27

Nou verstaan ek, het nie besef dit was die buikspreker wat gepraat het nie, gedink dit was die Leeu. smiley

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 14/05/2017 - 13:54

Ek wil oor iets anders praat ivm die wedstryde maar wil darem eers sê ek is jammer die Bulls kon dit weer nie maak nie.  Hulle het heelwat beter gespeel en dit is eintlik hul eie skuld dat hul  op die ou end nie gewen het nie.   Dan my tuisdorp se span, die Kings.  Hulle verras ons hierdie jaar.  Hulle speel mooi rugby op die oomblik en dit was 'n goeie wen teen die Sharks.

Wat ek eintlik wil sê.   Dit was opmerklik hoe min toeskouers daar op Loftus was en hoe baie daar op NMB Stadium was.   Dit wys net, as 'n span nie presteer nie, word hy nie ondersteun nie.   Volgende jaar, as die span dalk weer goed doen, is die stadium weer vol of as hy swak doen, is die stadium weer leeg.   Is dit nou reg?

Dit lyk vir my die hoof afrigter van die Kings het 'n draai by die Leeus se hoof afrigter gemaak. Gee die Kings die eer wat hulle toekom, hulle het hulle self omgedraai in 'n baie kort tyd. Hulle speel as 'n eenheid saam, en hulle begin nou wen. Inteendeel hulle het my span die Haaie sommer vir die lekker kry 'n bloedneus gegee.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus