Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Saterdag by Hennie's Springbok rugby Geert -6 hours ago
Haelstorm in Brits November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
O toggie! November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago
Rona, Rona November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Tara-Taraaa!! November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago
Geert... November 2026 Wessel Strydom -20 hours ago

Kruger Wildtuin Mei 2018

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin.  Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.

Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

.

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Tue, 08/05/2018 - 19:02

Ek dink weer dit is goed as die roofdiere hom uithaal.....  Glo nie ons het dit nodig om KNP. Te "boost"  nie. Ek hoop regtig nie dat daar deur die mens ingegryp gaan word nie.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 08/05/2018 - 19:57

Oom Seg, oom kan dalk reg wees of dalk verkeerd?

Kom ons maak punte vir argumente en bespreek almal saam.

Mag ek n eerste punt opbring:

Is dit eties om n spesiale dier wat andersins in die natuur nie sou oorleef te red vir moontlike finansiele vooruitgang, hetsy dit moontlik positief of negatief kan wees:

Positief: Kan nodige finansies en bewustheid inbring om so baie te verbeter

Negatief: Kan so maklik uitgebuit word om n spesiale buffel te skep asgevolg van net pigment tot voordeel van niche jagters en dan ook plase waar die ding is om nie natuur sy eie gang te gang, maar kyk hoe die mens kan ingryp om goue gemsbokke te maak as voorbeeld.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 08/05/2018 - 20:16

As ek reg kan onthou, CR het destyds n malaria vrye bul vit R20 miljoen gekoop, waarvoor sal so n freak wit buffel gaan, hiermee seg ek nog nie dat dit reg is nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 08/05/2018 - 20:38

Dit is nou 'n geval van ses van die een, en 'n half dosyn van die ander.

Om die buffel eenkant groot te maak vir teel doeleiendes, kan dalk soos met die wit leeus, 'n "hunters paradise" van inkomste skep. Maar is dit reg teenoor die natuur, ek twyfel.

Hoe hartseer dit ookal is, glo ek, die natuur moet sy gang gaan. 

Aan die ander kant weer, sou die buffel wel vir teeling geskik wees, wat ek betwyfel, kan dit net dalk 'n bewus making van ons erfenis tot gevolg hê. Hierby bedoel ek eindlik maar net, reklame vir natuur bewaring.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 08/05/2018 - 20:46

Len, ek wil voorstel dat jy daai foto van die wit buffel kalfie onder di R1000.00 kompitisie ook plaas, dit is 'n uiterste rate voorkoms.

Ek het al 'n paar albino diere gesien, maar hierdie is 'n eerste onder die buffels.

Wat die wilde honde betref, ons was nog altyd gelukkig om hulle naby Skukusa of Satara te sien. Baie mense het hulle nog nooit gesien  nie. Ons het hulle een jaar ook so ver Suid as Krokedil brug gesien.

Dit bly maar mooi!

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Tue, 08/05/2018 - 20:47

Hoor oom Fort Knox se punt, Onthou daar is soveel min van onse dier lewe oor wat grense oor gehardloop het, nou daar net electric drade om hul plekke soos die willetuin wat hulle in hou, Het ons nie màar klaar ingegryp nie. Om nou te se ons wil nie, klink nie so lekker

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 08/05/2018 - 21:22

Gesie, jy is so reg wat betref die mens het al klaar in gegryp.  Die hele ekologiese sisteem is onderste bo gegooi. Natuurlike migrasie roetes bestaan nie meer nie, en so kan ons aan gaan oor ons inmenging. 

Vandaar, my redenasie dat ons moet ons in mengery tot die uiterste beperk, dit gesê, ek gaan myself nou weerspreek. Ek het erg teen geskop met die opdroog en verwydering van die mens gemaakte water bronne in die wild tuin.

Ek weet en verstaan dat dit gevaar van uitwissing van sekere spesies tot gevolg kan hê, maar, dan kan die bewarings department mos die bedreigde spesie verkuif.

Finansiele "nadeel / voordeel" behoort nie hier 'n rol te speel nie.

Die kaapse kwaga is uit gewis, geen geld kan daai dier terug bring nie,  natuur bewaring moes dit voorkom het, ongeag die kostes.

Kyk nou net weer na daai 54 leeus wat in die Vrystaat (Bloemfontein) dood gemaak is vir hul karkasse vir oosterse "medikasies", bull shit, dit moet nie toe gelaat word nie.

Dalk moet ons 'n nuwe draad begin in hierdie rigting, ons kaap nou Len se draad erg.?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 09/05/2018 - 18:03

Nou gesels ons lekker !

Ons het vandag by Babala piekniekplek gaan ontbyt maak en kyk wie kom verras ons onder die lapa.... 'n boomslang!

 

.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 09/05/2018 - 19:05

O, my aarde, Len.  Wat doen julle toe?   Dit is baie erg, ek sou nooit so iets kon hanteer nie.  Ek dink ek pak op en kom huis toe.no

Ek hoop julle geniet alles daar en dat jul baie en mooi diere sien.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 09/05/2018 - 21:38

Ag wat, die slang het toe naderhand self padgegee.

Ons het vanmiddag ons eerste leeu gesien so 50 meter van die pad af  =  lekker dik gevreet aan 'n sebra.

.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 10/05/2018 - 07:39

Len geniet die wiltuin ek nog nooit n wildehond gesien nie

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/05/2018 - 21:28

Hier sit ek in Balule-boskampie sonder 220V krag en alles werk soos 'n droom.  Die Exclusive se Dometic absorpsie yskas en die Edesa vrieskassie werk probleemvry op gas.  En my nuwe Moto-Quip invertertjie laai die laptop met 220V en word aangevuur deur die Exclusive se "mover" 102Ah 12V battery.  Laasgenoemde hou ek op 12V plus krag deur elke aand 'n bietjie van die Pathfinder se batterykrag af te staan deur die twee met 'n kabel en Anderson-koppelstukke te verbind.

 

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus