Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin. Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.
Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

Lennie, dit is goed om van…
Lennie, dit is goed om van jou te hoor. Ek glo julle geniet die wildsvakansie baie. Dit is darem 'n mooi maanhaar daardie!
goed om van jou te hoor…
goed om van jou te hoor
inderdaad! Ek het juis gister gewonder hoe gaan dit met Len. Mooi foto van daardie mannetjie ![]()
Julle moet die laaste week geniet!
Julle moet dit geniet daar…
Julle moet dit geniet daar Len, het jy al iets gevang op die Dash Cam ?
Len, ek lees nou daar word…
Len, ek lees nou daar word baie goeie reën voorspel vir Kaapstad vanaf Sondag 20ste. Veral in Clanwilliam, een van die hoof opvanggebiede, verwag hul baie reën. Wou jou net laat weet, maar jy hou seker self dop daar in die wildtuin.![]()
Goed om van jou te hoor Len,…
Goed om van jou te hoor Len, en dit met so leeu mannetjie in die "prime" van sy lewe.?
Weer innie wiltuin
More Len julle aand temp seker lekkerder as ons sin hier innie hoeveld mooi foto van leeu geniet
Goeie naand !
Goeie naand uit ATKV Eiland, 60km vanaf Tzaneen in Limpopo.
Ons is oppad terug Kaap toe vanaf die Kruger Wildtuin en kuier eers 5 dae hier by die Eiland. Ek sal in 'n afsonderlike draad 'n paar fotos plaas van hierdie fantastiese ATKV-oord. Enigste nadeel tot dusver is 'n gespikkelde bosslang in die boom 2m vanaf ons karavaan. Die plaaslike slangvanger kon hom nie uit die boom kry nie en intussen het hy verdwyn !
Dis baie warm hier, maar windstil en die Exclusive se lugversorger werk oortyd.
Ons het 'n heerlike tydjie in die Wildtuin gehad en veral ons laaste kamp, Balule-boskampie, was heerlik en ons het maklik reggekom met ons gas toerusting en ons battery-belgting - ook my nuwe invertjie wat my laptop, selfone, kamera batterye en battery-skeermes gelaai het. Die Exclusive se battery het ook nooit onder 12V gedaal nie as gevolg van my daagliks "op-top" vanaf die Pathfinder.
Hier kamp ons lekker by Balule :-
Naand Len, baie mooi, bêre…
Naand Len, baie mooi, bêre net drie van die bestes vir die kompitisie. Jy weet nooit.?
Hallo Len! …
Hallo Len! ![]()
Lyk vir my hoe lekkerder hoe vinniger gaan dit verby? Geniet dit by Eiland en mag julle 'n voorspeodige en lekker tog suidwaarts hé ![]()
Ai Len so jammer dat alles…
Ai Len so jammer dat alles op 'n einde moet kom?
Bly julle het dit geniet.
Versigtig en veilig ry huis toe.
Kannie glo dat julle…
Kannie glo dat julle vakansie in die Wildtuin so vinnig verby is nie. Julle moet die laaste bietjie hier in die Noorde geniet.
Ou Skillie
Ons het heelwat skilpaaie gesien, veral na die lekker reënbuie. Hier is ou Skillie oppad om 'n slukkie water te neem van 'n plassie op die teer.
En hier...
En hier ry ons kampmaats met hul Land Cruiser VX voor ons deur 'n driffie na 'n heerlike bui reën op die pad tussen Balule en Satara.
Die............
Die bestuurder, opsigter en skoonmaker by Balule boskampie, Titus Nkuma, spog hier met sy 2018 toekenning vir uitstaande diens aan sy toeriste.






Leeu
Hierdie knaap gistermiddag hier naby Balule op die nuwe S147-pad raakgeloop.