Gister het ek by 'n robot stilgehou waar 'n man gestaan het met 'n kartonbord wat lees
"help, no job. 2 days without food"
Vanoggend het ek weer daar gestop en soos dit maar gaan het ek my bes probeer om hom mis te kyk.
Ek kon nie. Dit het my vreeslik gepla. Ek kon toe net nie meer hou nie en roep hom nader.
Ek krap toe orals in my kar rond. Gelukkig kry ek toe 'n koukie pen en help hom reg. Dis vandag dag 3.
Antie in Meyerton
Hier in Meyerton is n "dame" wat elke aand by die pizza plek n pizza kry. Deur die dag loop sy rond en vra vir geld met die storie... "Meneer ek het 3 dae laas geeet" Mamma wat die storie agter die storie ken trek los en vertel haar .... "Maar mens jy lyk al goed. Jy moet vasbyt dit lyk of dit werk"
Weet nie wat dit nou met haar is nie maar as sy my sien wil sy my met klippe gooi.
Antie
Daar in Primrose Germiston is ń antie so in haar diep 60's.
Soos jy aangery kom, val die handjie oop asof hy wil af val.
As jy verby ry sonder om iets te gee, gooi sy jou ń "Middel vinger" met dieselfde af val handjie.
Nou die dag amper oor een se kop gery, hy sit op sy knieë in die middel van die pad.
Soos die karre aan kom, gaan hy in ń gebed "Jouga", maar ek dink die outjie het te veel gom gesuig en toe werk sy gebed houding nie mooi nie en ek ry amper die outjie desmoers.
Dit is 'n baie moeilike…
Dit is 'n baie moeilike toneel om te sien hoeveel mense staan en bedel, kon nooit verby ry nie.
Eendag sien ek toe 'n ouerige dame wat in Vanderbijlpark koerante verkoop, net daar besluit ek, ek koop elke oggend daai koerant met so geldjie te veel. Nou ry ek verby die mense wat staan en bedel, laat hulle gaan "car guard" of verkoop koerante, doen net iets om my simpatie te verdien, en ek sal help.
Ek dink maar altyd
But for the grace of God, there go I.
Ek kan nie help nie, ek kry maar jammer. Al weet ek baie van hulle vat kanse en is te lui om te werk. Werk wat nie maklik te vinde is nie, bygesê. Ek ken nie hul omstandighede nie en mag nie oordeel nie. Nee, ek gee nie altyd nie.
Ou wat bedel vra n geldjie…
Ou wat bedel vra n geldjie.
My pa gee hom n pond en se .... jy koop nie drank nie nêh.
Kry hom agterna in die bottelstoor, sopas n bottel wyn gekoop. Sê my pa vir hom... en nou. Nee meneer .. sien , ek vra vir brood en kyk wat gee hulle my.
geld bedel
Oom Jeep vriendin van my woon in die Kaap .Sy raak lekker aggresief oor die car guards maar dog toe sy sal die 1 ou R2 offer .Hy kyk die geld so in sy hand en se vir haar Jammer dame my minimum fooi is R5 .Net daar gryp sy die R2 terug uit sy hand nog voor hy sy hand kon toe maak .Laat my dink aan die mense wat so kla met die loaf brood onder die arm
Ander ou kom bedel ook. Hys…
Ander ou kom bedel ook. Hys erg vewaarloos.
Se vir hom. Jy koop nie drank nie nêh. Nooit meneer ek het hoeka al opgehou drink.
Jy gaan ook nie na n bordeel toe nie nêh. Nooit menee, ek sal dit glad nie doen nie.
Mooi man. Vanaand vat ek jou uit om saam met my en my vrou by die spur te gaan eet. Nooit meneer, kyk hoe lyk ek , eks vuil, ek stink, nee nooit, hoekom wil meneer nou so iets aan my doen. Ja jys reg. Ek wil jou aan my vrou voorstel, ek wil haar wys hoe lyk n man wat nie drink nie en ook nie by die bordele rondlê nie.
Die boemelaar
Die boemelaar klop aan die vrou se deur sy maak die deur oop . Wys die boemelaar vir haar n knoop .Mevrou het nie dalkies n suit wat by die knoop pas nie
the Grace
Freda dis net soos jy daar se dis net deur die genade dat ons nie ook daar is .Hier by ons staan n paartjie met hulle 2 kinders by hulle en bedel .So gebruik hulle die kinders om mense se simpatie te kry maar altwee staan met pakkie sigarette terwyl hulle bedel .
Ja, Dassie
Dit is waar wat jy sê. Jy kan niemand meer trust nie, van bedelaar tot president van die land.
Maar ek geniet julle grappies. Jy en Oom Jeep is op julle stukke.![]()





Help tog
Hier in Alberton staan een met ń bord wat lees:
"Please help, I need money for karate lessons, because 3 Ninjas hijacked my wife".