Goeie dag almal, ek sal graag wil weet hoe maak julle kos as julle kamp, ek is amper 100% oortuig niemand gebruik hulle stofies in die wa nie.
Ek vra dit maar om myself weer voor te berei omdat my karavaan en behoeftes verander het. Het julle 'n stofie in die tent op 'n tafel en is dit 'n 220V stoof of gas stoof, en waar maak julle hom staan?
Jammer as dit al voorheen hier bespreek was.
Groete
Baie dankie vir al die idees…
Baie dankie vir al die idees.
Ek het op die oomblik, 'n elektriese twee plaat stofie wat in die motorhuis lê vir 'n baie lank tyd. Ek sal hom maar in die tent gebruik todat ons besluit watter roete om te volg en indien ons tevrede is, maar voort te gaan om dit te gebruik.
Met die gebruik van 'n gas stoof voel dit asof jy werklik kamp.
Groete
Nico
My uitgangs.................
My uitgangspunt is, as daar krag is gebruik ons dit, maar as daar nie krag is nie gebruik ons ons ander kragbronne, batterykrag en gas. Ons kamp dus maklik met of sonder krag.
Bietjie bang vir goed wat…
Bietjie bang vir goed wat soos n bom werk.
Blerry skerp
Bietjie bang vir goed wat soos n bom werk.
NE! Now that you mention it................... So am I !![]()
Ek het paar jaar gelede een…
Ek het paar jaar gelede een plaat induksie stoof gekoop vir R500 en het nooit gebruik en dit le heeltyd in die karavaan. Ek lees nou eers dat dit nie met enige pot gebruik nie. So leer ek uit julle. Ek stem met Len gebruik die krag vir kookgeriewe.
He he Shaun, pas net op as…
He he Shaun, pas net op as hy soos'n bom af gaan?, trek net jou been na aanleiding van Gesie se gespot.
Myne werk soos 'n atoombom,…
Myne werk soos 'n atoombom, dis sommer woers warts en dan fluit die keteltjie.
Ons het altyd die cadac safari cheff gebruik, die met die uitvou pote, maar die klein cannister bistro werk net baie meer effektief ![]()
As jy bang is vir gas en lus…
As jy bang is vir gas en lus is vir pomp, gebruik n ou parafien primus
Moet net nie te veel pomp nie. Hy kan ook ontplof. ![]()
Ek en Armand, my ouer broer…
Ek en Armand, my ouer broer het vir baie lank op 'n primus gekook toe ons in Durban noord gewoon het. Ek het daai ding vele male elke dag gebruik. As hy eers warm word dan loop hy baie mooi. Maak net gereeld jou nozzles skoon. ![]()
Ek het altyd by Sodwana gaan…
Ek het altyd by Sodwana gaan duik toe daar nog niks was nie. Het toe ook met tilly lampe, primis gekamp. Kon darem pramfief kry so net buite Sodwana as dit begin min raak het.
Dit houbsommer die muskiete ook weg as jybtilly lampe gebruik.
Tilley lampies
..... is baie mooi. Waar kan ek so iets kry? (nie vir kamp nie)

Sien mens kry n "disc" wat…
Sien mens kry n "disc" wat mens op jou induksie stoof plaat sit, dan kan jy enige soort metaal pot op hom plaas, soos jou stainless AMC potte.
Dit is baie slim Harry, daai…
Dit is baie slim Harry, daai ou gaan goed geld maak.
Ons het een keer stainless…
Ons het een keer stainless steel probeer, maar die induksie stoof het 'n "error" gegooi?
Induksie
Ek lees die kommentare oor induksie - mens kry wel S/S kastrolle wat werk, maar NIE die Fong Kong tipe goed nie - mens sal maar moet seker maak, Ek het so klein stukkie magneet (wat ons gebruik het vir kar naamborde) wat ek in beursie ronddra, en toets derhalwe alle moontlike kastrolle daarmee.
Ek het egter vir Ma (en natuurlik myself) effe weggebreek van die gewone tipe kastrolle, en 3 vierkantige dieper koperkleur kastrolle by Checkers Hyper gekoop, wat ook teflon tipe behandeling het, maar nie so maklik beskadig nie, EN, bonuspunt, dit is INDUKSIE vriendelik.
Baie ligte metaal, en dit was die groot pluspunt vir ONS verandering, met my skouer en handprobleme, en Linda se rug, is hierdie baie meer gebruikersvriendelik. Ons gebruik natuurlik gasbranders in kombuis. Pryse so vanaf R280 tot omtrent R400. Jy kry DUURDER produkte elders, maar presies dieselfde produk in ander verpakking!
Ek probeer foto heg

Wil ook nou hier noem dat…
Wil ook nou hier noem dat die spookhuis opgevang het met die tye en n lectric stoompot sowel as induksie (weet nie so lekker oor die woord, dit is mos wat beesboere doen) plaat het, lekker windgat hier






Ons gebruik 'n induksie…
Ons gebruik 'n induksie stoof en gas stoof buite, het nog nooit binne die wa kos gemaak nie. Soos Freda noem, ek is maar skrikkerig vir daai vet / stoom binne.
Anton, ek het ook so gas stofie, maar het dit so min gebruik, ek het dit uit gehaal.
Leeu, jy moet net onthou, die induksie stofies werk net met kastrolle wat magneties, vatbaar?, is. Jy kan nie met stainless steel of alluminium kastrolle werk nie.
Nee, daai induksie stofies is nie so duur nie, ek dink amper daar was, toe ons, ons enkel plaat gekoop het, 'n twee plaat stofie vir so R1400? beskikbaar. Ek kan nie werklik onthou nie, maar dit was nie so duur nie.
As ek kan voorstel, betaal maar eerder daai ekstra paar rand, en koop klaar 'n twee poaat stofie, dit is net beter.