Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -3 hours ago

Ranger laaikas

Nelspruit
Submitted by Koos Mol on
Forums

Met die dat ons voltyds kamp het mens maar meer goed wat jy saamry. Van die goed het jy ook minder gereeld nodig soos wasgoedseep en ander skoonmaakmiddels; die stofsuier en dan al my "odds & ends". Elke nou en dan as ons een van die items moet uitkry om te gebruik moes ek agter in die bakkie inkruip en die een na die ander krat oopmaak om die item te soek en soos murphy dit mos wil hê is dit elke keer in die laaste krat wat jy oopmaak. Na baie meet, beplan (dis nou die dink proses) en sketse maak het ek op die laaistelsel besluit. Nou is dit net "canopy" oopsluit, agterflap oopmaak en laai ooptrek en ek hoef glad nie in te klim nie.
Dit was 'n lekker projek en soms uitdagend om so agter op die bakkie flap met die minimum handgereedskap te werk. Die eindproduk het egter goed en prakties uitgedraai. Ek moet net die knippe nog aansit, sukkel om klein "spring bolts" te kry.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/06/2018 - 17:10

Hemel Koos, ek is beïndruk !  Pragtig man !  Ek hou baie van die boonste laai wat dwars oopmaak om voorsiening te maak vir die kappie se skuins agterkant.  Ek hou ook daarvan dat jou laaie net omtrent een derde van die inlaai-ruimte beslaan en die res van die bak is nog vir ander goed beskikbaar. Ek hou ook daarvan dat die hout met mat oorgetrek is, dit lyk sommer professioneel en keer dat ander goed in die laairuimte wat daarteen leun nie gekrap sal word nie.

Hoe het jy die aluminium "tubing" aanmekaar geheg ?

Jou projekkie is meer indrukwekkend omdat jou "werkswinkel" op jou kampterrein is en jou werkstafel is die bakkie se agterste klap !  Puik man, veels geluk !

0
Nelspruit

Koos Mol

Sat, 02/06/2018 - 17:22

Dankie vir die positiewe kommentaar, ek is nogal trots op my handewerk.

Len....... Die aluminium profiele is met Connect-It koppelstukke aanmekaar gesit, die grys koppelstukke op die foto. Hulle werk baie goed, slaan hom in die aluminum profiel in, nie nodig vir enige verdere skroef of rivet nie. Die ouer model koppelstukke kon jy met 'n pennetjie of rivet vassit, jy kan die gaatjie sien op een van die stukke op die foto. Die nuwer stukke het extra riwwe op, dus geen addisionele vassit nodig nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/06/2018 - 17:37

Daardie geel blok wat jy gebruik om stukke presies teen verskillende hoeke te saag, waar het jy dit gekry ?  Ek het altyd 'n hout een gebruik wat onlangs gebreek het en nou vervang sal moet word.

0
Nelspruit

Koos Mol

Sat, 02/06/2018 - 17:43

Die geel "mitre block" is plastiek en by Bu-Co gekoop. Die plastiek is egter redelik sag en die baie saagwerk het die saaggroewe bietjie oopgewerk.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 03/06/2018 - 14:55

Koos, ek wou nog vra, hoe het jy gemaak om te keer dat die laaie oopgly terwyl jy ry ?  En, het jy die raam op die bakkie vasgeskroef of staan hy stewig genoeg as jy ry of kantel hy nie as die boonste laai oopgemaak word nie ?

0

Die laaie moet nog knippe aan kry. Ek soek 'n "spring bolt latch", dis die pen en knip wat veerbelaai is. In Oos London kon ek net groot swaardiens knippe kry, soek nog na 'n kleintjie.

Die rak is met 3 m8 boute vas aan die bak van die Ranger en staan stewig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus