Dagse al die mense,
Laat ons eers kyk of die stukkie skrywe op n skerm kom, ek is nie baie hoopvol nie. Maar as dit wel gebeur, wil ek se, Hallo Freda.
My maat! En hier verbeel ek…
My maat! En hier verbeel ek my neef Herman is bles en dra 'n dukglas bril
Nou voel ek nie meer so uit met my lang hare nie ![]()
Herman, het jy nie op 'n…
Herman, het jy nie op 'n stadium daai baard moes afsny ter wille van jou kleindogters nie? Is hy nou weer terug in al sy glorie?![]()
(Jy moet seker maak, nadat jy op "save" gekliek het, dat dit deurgegaan het, voor jy uitgaan. Dit kan al rede wees hoekom jou terugvoer "verdwyn" het. Of so reken ek dalk.)
Ja, hoe sal ons sê, want ek…
Ja, hoe sal ons sê, want ek ou graag wou se "welkom stem innie bos", maar nou kan ek nie, want daar is nie 'n stem nie, net 'vinger ?
Herman, ons sien uit na jou lekker lees stories.
Herman, sit ek nou hier…
Herman, sit ek nou hier rustig met my koffie op die koue stoep en dink. Daai foto van jou lyk baie verdag. Het jy nie op 'n stadium saam met die ouens van Led Zeppelin uitgehang nie?
Moét sê grappie oor Herman
Ek lees nou weer hierdie draad en bekyk Herman se foto so. Dink toe, aan wie laat hy my dink? Toe besef ek: Daai oertyd se grotmanne, wat hul vroue so aan die hare gesleep het en met 'n knuppel in die hand geloop het.![]()
Herman, het jy nie dalk 'n grot daar op die plaas nie? Vonnie sal net nie toelaat dat jy haar aan die hare rondsleep nie, sy sal jou bykom met die kombuis vadoek. He-he.
Hallo Voortrekker, onthou…
Hallo Voortrekker, onthou die manne nog goed, kon n kitaar lekker tokkel, maar lankal neergesit.
Waar die lang hare en baard dra vandaan kom. Die rebelse tipe van die 70's het so gelyk.Toe kom die army, en sny als stomp af sodat jy soos n p...pol voel, en elke jaar met kampe word die prosedure van vernedering herhaal. Wel toe ek klaar is met die na baie jare het ek maar net weer begin groei.
Die hengse baard is begin na aftrede. In besigheid sou mense jou nooit vertrou het met so gesiggie nie.![]()
Skeer hom so af en toe af, dan wil Von nie langs my inklim nie, se die voel soos n vreemdeling.
Freda, ja hier is n grot, maar magties, die kamer is darem baie nader en nie so stowwerig nie. Von werk baie mooi saam na n glasie champers as n hou oor die kop.![]()
Nee maar ek is bly jy…
Nee maar ek is bly jy gebruik darem nie 'n knuppel nie.
O aarde, as die Zimbabwiërs nie vir Arie te besig hou nie, sal hy vir ons hier 'n baie goeie antwoord kom gee.
So baard hou mens seker lekker warm in die winter, wat gebeur in die somer?
Moet jy die baard kam neef? …
Moet jy die baard kam neef? Koek dit nie? ![]()





Welkom neef, daai is 'n…
Welkom neef, daai is 'n welige bos wat jy daar het.