Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -6 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -6 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago

Landrover aanpak

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagse,  nou skoon gatvol vir myself. Skryf n ellelange opstel, toe ek afblaai, raak ek te lank aan n foto van n park, en daar is als befoeter. Probeer terug, en kom uit by my lee nuwe onderwerp.

Elk geval, die my getroue ou 110tdi bakkie, waarvoor daar lank gelede n netjiese aluminium canopy gebou is, en slegs een keer Richtersveld toe gebruik is, gaan nou in n meer permanente kampding ingerig word.

Sal seker  nie n herlewing in boskamp by ouma en oupa laat ontstaan nie, maar soos Von se, hou jouself besig, dalkies kan ons so een keer n toer doen soos in ons jong dae.

Hier in die vroe 90's het ek n netjiese Landrover Camper gebou. Hele jaar gewerk daaraan, en baie  geniet. Julle sal dalk nie glo nie, maar dit het tot n voorste en agterste aircon gehad !! Opdrag van die baas....

 

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 19/06/2018 - 19:28

Herman, daai lyk vir my baie goed vir 'n kamp in die Ooskaap.  Hoe lank voor julle die pad vat?

Is daai nou die slaapplek, of is dit nog steeds bo-op die dak?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 19/06/2018 - 19:54

Daai tent agter die Landy, is die " change house", waar ons Long Johns aantrek voor die leer bestyg word vir slaaptyd.Slaaptent nog bo- op dak, sal n foto plaas sodra die weer beter raak en ek dalkies daktent kan vasbout.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 20/06/2018 - 21:18

Nou Herman,  sê my, wanneer boer jy of het jy 'n plaasbestuurder soos die boere hier by De Doorns ?  (Jy kan tog nie al afgetree wees nie, jou baard is nog nie grys genoeg nie en jou vrou is nog te jonk - sy klim dan nog trappies na die daktent ?)

0

More neef...... NE!

Vra maar net Hoe skuins issi dak van die tent, om water af te laat loop? en oppi laagste kant boe, is daar n paal wat van een kant tot die ander kant is (Links na regs)....

Ek vra omrede as daar n dwars paal is, is die water genyg om op te dam op die dak agter die dwars paal, en as die daknie n redelike afloop is dit ook genyg on op te dam.....

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 21/06/2018 - 07:37

Lennie, hierdie plasie is net n speelplek, nog nooit eintlik " geboer" nie. Deesdae is die "boerdery"  baie minder, en op die manier spaar ek sommer baie. Ja jong, ek het bietjie vroeg afgetree, en as ek geweet het hoe lekker dit is, sommer nog jonger gedoen. 

Von is darem nog aan die gang, alhoewel sy bietjie traag is om te probeer fiks bly, self stap ek darem nog gereeld. Soos jy se, neef het nog n jong vrou..

Warren, daai is net n model opset op foto. Die dak word uit  Aluminium plaat gebuig, en vou toe soos n tas met die tent en pale binne-in. Die "tas" word bo-op die daktent gebere, en toegemaak met dieselfde sak. Sal n foto plaas as ek daarmee klaar is.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 21/06/2018 - 08:06

Jinne, Herman, en hier het ek altyd gedink dit is net Chuck wat 'n jong GIRL het.laugh   Jy kan gerus vir Chuck nooi om te kom saamgesels hier op Kampforum.   Hy is mos 'n bok vir sports en daarvan kry mens nogal genoeg hier.wink

 

0
Middelburg

Noel

Thu, 21/06/2018 - 13:07

Nice opset Herman. Ek self ook het daktent en gebruik net 1 nag oorslaap by kampplek. Daai dun matras van daktent gee my helse rugpyn en dit voel ek le op die vloer. Ek gebruik somtyds opblaas matras wannneer ek meer male op daktent slaap. Is jul daktent ook dun harde matras ?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 21/06/2018 - 14:28

Noel, die matras is nie te dun nie, en nogal stewig, voel reg vir my.  Die matrassies wat ons gebruik waneer ons met tent kamp, en op grond slaap  maar dieselfde, dink dit is " high density" spons.

Matras op bed by huis, is net so klipharde besigheid, so ons is seker gewoond aan hard slaap.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 21/06/2018 - 19:13

Vandag se vordering,  luik in die canopy gesny en leertjies verander om binne en agter LR te werk.

Luik

Van n ander hoek.

Ander hoek

En so lyk dit van die bekruipkant af. Die leertjie wat grond toe gaan, vou op teen agterdeur, agter spaarwiel, dus nie n vasbout en losbout storie nie.Van agter af 

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 21/06/2018 - 19:29

Herman, ek wil nou graag vir jou iets mooi sê oor wat jy doen, maar ek kan nie, want ek weet regtig nie wat dit alles behels nie.   Dit lyk baie indrukwekkend en solank julle kan kamp en slaap, sal die Kaap Hollands wees!

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/07/2018 - 08:14

So bietjie vordering gemaak. Die agterent-tent se dak laat buig 4 sterk skarniere vasgebout, nodige knippies om teen Landy vas te maak, knippe op dak op vas te trek etc.En... Von se dit lyk baie mooi. Eerste prys vir my die een.

Agterent-tent

Dit vou op, als pas binne in die dak se twee helftes.

Opvou

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus