Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -26 minutes ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -28 minutes ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -28 minutes ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -37 minutes ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -38 minutes ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -45 minutes ago

Enige 5de Wiel karavaan lede in ons midde?

Wonderboom Suid
Submitted by chrisbeachbum on

Ek doen graag navraag of daar dalk enige 5de wiel karavaan eienaars onder ons lede is.

Ek is sedert 1972 met die bekendstelling van die destydse "Styleline" 5de wiel karavane versot op die idee, soveel so dat ek onlangs begin het om self vir my een te bou.

Te wyte aan baie streng ordonnansies en kostes om die voorhakergedeelte van so 'n konfigurasie te registreer, asook die tolfooie wat so 'n karavaan eienaar liederlik takseer, het hierdie karavaan weergawes nooit byval gevind in SA nie en daar is slegs 'n handvol mense wie oor so iets beskik.

Dis ook vrekduur om in te voer en hier te herregistreer.

Ek sal graag met sulke eienaars bietjie wil idees uitruil en raad verkry.

Mooiloop, Julle.

Wonderboom Suid

chrisbeachbum

Mon, 25/06/2018 - 11:52

Ek's tans amper klaar met veranderinge aan 'n Mercedes Benz Sprinter "double cab" voorhaker trokkie, waarna ek met die karavaangedeelte gaan begin.

Die ideaal is om my voorhakertjie soos die een op die foto te laat lyk, maar met 'n leunwa karavaan (en nie 'n vragwa soos op die aagehegde foto nie) daaragter.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 25/06/2018 - 12:08

Ek moet sê, daardie silwer Nissan Navara lyk vir my na die perfekte voorhaker vir so 'n karavaan !

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 25/06/2018 - 13:38

Right nou ek ok weer iets geleer.

Kon nog nooit verstaan hoekom die goed nie hier posvat nie, dit is die koste aan registrasie ensovoorts, dankie Chris.

Deetlef [kan nie nou sy van onthou nie] het so bielie van 'n 5 de wiel ingevoer van Amerika, daai ding se kant skuif hidrolies uit, vol badkamer, koinekteer op bestaande kamp riool, te grand vir woorde.

Gesleep met 'n V10 dubbel cab Chrysler ook ingevoer van Amerika af, staan elke jaar by Tsipisse en gaan dan KNP toe.

Sien die jaar het hy 'n groot motorhome!

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 25/06/2018 - 14:54

Chris, sommer net vinnige verwelkoming op hierdie forum!!! LANKLAAS kontak gehad!!

Ek het destyds daar op Weggesleepte forum begin om jou hengelwenke/praatjies op rekenaar te stoor, maar ek dink alles het gegroet met rekenaar wat gedooi het.

Sterkte met die 5de Wieler, het jy nog die Motorwoonwa?

Groete.

 

Frans

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Mon, 25/06/2018 - 19:54

Chris die idee kom al n lang pad met jou.

Kan nog onthou van die gesprekke met Karel Broeksma wat aan WJ motorhomes gewerk het. Hy het my jare terug vertel van jou idee met 5 de wiel waens,

Sterkte met die projek.

0
Wonderboom Suid

chrisbeachbum

Mon, 25/06/2018 - 21:33

Ja Arie, Deetlef (van As) sukkel nou al 'n rukkie om daai duur "motorhome" verkoop te kry.

Frans - Ek het myne ook laasjaar verkoop - Raak te moeilik vir my om stoksiel alleen die voertuig te hanteer so met die ouderdom saam.

Dis ook die beweegrede hoekom ek eerder die 5de wiel ding wil doen - Hierdie karavane volg so reguit soos 'n pyl en het geen swaai probleme nie. Die ander rede is dat mens gemaklik 110/120 daarmee kan ry, want hierdie Sprinters wikkel lekker.

Hallo Harry, goed om weer van jou te hoor. Ja Carel ken my jeukery al van lankal af. Ek het hom ontmoet toe ek die WJ Motorhome & Caravans fabriek se masjinerie en voorraad by hom gekoop het toe hy klaarmaak.

Maar...., daar's nog 'n lang pad voor voordat my Vêntjie klaar is.

Groot uitdaging, en daarna weer die langpad, ... permanent, of solank die gesondheid hou en mens gespaard bly.

Moet darem in retrospek erken, ek het 'n goeie nuwe eienaar vir my "Ou Lady" gekry - Die man is hoogs in sy noppies en toer die wêreld van hoek tot kant.

Gawe huisie gewees, daai.

0
Centurion

Dusty

Tue, 26/06/2018 - 07:48

Chris, vandat ek die eerste 1 ton bakkie met sy vyfde wiel aflewerings wa agter het ek gedink dat dit n lekker karavaan eenheid kan maak. Jy ry tot by die kamp, haak dan dit af, maak die vyfde wiel gedeelte toe met n deksel en jy het dan nog steeds n los voertuig.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 12/11/2018 - 10:06

Ek het aan ChrisBeachbum gedink toe ek hierdie op FB sien.

video
0
Centurion

Dusty

Mon, 12/11/2018 - 10:21

Anton, Dit is 'n briljante idee. Op youtube is daar nog 2 sulke voorbeelde. Die een lyk soos 'n blomme wa. Vol blomme geverf.

Wonder nou hoevêr is Chris met sy vyfde wiel projek. Laas wat hy gepraat het was die voertuig gereed.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus