JUlle manne moet onthou, Len…
JUlle manne moet onthou, Len verjaar vandag!
Happy happy Len! Lekker verjaar!
Baie geluk, Len
Jy is omtrent lekker skelm dat jy nie vir ons vanoggend sê jy verjaar vandag nie. Skippie moes ons kom vertel, skande!!
Jy moet nou absoluut lekker verjaar en dit behoorlik vier. Mooi wense vir die jaar vorentoe en "always stay as sweet as you are". ![]()
Oom Len ek het op gesigboek…
Oom Len ek het op gesigboek geluk gese, maar sommer weer baie geluk!
waar is Willem se hemp? …
waar is Willem se hemp?
Noem dit my "trade mark" ![]()
Jinne tog!!!!
Jinne tog, Skippie, darem WRAGTAG goed om weer jou bakkies te sien!!!!!
Los daai dêm bakkiesboek en goete, en kuier meer gereeld hier!!!
Groete al met die gang af.
Frans
Skippie
Skippie, terug by jou fotos van die De Voetpadkloof-kamp waar ek die opmerking gemaak het dat jou kosmakery my beïndruk het. Ek wys netnou die fotos vir my beterhelfte en sy sê toe dadelik, "dis mos die ou wat vir ons sy "Danville Prawns" gewys het wat toe in der waarheid hoendervlerkies was !
Ai, die kampeerdery en kampstories is darem maar lekker !
Ns. As ons nou in chalets daar vakansie gehou het, sou hierdie vriendskappe nooit gesmee gewees het nie.
More Len, Jaa dis baie waar…
More Len,
Jaa dis baie waar wat jy sê oor vriendskappe smee as mens kamp, dis heelemal 'n ander opset as chalet bly! Met kamp is dit amper of jy 'n mens in jou kombuis innooi en daar kuier!! En lekker stoepsit en kuier!!
Met daardie kamp het ek vir die eerste keer baie van die wegsleepers eers persoonlik ontmoet en nuwe vriendskappe begin smee! Aaai dis darem lekker man! Twee van daai manne is ook nie meer vandag saam met ons nie, ou Rhyno en Daan het ons altwee al verlaat. Ek het nog Rhyno se Fleetline later by sy weduwee oor gekoop. Foto's aangeheg.
So jy onthou nog die "Danville Prawns"? Dit was eintlik hoender nekkies waarvan dit gemaak was! Die mense het dit baie geniet nê? Sien die foto aangeheg.
Goeie en lekker tye!!
Dagsê vriend FRans!! Is jy…
Dagsê vriend FRans!! Is jy nog met ons ou maater? Goed om van jou te hoor man!
Ek sal maar jou uitnodiging aanvaar en saam kuier!
Grtoetnis!
Lekker Skippie Die ou…
Lekker Skippie
Die ou fotos wat jy hier plaas is awesome! Dit maak my baie bly as die ou vrinne weer so kan "bymekaar" kom ![]()
Voortrekker jaa die foto's…
Voortrekker jaa die foto's bring lekker en goeie herinneringe saam nê?
Ek plaas sommer ook die groep foto wat daar geneem was van al die ou wegsleepers, hier is sekerlik 'n paar mense wat iemand sal herken? Baaie was nog jonk en mooi en ander nog skraal, party het al kinders bygekry en ander het ons al verlaat!
So stap die ou lewe maar aan nê?
Welkom Skippie lekker om…
Welkom Skippie lekker om weer van jou te hoor!
Ek onthou jou as die kos man, en as ek reg onthou het jy 'n prag tuin ook? Verbeel my jy het eendag fotos van jou tuin op die ou forum gesit?
Dagsê Arrie, goed om van jou…
Dagsê Arrie, goed om van jou te hoor ou maater!
Ek bly maar die kosman want my passie daarvoor het nog nooit gewyk nie!!
Ja ek prober maar om die tuin mooi en netjies te hou maar die laaste jaar met die water beperkings hier by ons het hy so klein bietjie agteruit gegaan of sal ek se vaaler geword maar ons hou nog hand oor hom, dankie vir die kompliment!
Foto's is van voor die droogte.





Ai, nou klink so saamtrek…
Ai, nou klink so saamtrek nog meer aanloklik👍👍
Skippie, lees asb die draad "derde saamtrek"