Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -7 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -15 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -15 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -17 hours ago

Afrikaanseforum.co.za

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

 

afrikaanseforum

Hierso (en ook spesiaal vir Len)  nog 'n baie oulike afrikaanse forum.

http://forum.afrikaansef…

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 08/08/2018 - 12:03

Ek moet bieg, ek kuier en drink nou ook koffie op 'n ander forum.  Jammer dat ek julle afskeep.laugh  Moet asseblief nie vir die skoolhoof gaan sê nie.

 

...hulle gaan my help om beter afrikaans te kan praat hier ...

0

Dankie vir jou kuier op ons (dit sluit jou in) forum Voortrekker.  Dit is altyd lekker om nuwe lede by te kry en saam te kuier.  Alhoewel Afrikaans ons groot liefde is, is ons ook lief vir almal wat kom saam kuier.  Ons deel mekaar se lief en leed en speel met die ABC.

Ons nooi almal om aan te sluit en saam te kuier.  Gooi 'n briefie in my e-pos  pm@afrikaanseforum.co.za  en ek registreer jou graag.  Watter naam wil jy gebruik en jou e-posadres sal voldoende wees.  

Sien uit daarna om saam met julle te kuier.  

PM

0
Leeupoort

Petra Smit

Wed, 08/08/2018 - 12:27

My naam is Petra Smit.  Ek het Die Afrikaanse forum bykans sewe jaar gelede gestig vir skrywers wat wou saam speel met die ABC.

Ek is amper 70, 50 jaar gelukkig getroud met 'n klomp kinders in die buiteland en vreeslik lief vir mense en kuier. Alhoewel ons nie 'n karavaan het nie, kamp ons graag om 'n vuurtjie.

Dit is ek, Petra.  My skrywers naam is Piet Magriet wat sommer net PM geword het.  

 

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Wed, 08/08/2018 - 13:02

Welkom aan Petra en Kie!!!! 

Wonner so by myselwers of ek perdalks daar paar lekker swetswoorde kan gaan opsoek, ek ken iemand wat ek wil goed slegsê!!!!

0
Leeupoort

Petra Smit

Wed, 08/08/2018 - 13:50

Ons is nogal heel "respektabel" op die forum en prober (met twee e'tjies) om niemand aanstoot te gee nie. Ons laat ook nie 'n bakleiery toe nie.  Ons is bang die bloed spat op die skerms! surprise

0
Leeupoort

Petra Smit

Wed, 15/08/2018 - 15:56

Baie dankie aan almal wat my welkom heet, ek waardeer dit.

Dankie Voortrekker dat jy gereeld daar by ons kom kuier.  Ek hoop al julle ander ouens hier op die Kampforum kom sluit aan en kuier saam.  Moet net nie verwag iemand hou by die onderwerp  nie, ons klomp kan kuier en klets en as ons weer sien het ons die hele forum vol gekuier.  

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 15/08/2018 - 15:59

Wat as ek daar aansluit en besluit om julle te los???   Dit klink sommer baie lekker daar.   Ek is net te geneig om Engelse woorde tussenin te gooi, sal dalk in die moeilikheid beland. Alhoewel, lief is ek vir my taal, dis nou maar verseker.   Ek is ingeskryf as lid by Beter Afrikaans en kry elke oggend 'n toets om aan deel te neem.   Ek was ook so gelukkig om 'n jaar subskripsie te wen vir Viva+, wat al die woordeboeke insluit, o.a. HAT en WAT.

Ek sal gaan loer maar is nogal bang ek bly later in 'n vuil huis.  Mens kan so besig raak op al die forums dat jy tyd vir niks anders kry nie.laugh

0
Bellville

Naas

Wed, 15/08/2018 - 18:55

Ons is nie vol fiemies nie en ek waarborg jou dat jy perdalks van 'n paar ander forums gaan wegloop. Petra sukkel ook maar om my in toom te hou want ek praat soos ek dink en as ek vies raak dink ek diep in tale.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 15/08/2018 - 20:00

As die woorde wat in my kop draai net in die regte lettervolgorde uitkom, maar o wee, dit gebeur nie so nie. So voordat neef hom n totale krater maak, moet hy liefs stilbly. Sy oorle pa het juis vir hom vertel;" mense weet nie hoe onnosel jy is voordat jy jou mond oopmaak nie". Goeie advies daai.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 16/08/2018 - 08:13

Tannie Petra, stuur asb groete daar oppie afrikaanse forum aan Adele en Anastasia en sê hulle moet maar koffie en tee solank sonder my geniet. Ek sal volgende week weer terug wees smiley

0
Leeupoort

Petra Smit

Thu, 16/08/2018 - 08:21

Ek sal groete stuur.  

Neef Herman, ons stel regtig net belang in julle saamkuier en sal nie enige taalreëls afdwing nie.  Daar is 'n klomp afdelings waar ons leer en spel en skryf, maar dan het ons 'n hele paar afdelings waar ons net lekker kuier en deel in mekaar se lief en leed.  

Jy kan wel 'n bekgeveg kom begin en ons sal saam "bekgeveg".

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 16/08/2018 - 08:25

Nou hoor nou net daar.  Julle kan gaan leer hoe om afrikaans te praat en ook hoe om te spel smiley​​​​​​

.... En dan ook sommer 'n paar mooi gedigte en skrywe lees. 

Kom mense!  Laat ons ons afrikaans  verbeter, ons woordeskat vergroot en mekaar vermaak met mooi woorde en sinne yes

0
Leeupoort

Petra Smit

Thu, 16/08/2018 - 10:21

As jy skryf en 'n eie hoekie wil hê waar jy jou skryfwerk met ons wil deel dan maak ek so.  Dit is ook 'n goeie plek om jou werk te bewaar.  

Baie geluk Freda.  My woordeboeke is my grootste skat!  

Julle sal Naas se saamkuiertjies baie geniet.  Hy laat ons altyd lag.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus