Vanuit die Afrikaanseforum.
Dankie vir jou kuier op ons (dit sluit jou in) forum Voortrekker. Dit is altyd lekker om nuwe lede by te kry en saam te kuier. Alhoewel Afrikaans ons groot liefde is, is ons ook lief vir almal wat kom saam kuier. Ons deel mekaar se lief en leed en speel met die ABC.
Ons nooi almal om aan te sluit en saam te kuier. Gooi 'n briefie in my e-pos pm@afrikaanseforum.co.za en ek registreer jou graag. Watter naam wil jy gebruik en jou e-posadres sal voldoende wees.
Sien uit daarna om saam met julle te kuier.
PM
Welkom Petra. Nou weet ek…
Welkom Petra. Nou weet ek ook wie is PM ![]()
Wie is Petra
My naam is Petra Smit. Ek het Die Afrikaanse forum bykans sewe jaar gelede gestig vir skrywers wat wou saam speel met die ABC.
Ek is amper 70, 50 jaar gelukkig getroud met 'n klomp kinders in die buiteland en vreeslik lief vir mense en kuier. Alhoewel ons nie 'n karavaan het nie, kamp ons graag om 'n vuurtjie.
Dit is ek, Petra. My skrywers naam is Piet Magriet wat sommer net PM geword het.
70? My aarde, Petra Smit,…
70? My aarde, Petra Smit, jy is nog bloedjonk!
Wag tot jy hoor hoeveel…
Wag tot jy hoor hoeveel oortyd het ek op die klok! ![]()
Ongelukkig nie
Ons is nogal heel "respektabel" op die forum en prober (met twee e'tjies) om niemand aanstoot te gee nie. Ons laat ook nie 'n bakleiery toe nie. Ons is bang die bloed spat op die skerms! ![]()
Welkom Petra. Ons is ook…
Welkom Petra. Ons is ook vreedsaam hier veral as ons braai. Ons gee ook niemand aanstoot nie hulle neem sommer self die hasepad.
Welkom Petra, hier verkeer…
Welkom Petra, hier verkeer ons dikwels "vreedsaam" en gaan daarna "dik vriende" uit mekaar.😄
So wie het al gaan inloer en…
So wie het al gaan inloer en deurblaai op Petra se webwerf? Ek is ook 'n lid daar ![]()
Baie dankie
Baie dankie aan almal wat my welkom heet, ek waardeer dit.
Dankie Voortrekker dat jy gereeld daar by ons kom kuier. Ek hoop al julle ander ouens hier op die Kampforum kom sluit aan en kuier saam. Moet net nie verwag iemand hou by die onderwerp nie, ons klomp kan kuier en klets en as ons weer sien het ons die hele forum vol gekuier.
Wat as ek daar aansluit en…
Wat as ek daar aansluit en besluit om julle te los??? Dit klink sommer baie lekker daar. Ek is net te geneig om Engelse woorde tussenin te gooi, sal dalk in die moeilikheid beland. Alhoewel, lief is ek vir my taal, dis nou maar verseker. Ek is ingeskryf as lid by Beter Afrikaans en kry elke oggend 'n toets om aan deel te neem. Ek was ook so gelukkig om 'n jaar subskripsie te wen vir Viva+, wat al die woordeboeke insluit, o.a. HAT en WAT.
Ek sal gaan loer maar is nogal bang ek bly later in 'n vuil huis. Mens kan so besig raak op al die forums dat jy tyd vir niks anders kry nie.![]()
Freda (en ander)
Ons is nie vol fiemies nie en ek waarborg jou dat jy perdalks van 'n paar ander forums gaan wegloop. Petra sukkel ook maar om my in toom te hou want ek praat soos ek dink en as ek vies raak dink ek diep in tale.
As die woorde wat in my kop…
As die woorde wat in my kop draai net in die regte lettervolgorde uitkom, maar o wee, dit gebeur nie so nie. So voordat neef hom n totale krater maak, moet hy liefs stilbly. Sy oorle pa het juis vir hom vertel;" mense weet nie hoe onnosel jy is voordat jy jou mond oopmaak nie". Goeie advies daai.
Tannie Petra, stuur asb…
Tannie Petra, stuur asb groete daar oppie afrikaanse forum aan Adele en Anastasia en sê hulle moet maar koffie en tee solank sonder my geniet. Ek sal volgende week weer terug wees ![]()
Ek sal groete stuur. Neef…
Ek sal groete stuur.
Neef Herman, ons stel regtig net belang in julle saamkuier en sal nie enige taalreëls afdwing nie. Daar is 'n klomp afdelings waar ons leer en spel en skryf, maar dan het ons 'n hele paar afdelings waar ons net lekker kuier en deel in mekaar se lief en leed.
Jy kan wel 'n bekgeveg kom begin en ons sal saam "bekgeveg".
Nou hoor nou net daar. …
Nou hoor nou net daar. Julle kan gaan leer hoe om afrikaans te praat en ook hoe om te spel
.... En dan ook sommer 'n paar mooi gedigte en skrywe lees.
Kom mense! Laat ons ons afrikaans verbeter, ons woordeskat vergroot en mekaar vermaak met mooi woorde en sinne ![]()
As jy skryf en 'n eie hoekie…
As jy skryf en 'n eie hoekie wil hê waar jy jou skryfwerk met ons wil deel dan maak ek so. Dit is ook 'n goeie plek om jou werk te bewaar.
Baie geluk Freda. My woordeboeke is my grootste skat!
Julle sal Naas se saamkuiertjies baie geniet. Hy laat ons altyd lag.
Afrikaanseforum.co.za ...
Kom nou weer op hierdie gesprek af en wonder wie kuier nog daar ?






Ek moet bieg, ek kuier en…
Ek moet bieg, ek kuier en drink nou ook koffie op 'n ander forum. Jammer dat ek julle afskeep.
Moet asseblief nie vir die skoolhoof gaan sê nie.
...hulle gaan my help om beter afrikaans te kan praat hier ...