Ons is baie lief vir eet - dit is geen geheim nie. Bloos. Gelukkig geniet ons die kosmaakproses ewe veel anders kon dinge arig lol. Soms is die uwe te haastig om die omgewing te gaan verken en verneuk ek 'n bietjie om tyd te steel en maak eerder gou 'n omelet i.p.v 'n boerse gedoente. My gunsteling vulsel is oorskietslaai. Bederf myself maklik sommer tuis ook so, het mos gese ons is lief vir eet ne?

Ons is baie lief vir eet -…
Ons is baie lief vir eet - dit is geen geheim nie. Bloos.
Raaitjie, dit is mos nie nodig om te bloos nie.
My moto is: Ek lewe om te eet en nie eet om te lewe nie. Niks so lekker soos 'n lekker bord kos nie. doet so voort.
Jis dit lyk lekker. Nou…
Jis dit lyk lekker.
Nou wonder ek hoeveel borde het auntie Meraai as elke bord so naam op het dan. ![]()
As Vis gaar gemaak word? Haal sy dan die borde uit waarop Vis staan? ![]()
Groete
Net staan die woord omelet…
Net staan die woord omelet nie net op die bord nie, "the presentation looks like fine dining", soos hulle op BBC Food sal sê. Lyk heerlik, Meraai!
Wonder ek ook nou hoekom…
Wonder ek ook nou hoekom daar Omelet op die bord staan? Kan hulle nie sien nie? ![]()
Lyk vrekkit lekker op die…
Lyk vrekkit lekker op die foto. Die slaai op die kant sal ook lekker afgaan. Maar slaai wat toegevou is binne die omelet (m.a.w. warm is) sal maar vassit in my keel. Ek het onder andere 'n broertjie dood aan slaaiblare op 'n 'burger'. 'n Slaaiblaar wat verlep is a.g.v. hitte - aikôna, nie vir dié seun nie. Maar soos reeds gesê, die omelet lyk mooi en lekker. Jy kan my vang in 'n wip met 'n lekker omelet.
Giggel ek alweer
Verlepte slaaiblare hahhaha ... volgende keer gaan ek mooi kyk hoe lyk daardie Barbi-kos van ons op die omeletjie lol. Ek moet erken, soms weet ek nie wat is vir my die lekkerste deel van kosmaak nie - die voorbereiding, kyk hoe manlief dit geniet en beduie of die fotosessies agterna. Van kleinsaf het my kids hand uitgesteek na die vrugte op die tafel en gou gevra: "Het moek klaar gesnep? Kan ons maar eet?" omdat ek die fotos gebruik het vir verwysings vir kwasstrepe :)
Vandat ons hier in Gatkantland (down under) is het my Meisiekindjie gevra dat ek ons gunsteling resepte bewaar vir die nageslag en so het die kombuishoekies ontstaan. Fotos ingesluit wat ek ongeloooooooooooflik geniet! Moet erken, kos is nie die maklikste modelle nie. Hulle het 'n wil van hulle eie. Opregte waardering vir ieder en elk wat tydjie gesteel het om hier in te loer. As julle wonder oor die name op die borde....
http://forum.afrikaansef…
Meraai, so bietjie gaan loer…
Meraai, so bietjie gaan loer na jou kook vernuf, jy is 'n antie so na my hart!!!
Vir my is 'n groot gedeelte van lekker eet die aanbieding, ek is geneig om amper meer met die oog te proe as met die tong.
Vir 'n paar jaar in Bloemfontein gewerk, en myself elke week getreat met middag ete by die hotel skool. Daai aanbieding was vir my soos 'n kunswerk amper jammer om dit te begin eet.
Ek is glad nie 'n groente eter nie, maar wel baie lief vir slaai, een van my gunsteling geregte is;
Gestoomde Kingklip of Hake, los gekookte aartapel met versniperde slaaiblare [rou] daar deur gemeng, bedien met 'n suurroom mosterd kaas sous, ai hoe water my mond noe.
Iets wat ek ten minste een keer 'n maand eet is 'Steak Tartare" maar maak dit self hulle is mal in 'n restaurant met die prys.
Baie goeie kwaliteit lean bees mince, gekrui soos jou smaak, platgedruk op jou bord, met 'n holte in die middel waar jy dan 'n rou eier in breek. Bedien saam met 'n lekker mengel slaai met heelwat rou mushrooms in - lekker verby!!!
Meraai verjaar vandag
Ek het gehoor Meraai verjaar vandag! Baie geluk tannie
Ek hoop oom A3 gaan jou sommer baie bederf.
Jy moet lekker verjaar! Of laat ek eerder sê ek hoop jy het lekker verjaar, want daar by julle is dit amper môre?
Wanneer die klok oorslaan, dan kan jy maar hier nog verder kom verjaar. ![]()
Baie geluk en mag jy baie…
Baie geluk en mag jy baie bederf word en n geseënde jaar
Baie geluk mag daar nog baie…
Baie geluk mag daar nog baie jare voor wees met jou geliefdes!
Hoop jy het lekker verjaar…
Hoop jy het lekker verjaar daar onder, Meraai. Mooi wense vorentoe.
Lekker verjaar, lekker…
Lekker verjaar, lekker verjaar Meraai !!!
My verweerdag
Ek het net gou my mooiste hoed gaan haal - mens moet skaflik lyk as jy kom dankie skryf vir sulke mooi verjaardagwense vir my verweerdag
dankie julle!!!
Arrie, ek gaan beslis van jou wenresepte probeer. My mond water nou!





hmmmmm yummy. Daardie bord…
hmmmmm yummy. Daardie bord sal darem nou baie mooi lyk en proe hier waar ek sit met my koffie en ouma beskuitjie