Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -34 minutes ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -51 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -52 minutes ago
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -3 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

Trapezium

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Nou pik die ou omie verward rond, nie heeltemaal seker onder watse afdeling moet ek die plaas nie???

My Trapezium het 'n diens nodig voor ek weer sleep, die ding kan sommer so met die hand geswaai word, nogal heel los.

Nou waar kan ek dit laat diens sonder dat ek baie kilos moet ry, ek is op die oomblik net buite Bela Bela, Warmbad.

Omtrent na hoeveel skade kyk mens om die ding te laat diens?

Oom arrie ek is verkeerde ou om te vra oor trapezuim. ek gooi hulle gewwonlik in asblik as ek hulle saam wa kry. hier is my persoonlike uitkyk op die. Ja ons het wa gerol met die ou tipe trapezuim op so ken daai slegte gevoel. Ek sal tando opsit as ek met FWD kar sleep om gewig na voorwiele toe te plaas verder sleep ek sonder enige stabiliseerder. As jy verskil voel tussen met of sonder is jou wa verkeerd gepak. As wa regit buite beheer is gaan niks hom stop nie. ek het groot geword in huis wat ons gesleep het en sleep self al van van ek my lesesnsie het 33 jaar. as jou wa reg gepak is en as reguit is sal nie eers band wat bars op wa jou pla nie. Soos ek se dit is Oom se keuse met of sonder maar jurgens bou nie waens wat swaai nie anders sou jy trapezuim saam gekry het.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Wed, 22/08/2018 - 12:40

Arie, as die apparaat vrylik heen en weer beweeg SONDER dat dat daar op en afwaarste beweging op die boute is waar hy skarnier, is hy nog reg.

Die werking van die Trapezium is om die wa en kar weer in te lyn te bring, so hy MOET vrylik kan beweeg om dit te kan doen, waar ander tipe goed stram is om te beweeg, en so sy werk doen.

Kontak Len Booysen by Trapezium en kry  koste op diens, maar praat met hom oor die spesifieke aksie wat jy kry as jy dit beweeg.

Ek het vir amper 35 jaar met dit gesleep, Jurgens, Sprite, Gypsey, almal . En, ek weet waar en wanneer dit my gered het uit 'n skrikwekkende omstandighede, soos rukwind van vragmotors ens.

Elkeen het maar sy eie opinie. 

0
Centurion

Dusty

Wed, 22/08/2018 - 12:42

sleep ek sonder enige stabiliseerde

Toe ek nog met die Ford Courier bakkie 'n Sprite Major gesleep het het ek gesien dat die tando wel werk. Met 'n sterk wind kon ek steeds teen 90 km/u sleep terwyl die ander karavane wat saam met my op die pad was spoed moes verminder want die karavaan het woes begin swaai en moes hulle spoed verminder. 'n Stabiliseerder werk net in 'n noodgeval en nie in gewone ry toestande nie.

Arie, dalk moet jy die vervaardiger kontak en by hulle uitvind. Trapezium Developments 011 4744431

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus