Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 minutes ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -55 minutes ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Sterkte Verskoning Geert -1 hour ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Braai sal ons braai

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Dit is nie 'n braai soos ons in Suid-Afrika ken nie, maar braai sal ons braai - al is dit ook op die balkon van 'n voormalige kommunistiese woonstel. Ek het die braaitjie by Camp World in Mosselbaai gekoop en saam karwei Roemenië toe. Vanaand wei ons dit in. Nog heerlike sonskyn na 'n lekker dag, maar reeds 19:15 hier. Moes net darem reëlings tref in die woonstel bokant ons.

Braai

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 21/08/2018 - 19:08

Geniet die braai.   Wat braai julle vanaand en het hulle lekker vleis?   Ek hoop daar is 'n braaibroodjie ook op die spyskaart.   Lekker "treat" vir die kinders.yes

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 21/08/2018 - 20:01

Chris, jy weet my pa  is darem vreeslik lief vir sy braaivleisie.  'n Man van die Namakwaland - lief vir skaap tjops en 'n lekker boereworsie en die lekker goed wat daarmee saam loop.   Hy stuur ook dikwels vir my 'n fototjie wat baie soos joune lyk om te wys hoe hulle probeer braai op hulle woonstel stoepie in Sofiasmiley

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 21/08/2018 - 20:11

Ons het vanaand hoendervlerkies, "boerewors en ja, 'n toast broodjie gebraai. Jy kry uitstekende gehalte varktjops hier. Hier het nou 'n bees-"slaghuis" oopgemaak wat top-gehalte beessnitte verkoop. Maar jy weet dat jy betaal daarvoor. Rib-eye kos ongeveer R250/kg. Lam is vir alle praktiese doeleindes onbekombaar. Slegs met die Roemeense paasfees (wat selde ooreenstem met ons Paasnaweek) is lam beskikbaar - maar dan piepklein lammetjies. Hoender en vark is maar die algemene bekostigbare vleis en van goeie gehalte. Vars vis is glad nie beskikbaar nie - selfs bevrore vooraf- verpakte vis (soos ons I&J tipe verpakkings) is ook nie beskikbaar nie - altans nie in Calarasi nie. Jy kry wel vakuumverpakte Noorweegse salm, maar teen 'n prys - kort duskant R1 000 per kg.

Braai

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus