Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -2 hours ago

Vasmaak van sykante aan karavaankant

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Kan iemand my raad gee met die volgende. Ons gebruik merendeels net ons stoeptent, maar my vraag het betrekking op die sykante van jou stoeptent sowel as dié van jou hooftent. Ek vertrou ek kan myself duidelik genoeg uitdruk.

Aan die kant wat aan die karavaan grens, het die sykante 'n flap (driehoekig) wat die opening tussen die sykant en die seiltjie wat onderaan die karavaan gespan word, toe te maak. Daar is 'n rubberring aan die punt van dié driehoek waardeur 'n tentpen gekap moet word om dit na binne styf te span. Maar die seiltjie wat onder teen die karavaan geryg word, het 'n plastiekflap wat op die grond lê. Laasgenoemde seiltjie (terloops - wat noem jy daardie seiltjie?) het rubberringe vir tentpenne aan die agterkant waardeur jy dit vaskap.

Nou my vraag - kap jy die sykant se driehoekflap deur die plastiek van die ander seiltjie? Andersins, waar kap jy dit vas? My lang dun seiltjie se plastiek is aan weerskant al voos van gate gekap waardeur ek daardie driehoekflap se pen kap. Ek glo daar is 'n ander manier, maar hierdie tegnies-gestremde ou kan dit nie uit-"figure" nie. Raad sal waardeer word.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/08/2018 - 08:26

Darem nog nie 'n slang gehad wat in die tent ingeseil het nie. Maar verlede jaar, in Tsendze, sit ek en Ralie rustig oor die middaguur en lees voor ons karavaan. Ons staan toe onder 'n appelblaarboom. Ek sit met my rug na die boom en Ralie se stoel is in my rigting gedraai.

Sy sien 'n boomrot uit die boom val en wegskarrel. Die volgende oomblik val nog 'n boomrot uit die boom gevolg deur 'n derde een. Terwyl ek rustig aangaan met lees, kyk sy toe in die boom op om te sien waar val hulle vandaan. Toe sien sy die rede waarom die rotte so uitval. 'n Jongerige mamba, ek skat so ongeveer 1.2 m lank is toe besig om al wat 'n moontlike skuilplek vir boomrotte te wees, te deursoek.

Len het al vertel van die ope-lug storte by Tsendze. Ek stort graag daar. Die een wat ek graag gebruik het is ook onder 'n appelblaarboom. Nodeloos om te sê, daarna het ek darem eers daardie oorhangende takke deeglik verken voordat ek stort.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 23/08/2018 - 11:13

Nou moet Freda julle klomp mans help om tent op te slaan

Voorie, dit een van twee ding:

  • 'n nuwe hand is beter of
  • die hand bewe meer ?
0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 23/08/2018 - 13:44

Hierts, jou lekke ding, nog lekke bloedjonk, nou wil ek eers vir Freda in haar se nagkabaai sien dans om die paal!!!

Hier ek nog altyd gedink Freda [kan nou nie meer tannie nie] is darem al middeljarig!? g'n wonner sy kan nog 'Tent help opslaan" Pole dance en onner die wa rondle.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 23/08/2018 - 14:06

Hier 'n "slang" in die gras (of in die bed !)  -  'n saggeaarde, onskadelike slang !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus