6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -8 minutes ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -59 minutes ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago

Vasmaak van sykante aan karavaankant

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Kan iemand my raad gee met die volgende. Ons gebruik merendeels net ons stoeptent, maar my vraag het betrekking op die sykante van jou stoeptent sowel as dié van jou hooftent. Ek vertrou ek kan myself duidelik genoeg uitdruk.

Aan die kant wat aan die karavaan grens, het die sykante 'n flap (driehoekig) wat die opening tussen die sykant en die seiltjie wat onderaan die karavaan gespan word, toe te maak. Daar is 'n rubberring aan die punt van dié driehoek waardeur 'n tentpen gekap moet word om dit na binne styf te span. Maar die seiltjie wat onder teen die karavaan geryg word, het 'n plastiekflap wat op die grond lê. Laasgenoemde seiltjie (terloops - wat noem jy daardie seiltjie?) het rubberringe vir tentpenne aan die agterkant waardeur jy dit vaskap.

Nou my vraag - kap jy die sykant se driehoekflap deur die plastiek van die ander seiltjie? Andersins, waar kap jy dit vas? My lang dun seiltjie se plastiek is aan weerskant al voos van gate gekap waardeur ek daardie driehoekflap se pen kap. Ek glo daar is 'n ander manier, maar hierdie tegnies-gestremde ou kan dit nie uit-"figure" nie. Raad sal waardeer word.

Pretoria

Slowstrike

Wed, 22/08/2018 - 12:03

Ek sit dit altyd maar aan die binnekant en pak dit vas met wat ookal in die tent moet staan. Die skirt teen die wa se flap is onder die wa ingevou anders kan jy hom nie vaskap met penne nei.

Nee hel ek het nie geweet daar is `n regte of verkeerde manier nie

Ek hou hierdie post dop

Groetnis

0
Centurion

Dusty

Wed, 22/08/2018 - 12:36

Chris, ek kap eers die 3 hoek se penne in en dan ryg ek die "skirting " op sy plek en kap dan net die 2 ente van die "skirting vas. Die res los ek maar en vou die platiek gedeelte na binne. gewoonlik is daar 'n tafelpoot wat dit vashou.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 22/08/2018 - 13:30

Doen ook soos Dusty.

Ek was aan die begin onder die indruk dat daai plastiek na buite moet wees en dan het jy hom vol grond gegooi om reën water uit te hou ?  Ek was/is go verkeerd, maar dit is hoe ek dit as kind verstaan/gesien het.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 22/08/2018 - 13:39

Chris, ek gaan so te werk :-

  • Ek lê die "skirting" neer sonder om dit in te ryg
  • Ek kan dan sien waar penne ingekap moet word en kap hulle dan in
  • Dan ryg ek die die "skirting" in en hak die ringe oor die ingekapte penne
  • Die plastieksoom lê natuurlik dan na die binnekant van die tent
  • Wat die driehoek van die sykante betref, ek kap die ring wat teen die "skirting" moet kom heel eerste in.
  • Daarna kap ek die ring op die verste punt wat 'n 90º hoek met die sykant moet vorm in sodar dit 'n penreguit lyn met die "skirting" vorm
  • Dan kap ek die sykant se ring wat teen die hoekpaal kom, vas en daarna alles tussenin.
  • Nêrens kap ek 'n pen deur die plastiek-soom nie.

Hoop dit maak sin.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/08/2018 - 14:07

Dankie Len. Dit maak ('n bietjie) sin. Ek gaan dit volgende keer probeer. Dit sal waarskynlik eers 12 - 18 Desember by Hartenbos wees. En as ek nie regkom nie, bel ek vir Freda wat dan hopelik nog nie onder Dusty se karavaan lê nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 22/08/2018 - 14:16

Nog iets wat ek met 'n sykant doen wat deur die wind gepeper word sodat die wind onderdeur die plastieksoom blaas :-

Aan die binnekant lê ek 'n teleskopiese tentpaal bo-op die ingevoude plastiek-soom.  Dan kap ek hierdie tenpaal op die punte vas met 'n ?-pen.  Dit keer dat die soom oplig en die wind onderdeur waai.

By Hartenbos getoets en dit werk !

0
Waar my wa staan

Arie

Wed, 22/08/2018 - 14:50

Ai die Antrie van ons darem, as sy nie in skammele nagkabaai aan tent pale swing nie le sy onder die wa????!!!! Maar besig bly sy besig.

Len ek hou nogal van jou vasmaak, baie maklik maar ek het nog nooit daaraan gedink nie, ek maak myne nooit vas nie?

Terloops Len, praat mens nie liewer van die penne "Inslaan" teenoor "Inkap" nie?

In Nederlands kap ons met 'n byl, of 'n pik maar, jy saan met 'n hamer, slaan is dus gewoonlik 'n baie meer akurate aksie waar kap meer rof [by gebrek van 'n beter woord] is.

Moet erken ek sien nogal baie mense wat penne inkap, hulle slaan so wild en wakker, soms hul hande raak maar baie keer mis hulle die pen en hul hande?

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 22/08/2018 - 15:09

He-he, ek sal julle nou vertel hoekom ek so stuitige grappie maak.  Soms, afhangend hoe die tent staan, dan hou ek vas daar om Colin te help (want daar mag tog nie 'n oop gaatjie wees nie, want "daar kom 'n trek in!")   Eendag toe ek weer help vashou, toe sê hy vir my hy dink ek moet dit maar die hele vakansie so vashou.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 22/08/2018 - 15:12

Ja Arie, g'n wonder my hande is flenters na 'n opslaan nie  -  let wel, 'n karavaan-tent-opslaan !  Volgende keer gaan ek probeer om die penne eerder in te slaan.

0

That plasic thingie at the bottom is called a mud flap.

In the old days < when I was damn good looking, blikkies-kos arm and camping was really camping,  <nou is ek net blikkies kos arm, and camping is glamping> ............................

We used to dig a trench all the way round, put the mud-flap into the ground then back-fill with a hump of sand all along the bottom on the outside....

That kept the water out.

These Glamping days the mud-flap lies on the ground and the groundsheet goes on-top of the mudflaps...

I'm too poor to afford a groundsheet, and too lazy to dig a trench, so I just let the water run through and go on off to do it's own thing....

How to peg the skirt <that bit that goes along the bottom of the van> down......

Pegs go in first then you reig jou sy-kante  en haak rubber ringe from under the mud flap  working from one side to the other.

With the triangular bit in the corner's ...

I found that by looping a second rubber ring through the one sewed to the tent to extend the pegging point further away, it was easy to peg the peg where it pulled the corner... <hy's nie so diep onner die van>

OR.............

You can take Tannie F along with you......devil

 

 

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 23/08/2018 - 06:52

Ja, Hennie, Colin kan nie meer sonder my hulp tent opslaan nie.   Dis waar wat hulle sê, agter elke man staan daar 'n vrou.    

Nee, maar dis mooi as almal my nou wil saamvat om vas te hou.  Op die manier gaan ek darem baie karavaanparke sien.   Die een wat eerste KNP toe gaan, mag my maar boek!  Solank daar net nie 'n slang inseil onder die karavaan nie.laugh

Lekker Meraai! yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus