Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dit sal net n goeie ding Zuma in die hof Segekok -8 years ago
Ek vermoed dat hy net die… Zuma in die hof Dusty -8 years ago
Ek het so 'n paar uitlatings… Zuma in die hof Voortrekker -8 years ago
Gaan belagsting Zuma in die hof Sleep nou -8 years ago
Zumpies het gedreig, los my… Zuma in die hof Johann L -8 years ago
Die wiel het gedraai vir… Zuma in die hof Noel -8 years ago

Welkom Jan Toermoer

Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius
Submitted by Frans Pretorius on
Forums

Baie welkom ook aan Jan Toermoer!!!. Jinne, jy klink half gesout in kampeerdery bedrywighede!!!, kom, val in en PRAAT!!!

Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Thu, 08/06/2017 - 19:22

Jan, ek het gedink dit klink half bekend, en volgens onthou was jy ook op weggesleepte forum!!!!, en op WilSur se Omgeegroep, ek het gou gaan loer!!

Weereens BAIE welkom, en deel gerus julle ryke ervaring met die mense hier, waarvan redelik baie NIE op wegsleep forum betrokke was nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 09/06/2017 - 11:35

Hallo Jan, welkom hier !

Ek het jou laas 'n klompie jare gelede by 'n WegSleep saamtrek by Ou Skip in Melkbos gesien toe die ouens jou 'n streep getrek het en 'n swartman omgepraat het om kamptig op jou staanplek vir hom tuis te maak !  Ek onthou ook jy bly in Van Soelenlaan in Rietondale, Pretoria en jy ry 'n Land Rover met 'n hele werkswinkel  -  nie seker of dit vir die Landy se breke was nie en of dit vir 4x4 vasvalle was nie !

Hoe's dit vir 'n geheue ?

0
Pretoria - Oos
Profile picture for user Andre Smit

Andre Smit

Fri, 09/06/2017 - 12:19

Môre Len,

Ek moet jou ongelukkig reghelp dié keer.

Jou geheue is GEDEELTELIK reg.

Waar dit jou egter in die steek laat is dat die werkswinkel VIR daai Landrover gebruik word en tweedens dat 'n Landrover VASVAL.

'n Landy gaan staan soms maar dis net tot die drywer homself agtermekaarkry, die regte rat kies, nog 'n paar voorbereidinkies tref en dan RY hy weer.

Honde sit vas -- Landrovers gaan staan.

Die res van Jan se pedigree en geskiedenis herroep jy egter heel korrek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 09/06/2017 - 13:30

Hallo André

Dankie, maar ek moet jou ongelukkig ook reghelp.  Jy sê "Goeie môre", maar in die siwie-wêreld is 12:19 al "Goeie middag " !

Ek is verstom oor jou wye kennis vam Landies  -  ek het nie geweet die Weermag ry ook Landies nie, julle bou mos julle eie rygoed of hoe dan ?

En dan het julle ook veearts-ervaring gegewe jou kommentaar oor honde !

Maar moenie worrie nie André, ek like jou nog steeds !

0

Gegroet  Johann,

Begin maar inset met 'n meer algemene groet want Len is nogal puntenerig op die kleiner detail.

Johann, jy moet maar asb vir my en Len verskoon. Ons het heelwat eenderse raakvlakke en Jan (Toermoer) verstaan hierdie intriges aangesien hy beide van onstwee ken en al persoonlik ontmoet het.

Mens probeer maar met 'n goedige geskerts 'n draad aan die gang hou en nie te erg formeel te laat klink nie.

Ons gaan nog met tyd een of ander iets ontdek waarmee ons aan jou haakskene ook kan knaag. Byt maar terug as jy wil, ons sal maar ons geskerts aanpas nav jou reaksies en alles word in 'n ligte trant uitgedink.

Groete

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sun, 11/06/2017 - 07:42

Welkom oom Jan.

Ek is nie so goed met ordentlike afrikaanse woorde nie.

Ek weet dat n knormoer n starter is.

Maar toermoer?... is dit die afikaanse word vir Landrover?...of ford dalk... smileydevil

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 11/06/2017 - 10:19

Geen probleem nie Andre, dit is presies hoe ek die situasie gelees het, daarom die, terug skerts.

Dit is juis die geskerts wat gesêls aan wakker, gelukkig is ek self lief daarvoor om humor in te bou.

Jammer dat ek nou so bietjie die draad gaan kaap of dalk transvaal, ek glo almal van ons ken vir Vinnige Fanie, een van ons beste bowlers paar jaar terug.

Sy broer en die se vrou is albei doof, eendag spot ek en hy so oor onse gehoor probleem, (ek het darem 30% gehoor). Beduie hy vir my, as hy en sy vrou kwaad is vir mekaar, maak hy net sy oë toe as sy in vingertaal te hard op hom "skree"laugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 11/06/2017 - 10:25

Nou kom ek gee gou vir jou so vinnige les in Afrikaans, seer sekerlik die mooiste taal met die oulikste uitdrukkings van alle tale.

Jan Toermoer, se Landy  se knormoer het gegroet, toe gooi hy 'n vloermoer. (tantrum)

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 11/06/2017 - 15:36

My maggies ek het vergeet OJ kan ook met 'n rekenaar werk of is dit nou 'n Grandpa of Penado ?

Welkom Jan !!!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 11/06/2017 - 15:41

Gesie, jy toets my alweer met jou stories oor Landie en FORD, jy weet goed dit is twee goed wat my baie na aan die hart le!!

Enige mens wat net 'n greintjie meganiese kennis het WEET dat daar net twee voertuie op die mark is, FORD en 'n ou Land Rover. Die nuwe goed met die BMW enjins in en nou met die Indiese base is net nie meer die ou Britse Landie nie.

Ek sou skat die nuwe Indiese Landy sal seker so in die selfde klas as Toy val en net so bietjie bo Nissan?

Ek weet van Toermoer maar nog nooit ontmoet nie, maar ek sou reken dat 'n man wat 'n Landy ry redelik goed ingelig is, dus ry hy maar 'n werkswinkel saam om al die Toy's en Nissans wat langs die staan regte maak

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 11/06/2017 - 21:14

Arie sê ".......wat my baie na aan die hart lê........"

Dat iemand nou wraggies só harteloos  kan wees !  Arie, ek aanvaar jou hart sit nie meer links bo nie en is oppad in die middel onder uit ! 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus