Na aanleiding van begin nuwe drade, het ek dit goed gedink, aangesien ons op hierdie forum tans nog nie toegerus is met plakkers vir die karavaan ens. nie, het ek gedink vir identifisering doeleindes vir heelmoontlik 'n verby ry of kamp, kom ons plaas fotos van ons kombinasies, voertuie, karavane ens sodat lede van hierdie forum dit kan memoriseer en sodoende kan ons heelmoontlik mekaar langs die pad met verbygaan groet asook heelmoontlik as ons by dieselfde oord kamp dieselfde datums.
Hoop ek kom reg met die fotos plaas, maar gaan probeer myne plaas
Gatvol ?
Ek dog die karavaan-gemeenskap is al gatvol vir my vier jaar oue Pathfinder en twaalf jaar oue Exclusive kombinasie. Maar ter wille van dié wat nog nie gatvol is nie, hier is myne. Die eerste een geneem by Touwsrivier en die tweede een by Krokodilbrug in die Kruger Wildtuin :-


Ek het nog nie n foto van my…
Ek het nog nie n foto van my Ford met die wa geneem nie. Net een van die Ix35 met die wa. My vorige voertuig






Prent
Johann, tablet - Android, wys ook op my tablet, maar nie op rekenaar. Dis maar die "Operating systems" wat nie altyd saam gesels nie. Die forum se smileys sal altyd werk op alle sisteme.
Ek probeer egter my eie smiley's te gebruik sover as wat ek kan, het omtrent 80 verwerk, om bietjie my eie stempel af te druk, is mos maar geneig om effe skuins van die regering te wees!!!
Vanaand, egter, stry ek met NIEMAND!!!!