Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -40 minutes ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -9 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -19 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -20 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -21 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -21 hours ago

ATKV Klein Kariba 2018

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

My swaer bel my net nou, hy het vir ons plek by Klein Kariba bespreek vir 14 tot 16 September, toe gaan verander ek my plek vir 13 toe tot 17 September, ai, die pension ding darem. Verlof word onmiddelik goed gekeur, geen gestribbel en gekibbel nie.

Vaalpark

Johann L

Fri, 21/09/2018 - 16:45

Hoener
My vrou is mos nie lief vir vleis nie.😀 
Spit
Toe moes ek maar vir haar 'n hoenerkie oo die spit gooi.
Braai
Maar vir my swaer en myself was daar darem kos.

 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 21/09/2018 - 18:52

Warm swembad
Die warm water swembad.
Eet kamp
Groot waarheid
Verlaat tyd
Lekker tyd om op te pak 
Vertrek tyd
En so kom 'n baie lekker kamp ten einde

Nou ja - Hartenbos lê en roep, sal maar solank my beterweter begin verduidelik hoe werk die pensioen ding 

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 22/09/2018 - 05:29

Dankie johann nou lekke saam gekamp ek stem hou ook van daai 13H00 dan kan jy maar gaan 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 22/09/2018 - 10:49

Johann, dankie vir die deel. Dit laat ou vêr terugdink, aan WARMBAD van ouds (voor 1990).

Ons het Desembermaande daar gestaan van eerste skoolvakansiedag to 2 Januarie, Julie skoolvakansies so 14 dae, paar Paasnaweke plus ekstra dae, die kinders (en hulle maatjies wat saamgegaan het) het heerlike tye beleef. 

Klein Kariba was ons so paar keer, meer by Rob Fereirra (Chrisrtiana) omdat dit nader was, en later Kroonpark, so vir ontrent 2/3 jaar minstens 1 naweek per maand. Het toe ook motorwoonwa gehad, en ek dan sommer Vrydagoggend VROEG gery, en kamp opgeslaan, en Linda met kinders in kar in die namiddag aangekom.

Dit is hoekom ek nie nou huil omdat ons nie meer kan kamp nie, het BAIE gekamp in die goeie tye.

Jy moet laat weet wanneer jy erg begin jeuk vir Hartenbos, dalk loop ons dan ook weg Glenatana toe as daar plek beskikbaar is!!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 22/09/2018 - 13:30

Jou foto's laat my terugverlang Klein Kariba toe. Ons was nog nie baie daar nie, maar die enkele kere wat ons daar was, was dit sonder uitsondering baie lekker. Ek kan egter onthou dat dit die eerste plek was wat my laat besluit het om 'n kettie vir die karavaan aan te skaf. Toe ek in Warmbad by 'n buitelewe-winkel 'n kettie gaan soek, het die vrou wat my gehelp het dadelik gevra of ons dalk by Klein Kariba kamp. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus